Tuesday, 20 May 2014
Verhuising
Eers wil ek verskoning vra dat hier niks nuuts is nie. Die lewe het ons bietjie rond geskommel en ons is nog nie op ons voete nie.
Ons was baie gelukkig om vir die laaste bietjie meer as drie jaar in 'n pragtige huis te woon. Ongelukkig het die lewe so gedraai dat die eienaar sy stryd teen kanker verloor het. Met die gevolg het sy bejaarde vrou nie kans gesien om nog enige huis te hou nie, dus word die huis verkoop. Met 'n swaar hart moes ons ander heenkome begin soek.
Ons het 'n plek vir ons voet gevind in Winkelspruit (Amanzimtoti). Die noodlot het dit so gelaat dat die huisie meer as die helte kleiner is as waar ons nog huidiglik woon. Met dit beteken dat ons glad nie meer 'n skoolkamer gaan hê, geen studeerkamer/studio vir my en en en... Die kinders gaan nou 'n kamer moet deel en ek is nogsteeds nie seker waar die kinders gaan 'werk' nie aangesien daar ook nie 'n eetkamer is nie.
In die proses is ons besig om kaste te bou aangesien daar niks is, heinings reg te maak - die vorige huurders daar eenvoudig net nie omgegee het. Ek kan mos nie dat my honde die straat invaar nie.
Ons is hard besig om te pak en trek die einde Mei na ons nuwe huur woning.
Alhoewel ons hartseer voel om van 'ons' pragtige woning afskeid te moet neem, bly ons altyd dankbaar dat ons 'n heenkome het, dat ons mekaar het, liefde het en natuurlik die belangrikste God het.
Ek sal dus eers weer later in Junie maand begin plasings maak.
Groete
Maryna
Tuesday, 8 April 2014
SOTW - Hoofstuk Drie - Ontstaan van Skrif
Die oorsprong van alle kommunikasie is ongelooflik fasineerend.
Lees hier meer oor Wigskrif
Nog 'n oulike blad oor hoe skrif ontstaan het.
Hier (soos die prentjie hierbo) is 'n oulike kort les om vir jou te verduidelik hoe om jou naam in 'coutouche' te skryf, hoe die klanke werk en om dit 'n kuns projek te maak.
Hier is nog 'n oulike blad oor die skrif en 'n aanlyn tikmasjien om jou naam te tik en uit te druk. Kyk ondertoe op die skakel vir die 'tikmasjien' Hier is my naam op die 'tikmasjien' gedoen.
Die groot probleem wat ek wel ondervind het in my soektog en vergelykings met die skrif het ek 'n paar alfabette ontdek wat van die letters nie ooreenstem nie. Dus kan ek nie met versekering uitwys watter een is korrek en watter een nie. Ek vind dit besonders frustreerend.
Ons moet maar gebruik wat ons kon vind en het die tikmasjien soos bo genoem gebruik vir die kinders om hulle name in Hierogliewe te skryf. Hulle het olie pastelle gebruik op suiker papier.
'n Fantastiese dokumentere film oor die geheim en ontdekking van die Rosetta Stone en Hierogliewe. Hoe hulle dit ontleed het en nog meer. Hierdie dokumenter is in 'n bindende storie formaat. Die videos is lank maar dit is werklik die moeite werd om te kyk. My kinders was gebind en wou net nog kyk.
Die eerste video wys die ontdekking van die Rosetta Stone. Ek stel voor dat jy die videos in die volgorde kyk maar kan apart ook gesien word. Die stories handel oor dieselfde kern persone wat die ontdekkings en ontledings gedoen het.
Die tweede video wys hoe hulle die Hierogliewe ontleed kon kry in 'n alfabet.
Ons kon die bogenoemde DVD by ons plaaslike Biblioteek kry. Ek het dit egter daarna op Youtube ook opgespoor. Kyk dit beslis.
Lekker leer.
Groete
Maryna
Lees hier meer oor Wigskrif
Nog 'n oulike blad oor hoe skrif ontstaan het.
Hier (soos die prentjie hierbo) is 'n oulike kort les om vir jou te verduidelik hoe om jou naam in 'coutouche' te skryf, hoe die klanke werk en om dit 'n kuns projek te maak.
