Showing posts with label aflaai. Show all posts
Showing posts with label aflaai. Show all posts

Wednesday, 27 September 2017

Suid Afrika en Wêreld Kaart aflaai

Ek het jare terug die pragtige twee kaarte van Onnies Online van Huisgenoot gekry.

Jy kan die kaarte in hoë definisie formaat aflaai. Sien skakel onder elke foto. 

Die formaat kan op baie groot papier ook uitgedruk word sonder om kwaliteit te verloor. PostNet druk op groot velle. Jy kan dit ook laat lamineer sodat dit baie jare mooi bly en lank gebruik kan word.


Laai die Suid Afrika kaart HIER af.
 

Laai die Wêreld kaart HIER af.

Lekker leer.

Maryna

Sunday, 28 May 2017

Wat is die gogga in die water?

Het jy al opgemerk hoeveel goggas en larwes daar in water is. Ken jy egter die algemene name van al daai goggas?



Hierdie kaartjies is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop en met toestemming deur my vertaal.

Die teiken ouderdom vir die aktwititeit is vanaf 8 jaar en op. Jy kan die kaartjies gebruik as 'n geheue tipe speletjie, of jy kan snap met dit speel. Alternatief kan jy die kaartjies gebruik as verwysing wat deel uitmaak van jou studie.

Indien jy die kaartjies gaan gebruik om mee te speel, stel ek voor jy druk dit op karton en lamineer dit. Dit sal die kaartjies nog baie lank laat hou. 

Laai die kaartjies HIER af.

Lekker speel en leer.

Groete

Maryna


Monday, 1 May 2017

Chinese Papier Lantern

Maak 'n Chinese papier lantern. Die praktiese aktitwiteit kan gemaak word as deel van 'n studie van China.

Die aktitiwteit is oorspronklik deur Ellen McHenry van die Basement Workshop saamgestel en met toestemming deur my vertaal.

Teiken ouderdoms groep: Enige
 
Tyd benodig: Dit hang alles af van hoeveel tyd die kind spandeer om die draak in te kleur. Gee ongeveer ‘n uur om die hele projek te voltooi.

Wat jy benodig:
-Afskrifte van die patroon bladsye.
-Skêr
-Kryte of inkleur potlode
-Gom
-Skuifspelde
-Kleefband
-Dun wol  (voorgestelde kleure: rooi, geel, swart, wit)

Maak so:
1)Maak afskrifte van die patroon bladsye. Ek stel voor dat jul dit op karton druk, maar gewone papier sal ook werk. Kleur papier of karton sal goed werk, soos bv. geel of oranje vir die draak en rooi en geel vir die buitenste deel van die lantern. Die Chinese gebruik meestal rooi en swart wanneer hulle versierings maak.
2)Kleur die draak in.
3)Volg die aanwysings om die lantern aanmekaar te sit.

Laai die aktiwiteit HIER af.

Lekker skep en leer.

Groete

Maryna

Saturday, 29 April 2017

Papier Virus Model aktiwitiet

Leer 'n bietjie van mikrobiologie deur te leer van die T2 en adenovirusse.

Die aktiwiteit is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming is dit vertaal deur my.

  
Agtergrond informasie
’n Virus is reg op die lyn van lewende en nie-lewend. Alhoewel dit DNS bevat, die boustene van lewe, het ’n virus baie min in gemeen met ’n lewende sel. Dit het nie die organelle wat in lewende selle gevind word nie, soos bv. mitochondria, nukleus, endoplasmiese retikulum en ander buitenste membraan.  ’n Virus beskik nie oor geslagtelike voortplanting nie,  dit kan egter genetiese materiaal uitruil tussen selle. Dit moet homself heg aan ’n lewende sel om nog virusse te maak. ’n Sekere tipe virus kan homself slegs heg op ’n spesifieke sel. Soos bv. ’n virus wat jou longe aanval, val nie jou maag aan nie.
  Virusse het ’n baie geometriese voorkoms. Dit lyk meer soos geometriese figure as
lewende kreatiere. Die adenovirus soos hier gewys het 20 sye. Soms is daar lang skerp pennetjies wat by die hoeke uitsteek. Soek gerus op die internet rond vir nog voorbeelde.
  Die ander virus soos hier aangewys is die T2, dit heg homself slegs aan bakterieë. Jy sal nooit die een kan vang nie. Dit word ’n bakteriofaag genoem. Sy vorm is moontlik die mees interessantste van al die virusse. Soos wat lyk dit vir jou? Dalk ’n ruimtetuig? Die protein is op die boonste deel en die bene onder is wat aan bakterieë vasheg. Die bene trek die lyf af sodat dit aan die sel kan raak, en die virus DNS word in die sel in geblaas.

