skip to main |
skip to sidebar
Ons is groot aanhangers van animasie films.
Ek het bordspeletjies op die internet gevind wat julle gratis kan aflaai.
Ek het dit op karton en in
kleur uitgedruk. Ek het dit ook oorgetrek met kleefplastiek (contact
film) sodat dit lank mooi bly.
Die instruksies van hoe om die speletjies te speel is ingesluit in die aflaai.
Die een is gebaseer op die film Turbo.
Laai die speletjie HIER af.
Hierdie speletjie is gebasseer op die film Rio2.
Laai die speltjie HIER af.
Die een is gebasseer op Monsters University.
Laai die speletjie HIER af.
Die is 'n skaakspel met Mickey Muis en sy vriende.
Laai die mannetjies en bord HIER af.
Die bordspel is gebasser op die animasie program Phineas and Ferb.
Laai die speletjie HIER af.
Indien enige skakels nie werk nie, stel my asseblief in kennis.
Lekker speel.
Groete
Maryna
Ons is baie groot aanhangers van animasie films.
Ek het op twee oulike drukbare bordspeletjies afgekom. Sien hieronder die skakels na waar dit afgelaai kan word.
Ek het dit uitgedruk in volkleur op karton en dit oorgetrek met Contact Film. (daai plak plastiek) Dit help dat die speletjies lank mooi bly.
Die instruksies van hoe om die speletjies te speel is ingesluit in die aflaai dokument.
Hier is die speletjie wat gebaseer is op die karakters in die animasie film Rise of the Guardians.
Laai die speletjie HIER af.
Hier is nog 'n prettige speletjie wat gebaseer is op die animasie film Turbo.
Laai die speletjie HIER af.
Lekker speel
Groete
Maryna
Hierdie oulike bordspel is saamgestel deur Meneer Vermeulen.
Op sy blad verduidelik hy hoe om die speletjie saam te stel, hoe dit
werk en al die nodige aflaai skakels. Die aflaaie sluit in die bordspel,
kaartjies en liedjies.
Ek het vir gemaklikheids doeleindes koevertjies om die kaartjies in te sit gemaak en ook 'n dobbelsteen wat uitgedruk kan word. Sien soos in die fotos.
Laai die koevertjie se patroon hier af. Die kaartjies pas presies in die koervertjie in. Lees die instruksies om jou opsie te kies voor jy dit uit druk.
Laai die patroon vir die dobbelsteen hier af. Lees eers die instruksies voor jy dit uit druk.
Op Papermau
is eenvoudige karretjies wat jy kan druk, vou en plak om te gebruik in
die speletjie. Sien die skakel net onder die karretjies op hul webblad
vir die aflaai.