Hier is nog 'n oulike blad oor die skrif en 'n aanlyn tikmasjien om jou naam te tik en uit te druk. Kyk ondertoe op die skakel vir die 'tikmasjien' Hier is my naam op die 'tikmasjien' gedoen.
Die groot probleem wat ek wel ondervind het in my soektog en vergelykings met die skrif het ek 'n paar alfabette ontdek wat van die letters nie ooreenstem nie. Dus kan ek nie met versekering uitwys watter een is korrek en watter een nie. Ek vind dit besonders frustreerend.
Ons moet maar gebruik wat ons kon vind en het die tikmasjien soos bo genoem gebruik vir die kinders om hulle name in Hierogliewe te skryf. Hulle het olie pastelle gebruik op suiker papier.
![]() |
| Matthew se naam |
![]() |
| Makayla se naam |
Die eerste video wys die ontdekking van die Rosetta Stone. Ek stel voor dat jy die videos in die volgorde kyk maar kan apart ook gesien word. Die stories handel oor dieselfde kern persone wat die ontdekkings en ontledings gedoen het.
Die tweede video wys hoe hulle die Hierogliewe ontleed kon kry in 'n alfabet.
Ons kon die bogenoemde DVD by ons plaaslike Biblioteek kry. Ek het dit egter daarna op Youtube ook opgespoor. Kyk dit beslis.
Lekker leer.
Groete
Maryna
Tuisonderwys Beplanner
Ek het 'n basiese beplanner saamgestel vir die wat daarvan hou om hul dae en weke te beplan.
Dit bestaan uit die volgende:
2014 Kalender (vakansie dae het sirkels om)
Kurrikulum Beplanning - Hierdie kan jy gebruik om jou koste beraming te doen wat jy vir daai betrokke jaar gaan aankoop en deur wie.
Kurrikulum Besonderhede - Hierdie is 'n meer indiepte kyk na wat jou kurrikulum of boek behels en wat jy ekstra benodig om dit te kan volg.
Lees Register - Wat die kind alles gelees het word daarop geskryf.
Weeklikse Les Beplanning - 'n Kort opsomming van die basiese oorsig hoe jou week gaan lyk.
Daaglikse Les Plan - Hierop kan jy in meer besonderhede jou daaglikse plan skryf vir die vakke.
Eenheid studie beplanning - Net 'n basiese blad wat vir jou 'n vinnige opsomming kan gee van wat jy beplan en wat jy benodig.
Hier onder kan jy 'n voorbeeld van 'n paar bladsye van die beplanner sien.
Laai die beplanner HIER af.
Ek het gou 'n paar voorbeelde gemaak om vir julle te wys hoe dit ingevul kan word. Druk soveel van een bladsy uit soos jy benodig.
Die Kurrikulum Beplanning bladsy gebruik jy om jou lys uiteen te sit van al die boeke en toerusting wat jy benodig en waar jy dit aankoop. Hierdie lys help jou om rekord te hou van alle uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van Tuisonderwys.
Die bladsy Kurrikulum Besonderhede is daar om vir jou 'n meer indiepte kyk te gee wat in jou kurrikulum of boeke is. Dit moet per vak ingevul word. Jy kan ook daarop aanbring watter ekstra goedere jy benodig om jou program suksesvol te gebruik.
Die Weeklikse Les Beplannings bladsy is 'n basiese kort opgesomde blad van jou week. Skryf net die kern bladsye en les nommer ens neer.
Die Daaglikse Les Plan bladsy kan jy meer besonderhede per vak gee wat presies jul op daardie dag gaan doen.
Die Eenheid Studie Beplannings blad gee vir jou 'n basiese raamwerk om 'n eenheidstudie te beplan. Wat jou doel daarmee is en die boeke of bronne wat jy wil gebruik.
Ek stel voor dat beplanning nie gedoen word vir 'n spesifieke datum nie, dit los ruimte indien iets sou voorval en jul nie daai betrokke dag nie kan werk. Indien jul net 'n los daaglikse plan wil maak, los dan die week plan. Doen slegs per dag en skryf ook nie week nommer op nie. Indien iets sou voorval skuif jy net die dag plan een dag aan :)
Ek hoop dat hierdie bladsye julle sal help en dat julle dit nuttig sal vind. Laat weet my gerus wat julle hiervan dink.