Doel van die aktiwiteit:
Leer 'n bietjie meer van die T2 en adenovirusse. Maak papier modelle van die twee virusse.

Ouderdomsgroep:
Ongeveer 10 tot 16 jaar.

Tyd benodig:
Ongeveer 15 tot 20 minute per model afhangende of jy dit gaan versier.

Wat jy benodig:
-Skêr
-Gom
-Patrone wat uitgedruk is in kleure van jou keuse
-‘Chenille stems’ (pypskoonmakers) in enige kleur (3 per virus)
-Skuifspelde of wasgoedpenne om die dele aanmekaar te hou terwyl dit droog word
-Enige iets ekstra wat jy wil gebruik om jou virusse mee te versier


Laai die patrone en instruksies HIER af.  

Lekker leer.

Groete

Maryna 

Monday, 16 January 2017

Hoendereier Ontwikkelings Wiel

Die aktiwiteit is oorspronklik saamgestel deur Ellen J McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal. 


Doel van die aktiwiteit:
Om te leer hoe 'n hoendereier ontwikkel en wat gebeur deur die 21 dae.

Ouderdoms groep: Graad R tot Graad 4

Beskrywing van die aktiwiteit:
Soos gesien in die foto hierbo is dit 'n ontwikkelings wiel met nog 'n wiel agter om die ontwikkelings stadium aan te dui (in die oranje venster) soos die kuiken groei per dag. Wat natuurlik gedraai kan word om elke stadium te sien.

Tyd benodig:
Ongeveer 30 minute met knip en inkleur, kan minder wees indien die kinders nie sou inkleur nie.

Wat jy benodig:
Afdruk van die patroon
'n Skêr
Kleur potlode
Wit karton

Laai die patroon aktiwiteit af.

Ouer kinders kan ook die aktiwiteit gebruik in Biologie deur dit binne 'n Wetenskap Joernaal te plak as deel van hul diere studies.

Lekker leer.

Groete

Maryna


 

Wednesday, 14 September 2016

Math U See Blokkies - aflaai

As jy een van die mense is wat Math U See Wiskunde program gebruik, sal jy weet van watter onskagbare waarde die blokkies is.

Ek het 'n stel 'blokkies' saamgestel wat afgelaai kan word.

Maak so:
Druk die bladsye uit van jou keuse - inkleur of volkleur (11 bladsye in die stel) - verkieslik op karton.
Die voorkante is die een kleur blokkie. Die agterkant is die met die kleiner donkerder blokkie binne in.
Na dit ingekleur is/indien jy die volkleur aflaai volg net die stappe verder, knip die stroke van mekaar en plak dit rug teen rug. Jou blokkie stroke gaan dus 'n voor en agterkant hê.
Lamineer dit om te verseker dit hou baie lank.
Dit kan maklik op 'n witbord gebruik word, sit net bietjie wondergom agterop.
*Die eenkleur kant voor is natuurlik plus (+) en die met die kleiner blokkie binne, die donkerder deeltjie is minus (-).

Daar is twee weergawes. Die eerste een kan jy self inkleur.

Die tweede keuse is volkleur.

Jy kan dit gratis aflaai en gebruik deur op die skakels bo te kliek self inkleur / volkleur.

Vertrou dit sal nuttig wees.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Sunday, 22 May 2016

Bybel Bingo speletjie

Lukas 6:39 - 8:15 Bybel Bingo 

Terwyl julle Lukas 6 - 8 vir die kinders voorlees, kan hul 'n prettige Bingo speletjie speel. Dit is ook 'n goeie manier om natuurlik hul begrip te toets en kyk of hul luister. Die speletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement workshop en ek het dit met toestemming vertaal.

Maak so:
 
Elke speler kry ’n afskrif van die onderstaande prentjies en ’n bladsy met die oop blokkies. Spelers knip die prentjies van mekaar. Indien moontlik lamineer die prentjies en die oop blokkiebord sodat dit herhaaldelik gebruik kan word. Spelers kan met wondergom die prentjies rond en bond op die skoon speelbord plak.
Elke speler moet ook merkers kry waarmee hul keuses kan merk: soos stukkies papier, smarties ens. Indien die blokkies gelamineer was, kan die prentjies afgemerk word met ’n witbord merkpen.

