Showing posts with label Lees. Show all posts
Showing posts with label Lees. Show all posts

Friday, 24 July 2015

Deurbraak in lees

Baie Tuisonderwys ouers se grootste kommer is gewoonlik hul kind se vaardigheid om te lees.

Ek wil graag ons storie met julle deel.

Albei my kinders het taamlik vroeg begin leer lees (probeer). Iemand het eendag vir my gevra hoekom laat ek hulle elke dag lees? Dit het vir my ongelukkig slegte gevolge gehad. Ek was baie hard op hulle en wou net hê hul moes suksesvol wees.ROOI VLAG!!



Makayla was die voorloper, sy het fantasties gelees. Matthew het baie gesukkel. Voor ek my oë kon uitvee het Matthew skielik goed gevaar. Ek het met 'n skok terug aarde toe geval nadat Makayla eendag vir my voorlees en basies nie kon lees. Dit was asof sy jare se stappe terug gegee het. Ek kon dit nie verstaan nie. Hoe kon my kind nie lees nie?

Ek het 'n goeie vriendin genader en sy het met my meegedeel dat Makayla 'n lees blok het. Ja kan jul glo daar is so iets. Lees blok kan gebeur deur twee redes. Die persoon word te veel gedruk en is onder stress of as gevolg van 'n emosionele situasie. ROOI VLAG!

Ons het die lees net eenvoudig laat staan. Ja, ek het vir hulle voorgelees en nie dat hulle vir my enige iets voorlees nie. Stadig maar seker het hulle weer ietsie begin lees. Dit was moeilik vir Makayla alhoewel sy baie daarvan gehou het. 

Elke aand lees Makayla haar Bybel. Die Bybel@Kinders die een met altwee vertalings (uit druk uit). Sy het altyd baie hulp gevra met die woorde. Ek het haar hier en daar gehelp maar vir haar gesê as sy dit mooi hardop spel en in lettergrepe opdeel, sal sy weet wat dit is. Matthew het haar natuurlik baie gehelp.

Met hul Math U See lesse lees hul self hul woordsomme. Sukkel-sukkel het Makayla probeer aangaan met die somme wat sy dit nie wou en kon lees, ma het maar altyd ingespring en gelees.

Skielik uit die bloute lees sy haar sinne vlot. Ek is uit die veld geslaan en so gelukkig soos wat kan kom.

Wat leer ek hier uit. Leer die kind lees wanneer hulle reg is. Moet hul NIE druk nie. Hul sal daar kom een of ander tyd.

As jou kind sukkel, maak eers seker jou kind ken al hul klanke goed. Stel lettergrepe bekend en leer woorde so aan. Vat dit dag vir dag, bietjie op 'n slag. Gebruik 'n boek wat hulle baie geniet. Vir Makayla was dit haar Bybel want sy wou meer weet en dit is geskryf spesiaal vir kinders. Vir iemand anders kan dit dalk 'n strokiesprentboek wees. Begin eers as jy sien jou kind is reg daarvoor.

Ek hoop werklik iemand kan baat uit ons ondervinding.

Groete

Maryna

Saturday, 4 January 2014

Boek loer: Die Goue Reeks Leesboeke

Ek het my kinders leer lees met Die Goue Reeks leesboeke, uitgegee deur Nasou - Viaafrika. Die wat dit nie ken nie, die boeke gaan oor Boet en sy sussie Saartjie. Daar is natuurlik ma, pa, kleinsus, die hond, 'n kat, maats en nog meer.



Die boeke is wonderlike vir kinders wat nou begin lees of vir remediering. Met elke boek kom daar meer en moeiliker woorde by. Agter in elke boek is daar 'n 'woordeboek' lys. Die lysie is in blokkies wat die prent en die woord wys. Daar is ook 'n klanklys en nuwe woorde wat in daai spesifiek boek voorgekom het.



Die hele reeks bestaan uit 26 boeke en word opgedeel in 8 vlakke. Die eerste boek in elke vlak is volkleur waar die aanvullende boeke slegs swart en wit is. Dit is krities belangrik dat die aanvullende boeke ook bygekoop word en nie net die eerste boek van elke vlak nie.

Saam met elke vlak is daar ook 'n werkboek. Sien in die foto hieronder een voorbeeld (die laaste blokkie). Die doel van die werkboeke is dat die kind visueel bekend raak met die sinne en prente, paswerk en woordherkenning.



Die reeks bestaan uit die volgende:
Vlak Een: Boek Een: Boet en Saartjie
                Werkboek Een A
                Werkboek Een B
                Aanvullende Boek: Dwergie

Vlak Twee: Boek Twee: Ons speel lekker saam
                  Werkboek Twee
                  Aanvullende Boek: Hanswors

Vlak Drie: Boek Drie: Die Sewe Maats
                 (Geen werkboek)
                Aanvullende Boek: Die Rooi Bal
                Aanvullende Boek: Geel Trein en Blou Trein

Vlak Vier: Boek Vier: 'n Dag op Skool
                Werkboek Vier
                 Aanvullende Boek: Pottie Potlood
                 Aanvullende Boek: Hannie Haar

Vlak Vyf: Boek Vyf: Seestories
               Aanvullende Boek: Vader Son
               Aanvullende Boek:  Vissie - Duikboot
               Aanvullende Boek: Jannie huil
               Werkboek Vyf

Vlak Ses: Boek Ses: Plaasstories
               Werkboek Ses
               Aanvullende Boek: Die Hen en die Jakkals 
               - Die Grondboontjie
               Aanvullende Boek: Die Stout Lam
               Aanvullende Boek: Eendjie Eend

Vlak Sewe: Boek Sewe: Die Nuwe Huis
                   Werkboek Sewe
                   Aanvullende Boek: Die Verjaarsdagpresent
                   Aanvullende Boek: Die Tweede Venster
                   Aanvullende Boek: Sannie die Sandkorrel

Vlak Agt: Boek Agt: Wildtuin en Ander Stories
               Werkboek Agt
               Aanvullende Boek: Toe Oom Langnek Siek Was
               Aanvullende Boek: Gelukkig Giel
               Aanvullende Boek: Manie Maan

My kinders geniet dit om uit die boeke te lees. Dit is eenvoudig uiteengesit en goed geskryf. Ek sal die reeks vir enige persoon aanbeveel. Die boeke is nie net vir begin lesers nie, maar ook vir die wat bietjie ekstra hulp nodig het.

Jy kan die boeke aankoop deur Graffitiboeke. Kyk onder die leermiddels en begin dan by Graad 1 soek, of tik slegs die naam Goue Reeks in die soek funksie.

Lekker lees en geniet dit.

Groete

Maryna