Groete
Maryna
Dit bestaan uit die volgende:
2014 Kalender (vakansie dae het sirkels om)
Kurrikulum Beplanning - Hierdie kan jy gebruik om jou koste beraming te doen wat jy vir daai betrokke jaar gaan aankoop en deur wie.
Kurrikulum Besonderhede - Hierdie is 'n meer indiepte kyk na wat jou kurrikulum of boek behels en wat jy ekstra benodig om dit te kan volg.
Lees Register - Wat die kind alles gelees het word daarop geskryf.
Weeklikse Les Beplanning - 'n Kort opsomming van die basiese oorsig hoe jou week gaan lyk.
Daaglikse Les Plan - Hierop kan jy in meer besonderhede jou daaglikse plan skryf vir die vakke.
Eenheid studie beplanning - Net 'n basiese blad wat vir jou 'n vinnige opsomming kan gee van wat jy beplan en wat jy benodig.
Hier onder kan jy 'n voorbeeld van 'n paar bladsye van die beplanner sien.
![]() | ||
| Voorbeeld van die beplanner se bladsye |
Ek het gou 'n paar voorbeelde gemaak om vir julle te wys hoe dit ingevul kan word. Druk soveel van een bladsy uit soos jy benodig.
Die Kurrikulum Beplanning bladsy gebruik jy om jou lys uiteen te sit van al die boeke en toerusting wat jy benodig en waar jy dit aankoop. Hierdie lys help jou om rekord te hou van alle uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van Tuisonderwys.
![]() |
| Kurrikulum Koste beraming en vir rekord doeleindes |
![]() |
| Kurrikulum Besonderhede meer in detail |
![]() |
| Weeklikse oorsig van jou beplanning |
![]() | ||
| Daaglikse les planne volledig uiteengesit |
![]() | |||
| Eenheid studie beplanning |
Ek hoop dat hierdie bladsye julle sal help en dat julle dit nuttig sal vind. Laat weet my gerus wat julle hiervan dink.
Groete
Maryna
Monday, 24 March 2014
Waar is ons?
Ek het lank laas 'n plasing gemaak. Wou maar net laat weet dat ons nog hier is.
Ons familie is deur 'n traumatiese tyd en dinge begin nou weer na normaal terug keer.
Skole sluit Vrydag, maar ons neem reeds die week af, dalk ook volgende week. Ek sal die tyd gebruik om alles in orde te kry en die nodige beplanning te doen vir die komende weke.
Ek sal binnekort weer plasings maak. Julle kan uitsien na die laaste SOTW aktiwiteite wat ons gedoen het.

Friday, 7 March 2014
Leer Bybel verse op 'n maklike manier
In ons huis word God betrek by elke deel van ons lewe. Dit is vir ons ongelooflik belangrik dat ons kinders moet weet wat van hulle verwag word en hoe om 'n Goddelike karakter te bou en dit toe te pas.
Om 'n verhouding met God te bou moet jy ook die Woord ken.
Ons gebruik tans 'n oulike reeks boeke Learning the Word for Life. Hierdie boeke kan as e-boeke aangekoop word van Bible Draw wat ook beter bekend staan as Picture Bible. Of jy kan die gedrukte boeke koop deur Oikos Ministries in Suid Afrika.
Die doel agter die boek is om vir 'n kind teksverse uit die Bybel te leer deur dit aan 'n prentjie te verbind. Jy kan vir jou kind eers die hele teks lees. Dan net die eerste gedeelte wat hulle kan koppel aan die eerste deel van die prentjie - soos dit uiteengesit word in die boek (sien foto hieronder). Elke dag doen hul net een deel en ook sy ooreenstemmende deel van die vers. Aan die einde van 'n week behoort die kind elke dag 'n stukkie by te geleer het en kan die hele vers aan jou oordra. Daar word dus een kerngedagte per week geleer wat uit meer as een opvolgende verse bestaan.
Die reeks bestaan uit drie boeke. Die opvolg hiervan is die Picture Bible wat in twee boeke beskikbaar is: Die Nuwe Testament en Die Ou Testament.
In die foto hieronder kan jy sien hoe elke deel opgebreek word. Aan die linkerkant wys die dele van die prent en ook die teks gedeelte onder dit. Aan die regterkant sien jy hoe die student se bladsy lyk. Ek het in potlood die Afrikaanse teksverse geskryf aangesien ons dit natuurlik in Afrikaans doen. Ons gebruik die 1933/53 vertaling van die Bybel.