Lees Lukas 6:39 – 8:15 voor. Elke keer wanneer die speler iets hoor wat ooreenstem met die prentjie, word dit afgemerk. Kies ’n beloning van jou keuse vir die wenner.



Laai die speletjie HIER af.

Lekker speel.

Groete

Maryna 

Friday, 22 January 2016

Knip en plak - Noag se ark vir kleuters

Indien jul besig is om van Noag en die Ark te leer, is hier 'n eenvoudige knip en plak projek wat kleuters kan doen.



Dit is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Ek het dit kortliks vertaal met toestemming.

Laai dit HIER af.


Groete

Maryna

Saturday, 16 January 2016

Organiese Molekule Kaartspeletjie

Die Organiese Molekule Kaartspeletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal.




Doel van die speletjie
Om die konsep te versterk van hoe atome kombineer met koolstof om organiese molekules te maak, met spesiale aandag aan hoeveel verbindings elke tipe atoom kan maak (koolstof kan vier maak, waterstof net een, ens)

Ouderdoms groep
9 tot 14

Beskrywing van speletjie:
Individuele kaarte is gemerk met die afkortings vir die elemente C, H. O, Cl, N, Br. Elke kaart wys ook hoeveel bindings die atoom kan maak. Spelers sit hul kaarte uit met hul speelbeurt om 'n groot organiese molekule te vorm. So probeer hul om ontslae te raak van al die kaarte in hul hand.

Tyd benodig:
Sommige speletjies is vinnig verby, in net 5-10 minute. Maar die meeste speletjies neem langer, ongeveer 20 minute. Spelers moet aangemoedig word om die speletjie 'n paar keer te speel, die uitkoms van elke spel kan anders wees (soos die molekules gevorm).

Wat jy benodig:
Afskrifte van die patroon bladsye.

Laai die speletjie HIER af. 

Hierdie speletjie kan deel uitmaak as kinders besig is om Chemie en die Periodieke Tabel te leer.

Lekker speel.

Groete

Maryna

Saturday, 9 January 2016

Manlik en Vroulik blokraaisel

Ek het blokraaisels gemaak wat gebruik kan word om kinders se kennis te toets met manlike en vroulike geslagte.

Daar is twee blokraaisels en elkeen het 'n oplossing op 'n aparte bladsy.

Laai dit HIER af.

Laat weet my gerus wat julle daarvan dink. Lekker leer.

Groete

Maryna

Friday, 8 January 2016

Taalwerk - woordsoorte

Woordsoorte is nie altyd die maklikste ding om te onthou as dit by taalwerk kom nie. 

Ek het kaartjies saamgestel wat elke woordsoort in 'n neutedop opsom.
Kaartjie voor
Die kaartjies kan gebruik word om kinders se geheue te verfris. Dit kan ook een vir een aan die kind gegee word soos die betrokke woordsoort behandel word. 

Kaartjie agter
Druk dit uit en lamineer dit, dit sal vir jare hou. Hou dit in 'n klein plastiekhouer of druk 'n gaatjie aan die kant deur en steek 'n sleutelringetjie daardeur.

Daar is twee opsies wat jy kan aflaai en uitdruk.
Opsie een:
Die kaartjies is twee op 'n bladsy, dit is die voorkant bo en die agterkant reg onder die betrokke woordsoort. Soos in die foto hieronder. Laai dit HIER af.
Opsie twee:
Die kaartjies is vier op 'n bladsy met die voorkant per bladsy en die opvolgende bladsy is die agterkant. Soos in die foto hieronder. Jy druk dit een vir een uit (woordsoort opskrif met afkorting) en draai die bladsy om, vir die verduideliking (die onderstebo bladsy). BAIE BELANGRIK - druk die bladsye in Letter formaat uit en nie A4 nie. (Ek het eers later agtergekom die formaat was verkeerd en wou nie weer alles skuif en maak pas, in Letter pas die agterkant presies in die blokkies voor in.Laai dit HIER af.
Ek vertrou julle sal nut kan vind met die.

Vir nog taal aflaai bronne (verskeie ouderdomme) sien:
Idioresies speletjie - Idiome bordspel
Sinonieme
Antonieme
Meervoud soldate
Boekloer: Maak spelling maklik
Klank vaslegging met flitskaarte


Groete

Maryna

Thursday, 7 January 2016

Sinonieme

Om sinonieme vas te lê het ek 'n paar kaartjies gemaak wat gebruik kan word om snap mee te speel.


