Tuesday 20 May 2014

Verhuising



Eers wil ek verskoning vra dat hier niks nuuts is nie. Die lewe het ons bietjie rond geskommel en ons is nog nie op ons voete nie.

Ons was baie gelukkig om vir die laaste bietjie meer as drie jaar in 'n pragtige huis te woon. Ongelukkig het die lewe so gedraai dat die eienaar sy stryd teen kanker verloor het. Met die gevolg het sy bejaarde vrou nie kans gesien om nog enige huis te hou nie, dus word die huis verkoop. Met 'n swaar hart moes ons ander heenkome begin soek.

Ons het 'n plek vir ons voet gevind in Winkelspruit (Amanzimtoti). Die noodlot het dit so gelaat dat die huisie meer as die helte kleiner is as waar ons nog huidiglik woon. Met dit beteken dat ons glad nie meer 'n skoolkamer gaan hê, geen studeerkamer/studio vir my en en en... Die kinders gaan nou 'n kamer moet deel en ek is nogsteeds nie seker waar die kinders gaan 'werk' nie aangesien daar ook nie 'n eetkamer is nie. 

In die proses is ons besig om kaste te bou aangesien daar niks is, heinings reg te maak - die vorige huurders daar eenvoudig net nie omgegee het. Ek kan mos nie dat my honde die straat invaar nie.

Ons is hard besig om te pak en trek die einde Mei na ons nuwe huur woning. 

Alhoewel ons hartseer voel om van 'ons' pragtige woning afskeid te moet neem, bly ons altyd dankbaar dat ons 'n heenkome het, dat ons mekaar het, liefde het en natuurlik die belangrikste God het.

Ek sal dus eers weer later in Junie maand begin plasings maak.

Groete

Maryna

0 comments:

Post a Comment