Showing posts with label Menslike liggaam. Show all posts
Showing posts with label Menslike liggaam. Show all posts

Thursday, 9 April 2015

Vingerafdrukke

Ons het 'n paar jaar gelede die aktiwiteit in ons studie oor sintuie.

Hierdie is egter 'n onderwerp wat ons weer gaan behandel maar bietjie dieper in die onderwerp in delf.

Daar is geen mense wat dieselfde is in die hele wêreld nie, nie eens 'n identiese tweeling nie. Net soos ons DNA verskil, so verskil on vingerafdrukke ook. Dit is wat jou 'n identiteit gee. Polisie gebruik vingerafdrukke om te bepaal of iemand 'n verdagte is. 

Hier onder is 'n aktiwiteit om die kinders se vingerafdrukke te neem.

Wat om te doen:
1. Neem 'n gewone grys potlood en krap dit op 'n stuk papier.
2. Plaas jou kind se vinger op die gekrapte merke.
3. Gebruik dan bree kleefband of kontak plastiek en plaas dit op jou kind se gesmeerde vinger, druk op die kleefband en trek dit af.
4. Sit nou die kleefband op 'n papier en siedaar, vingerafdrukke.

Leers hier op Mieliestronk meer van vingerafdrukke.
 
Nog 'n aktiwiteit, vingerafdruk mannetjies.

Ons het die boek gebruik Great Thumbrpint Drawing Book deur Ed Emberley's wat ons by die biblioteek gevind het. Daar is verskeie drukke van die boek.

Meer oor ons vel

Die ongelooflikse feit van vel is dat dit die grootste orgaan van die menslike liggaam is. Dit weeg ongeveer 15% van jou massa.  Wanneer jou warm kry, sweet jy, die sweet verdamp en verkoel jou liggaam.


Dit is belangrik wanneer ons kinders oor vel leer, dat ons ook vir hul leer hoe om dit te versorg, dit sluit sonskerm en vele meer in.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Friday, 8 November 2013

Maak 'n "been"

Wat jy benodig:
Gekleurde karton
Sker
Gom
Kleefband
Strooitjies

 Maak so:
1. Neem die gekleurde karton en knip dit dieselfde grootte as die lengte van die strooitjies.
2. Smeer die hele vel met gom.
3. Plaas die strooitjies op die vel.
4. Plak ongeveer 3 stukke kleefband oor die strooitjies - bo, middel en onder, vir ekstra versterking.
5. Rol die karton met strooitjies op en plak buite om vas met kleefband.

Doel van die aktiwiteit:
Hierdie is 'n voorstelling van hoe 'n been binne lyk. Been is nie solied nie, dit groei in 'n sirkel van pype. Bloedvate in die pype neem kos en suurstof na die been. Indien 'n been solied sou gewees het, sou dit vir mens onmoontlik gewees het om jou bene te kan optel weens die swaar gewig daaraan.
Die kind kan bo op die 'been' met sy gewig druk om te sien hoe sterk dit is.

Anatomie T-hemp


Teiken ouderdom: 7 tot 12 jaar

Doel van die aktiwiteit: Hersiening van die basiese interne organe.

Besonderhede: Met hierdie aktiwiteit word die interne organe nagetrek op 'n wit T-hemp. Die kind kan dit inkleur of verf. Patrone word verskaf vir die natrek van die organe.

Hierdie aktititeit is saamgestel deur Ellen McHenry en is met toestemming vertaal en aan Afrikaanse Tuisskolers beskikbaar gestel.

Die aktitwiteit kan HIER afgelaai word.

Bepalings: Moet asseblief nie die dokument aanstuur nie, enige iemand is welkom om dit hier af te laai. Respekteer die kopiereg van die eienaar.