Verduidelik altyd eers wat nuwe woorde beteken voor julle met die woorde werk.
 
Laai die sinonieme snap kaarte hier af. Die pakkie bestaan uit 90 kaarte 

Druk dit so uit:
Druk die kaarte op karton uit. Lamineer die kaarte sodat dit nog baie lank netjies kan bly. 

Onder is 'n voorbeeld van een van die bladsye.
Voorbeeld van die sinoniem kaarte

Die kaarte kan natuurlik ook gebruik word as flitskaarte en spelling vaslegging waar nodig.


Nog idees hoe om die kaarte te gebruik:

Klop die klok (woordpas) speletjie:
Plak 'n paar van die woorde op 'n muur of witbord vas. Sit die ander op 'n tafel met al die woorde na onder (sit eers agterop elke woord 'n stukkie wondergom vas). Neem 'n stophorlosie en laat jou kind dan so vinnig as moontlik die regte sinonieme by sy regte maat sit. Julle kan elke ander dag die oefening doen. As die kind sy eie rekord gebreek het gee vir hom/haar 'n prys. Broers en susters kan dit saam doen, eerste een met meeste korrekte plasings wen.

Geheue speletjie:
Sit die woorde met die woord kante na onder. (rond en bond maar in netjies rye). Jou kind kan dan twee kaarte op 'n slag om draai. As die twee kaarte 'pas' bly die gesig kant na bo. Indien dit nie pas nie, moet dit weer omgedraai word met die 'gesigte' na onder. Hou so aan tot al die kaarte se woorde na bo wys. Om dit af te wissel kan dit ook met 'n stophorlosie gedoen word vir die kinders wat hou van kompetisies. Dit is baie goeie oefening om 'n goeie geheue op te bou.


Sien ook die skrywe en kaartjies vir teenoorgesteldes en antonieme.

Lekker speel.

Groete

Maryna 

Dae, maande, getalle, horlosie - vir die kleuters

Vir diegene wat nog jong kinders het, het ek 'n paar basiese hulpmiddels saam gestel wat jul kan aflaai en uitdruk.

Dae van die week
Maande van die jaar
Getalle 
Horlosie






Druk op karton uit en lamineer. Gebruik as flitskaarte of om iewers op 'n bord vas te steek. Die horlosie kan uitgesny word en die pyltjies (uur en minute) kan vasgesteek word om vir die kind te leer om die horlosie te lees.

Laai dit HIER af. 

Indien jy opsoek is na letterkaarte, kan jul dit hier aflaai.

Groete

Maryna

Tuesday, 5 January 2016

Bybelgenootskap geleerdheidsprojek

'n Oulike geleerdheidsprojek om te leer lees en skryf is deur die Bybelgenootskap saamgestel. Dit is op jonger kinders gemik en is werklik baie oulik.

Dit bestaan uit twee boekies.My eerste Bybel doen en leer boek het sewe eenhede en My 2de Bybel doen en leer boek het tien eenhede. Daar is ook 'n handleiding vir elke boek.

Die boekies kan gratis afgelaai word as volledige boekies of eenheid per eenheid. 

Hier is voorbeelde uit die boekies om te sien hoe dit lyk.



  

Jul kan die Bybel doen en leer boekies gratis van hul webwerf aflaai. Registreer op die blad en gaan na die duimdruk bo Geletterdheid. Laai dit af HIER.

Geniet dit!

Groete

Maryna 

Wednesday, 1 April 2015

Bordspeletjies - aflaai

Ons is groot aanhangers van animasie films.

Ek het bordspeletjies op die internet gevind wat julle gratis kan aflaai.

Ek het dit op karton en in kleur uitgedruk. Ek het dit ook oorgetrek met kleefplastiek (contact film) sodat dit lank mooi bly.

Die instruksies van hoe om die speletjies te speel is ingesluit in die aflaai. 

Die een is gebaseer op die film Turbo.

Laai die speletjie HIER af.



Hierdie speletjie is gebasseer op die film Rio2.

Laai die speltjie HIER af.

 
Die een is gebasseer op Monsters University.

Laai die speletjie HIER af. 




Die is 'n skaakspel met Mickey Muis en sy vriende.

Laai die mannetjies en bord HIER af. 


Die bordspel is gebasser op die animasie program Phineas and Ferb.

Laai die speletjie HIER af.


Indien enige skakels nie werk nie, stel my asseblief in kennis.


Lekker speel.

Groete

Maryna