Die foto hieronder is uit die studente boek. Aan die linkerkant is daar 'n plek wat jy 'n 'gesprek' met God kan neerpen. Ons gebruik dit egter om die verse in Afrikaans te skryf.
Hier is voorbeelde van hoe die kinders dit gedoen het. Ek moet ook bynoem dat ek ook 'n boek het en dit saam met hulle doen.
Die kinders geniet dit geweldig om die teksverse te leer en die prentjie te doen. Ja ma ook! Dit is belangrik dat ons nie net altyd vir ons kinders goed gee om te doen en verwag hulle moet net self voortgaan nie. Ons moet self toepas wat ons vir hulle leer en dit saam met hulle geniet.
Maak God deel van julle dag.
Groete
Maryna
Om 'n verhouding met God te bou moet jy ook die Woord ken.
Ons gebruik tans 'n oulike reeks boeke Learning the Word for Life. Hierdie boeke kan as e-boeke aangekoop word van Bible Draw wat ook beter bekend staan as Picture Bible. Of jy kan die gedrukte boeke koop deur Oikos Ministries in Suid Afrika.
Die doel agter die boek is om vir 'n kind teksverse uit die Bybel te leer deur dit aan 'n prentjie te verbind. Jy kan vir jou kind eers die hele teks lees. Dan net die eerste gedeelte wat hulle kan koppel aan die eerste deel van die prentjie - soos dit uiteengesit word in die boek (sien foto hieronder). Elke dag doen hul net een deel en ook sy ooreenstemmende deel van die vers. Aan die einde van 'n week behoort die kind elke dag 'n stukkie by te geleer het en kan die hele vers aan jou oordra. Daar word dus een kerngedagte per week geleer wat uit meer as een opvolgende verse bestaan.
Die reeks bestaan uit drie boeke. Die opvolg hiervan is die Picture Bible wat in twee boeke beskikbaar is: Die Nuwe Testament en Die Ou Testament.
In die foto hieronder kan jy sien hoe elke deel opgebreek word. Aan die linkerkant wys die dele van die prent en ook die teks gedeelte onder dit. Aan die regterkant sien jy hoe die student se bladsy lyk. Ek het in potlood die Afrikaanse teksverse geskryf aangesien ons dit natuurlik in Afrikaans doen. Ons gebruik die 1933/53 vertaling van die Bybel.
![]() |
| Voorbeeld uit die ouergids |
Die foto hieronder is uit die studente boek. Aan die linkerkant is daar 'n plek wat jy 'n 'gesprek' met God kan neerpen. Ons gebruik dit egter om die verse in Afrikaans te skryf.
![]() |
| Voorbeeld uit die studente boek |
Hier is voorbeelde van hoe die kinders dit gedoen het. Ek moet ook bynoem dat ek ook 'n boek het en dit saam met hulle doen.
![]() |
| Voorbeelde uit Makayla se boek |
![]() | ||||
| Voorbeelde uit Matthew se boek |
Maak God deel van julle dag.
Groete
Maryna
Monday, 3 March 2014
Sport Aktiwiteite
Die kinders het verlede jaar begin met Figuurskaats, wat hul nogsteeds doen.
Hierdie komende naweek het hulle hul eerste amptelike graderings toetse.
Met hul groot liefde om vinnig op die ys te beweeg het hulle nou ook begin met Yshokkie. Matthew het amptelik besluit om deel te word van die DurbaKnights Ice Hockey Club. Makayla kan nog hierdie week 'n les neem en dan besluit of sy ook die hokkie meer ernstig gaan aandurf.
DurbaKnights is Durban se amptelike Yshokkie Klub. Vir tyd en wyl maak hul gebruik van Galleria in Amanzimtoti se ysskaatsbaan. Die Durban ysskaatsbaan is tans besig met 'n groot transformasie. Dit gaan 'n massiewe olimpiese grootte baan wees as dit klaar wees en ons sien baie uit daarna. (Dit is natuurlik ook baie nader vir ons om te ry)
Huidiglik maak die kinders van die Klub se toerusting gebruik. Indien hul meer gevorderd is sal ons vir hul hul eie toerusting aankoop. Yshokkie is nie vir bangbroeke nie. Dit is 'n baie vinnige kontaksport. Dit is 'n wonderlike spansport en is fantastiese vir kinders se selfvertroue en om uit hulle doppe uit te klim.
