Tuesday 8 April 2014

SOTW - Hoofstuk Drie - Ontstaan van Skrif

Die oorsprong van alle kommunikasie is ongelooflik fasineerend.

Lees hier meer oor Wigskrif

Nog 'n oulike blad oor hoe skrif ontstaan het.



Hier (soos die prentjie hierbo) is 'n oulike kort les om vir jou te verduidelik hoe om jou naam in 'coutouche' te skryf, hoe die klanke werk en om dit 'n kuns projek te maak.

Hier is nog 'n oulike blad oor die skrif en 'n aanlyn tikmasjien om jou naam te tik en uit te druk. Kyk ondertoe op die skakel vir die 'tikmasjien' Hier is my naam op die 'tikmasjien' gedoen.



Die groot probleem wat ek wel ondervind het in my soektog en vergelykings met die skrif het ek 'n paar alfabette ontdek wat van die letters nie ooreenstem nie. Dus kan ek nie met versekering uitwys watter een is korrek en watter een nie. Ek vind dit besonders frustreerend.

Ons moet maar gebruik wat ons kon vind en het die tikmasjien soos bo genoem gebruik vir die kinders om hulle name in Hierogliewe te skryf. Hulle het olie pastelle gebruik op suiker papier.

Matthew se naam

Makayla se naam

 'n Fantastiese dokumentere film oor die geheim en ontdekking van die Rosetta Stone en Hierogliewe. Hoe hulle dit ontleed het en nog meer. Hierdie dokumenter is in 'n bindende storie formaat. Die videos is lank maar dit is werklik die moeite werd om te kyk. My kinders was gebind en wou net nog kyk.

Die eerste video wys die ontdekking van die Rosetta Stone. Ek stel voor dat jy die videos in die volgorde kyk maar kan apart ook gesien word. Die stories handel oor dieselfde kern persone wat die ontdekkings en ontledings gedoen het.



Die tweede video wys hoe hulle die Hierogliewe ontleed kon kry in 'n alfabet.



Ons kon die bogenoemde DVD by ons plaaslike Biblioteek kry. Ek het dit egter daarna op Youtube ook opgespoor. Kyk dit beslis.

Lekker leer.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Dankie, sal hierdie op ons kyk lysie sit vir Egipte.

Maryna Moolman said...

Ek is bly dit kan julle help :)

Post a Comment