Ek sal in die toekoms nog plasings maak oor hul sport.

Wednesday, 12 February 2014
Kinder Kreatiwiteit
My kinders geniet dit baie om goed te maak. Makayla sal stil verdwyn en besig wees om iets te skep. Matthew sal gewoonlik eerder teken.
Hier is 'n paar goedjies wat hulle onlangs gemaak het.
Makayla het hierdie stadtoneel gemaak uit 'n ou boks wat sy opgeknip het. Een deel is bo die ander geplak en geverf om dit 'n 3D aansig te gee.
Op die Tv program Art Attack het Makayla gesien hoe hulle 'n boks speletjie maak. Sy het muurtjies gemaak met koerant. Die koerant het sy opgeskeer en oornag in water laat lê. Die volgende oggend het ek die water vir haar uitgedruk en sy het die koerant verder in stukkies gemaak. Sy het die koerant met gom gemeng en die muurtjies gevorm. Dit vir 'n paar dae laat staan om droog te word en toe geverf. Die blou balletjie aan die regterkant in die middel beweeg tussen die muurtjies om by die gaatjie regs onder in die hoek uit te gaan.
Is dit 'n gaar eier op die stoel? Matthew het die nagemaakte eier gemaak met gom en verf. Hy het wit gom met verf gemeng en dit op 'n stuk plastiek gesit en dit 'n vorm gegee. Nadat dit heeltemal droog geword het, het hy die eiergeel op geverf. Die het hy ook op Art Attack gesien.
Makayla het 'n boek by die biblioteek uitgeneem Die Sonskyndag Boek. Dit het allerhande kuns goedjies wat jy kan maak in. Hierdie was een van die items - 'n Sonvanger. Ons het nie al die benodighede gehad soos dit in die boek wys nie, maar sy het sommer haar eie weergawe daarvan gemaak.
Die boonste blink 'tou' het sy gemaak deur 'n stuk kombuisfoelie op te rol en te draai. Die blom het sy uit 'n papierbord gesny. Sy het kombuisfoelie in stukkies geskeur en opgerol om dit tekstuur te gee. Sy het die balletjies weer oopgerol en oor die papierbord getrek. Die binneste deel van die blom het sy ook foelie gebruik deur dit te rol en met kleefband vas geplak. Sy het die blomdele geverf en versierings opgeplak. Die toutjie onder het sy met kraletjies gemaak.
Kinders hoef nooit niks te hê om te doen nie. Kry hul besig en laat hul kreatief raak.
Groete
Maryna
Hier is 'n paar goedjies wat hulle onlangs gemaak het.
Makayla het hierdie stadtoneel gemaak uit 'n ou boks wat sy opgeknip het. Een deel is bo die ander geplak en geverf om dit 'n 3D aansig te gee.
![]() | ||||
| Makayla se stadtoneel |
Op die Tv program Art Attack het Makayla gesien hoe hulle 'n boks speletjie maak. Sy het muurtjies gemaak met koerant. Die koerant het sy opgeskeer en oornag in water laat lê. Die volgende oggend het ek die water vir haar uitgedruk en sy het die koerant verder in stukkies gemaak. Sy het die koerant met gom gemeng en die muurtjies gevorm. Dit vir 'n paar dae laat staan om droog te word en toe geverf. Die blou balletjie aan die regterkant in die middel beweeg tussen die muurtjies om by die gaatjie regs onder in die hoek uit te gaan.
![]() |
| Makayla se speletjie |
![]() |
| Matthew se nagemaakte kuns eier. |
![]() | |||
| 'n Nader kykie na die eier. |
Die boonste blink 'tou' het sy gemaak deur 'n stuk kombuisfoelie op te rol en te draai. Die blom het sy uit 'n papierbord gesny. Sy het kombuisfoelie in stukkies geskeur en opgerol om dit tekstuur te gee. Sy het die balletjies weer oopgerol en oor die papierbord getrek. Die binneste deel van die blom het sy ook foelie gebruik deur dit te rol en met kleefband vas geplak. Sy het die blomdele geverf en versierings opgeplak. Die toutjie onder het sy met kraletjies gemaak.
![]() |
| Makayla se Sonvanger |
![]() |
| 'n Naby kykie na die Sonvanger se blom. |
Groete
Maryna