Showing posts with label Aardrykskunde. Show all posts
Showing posts with label Aardrykskunde. Show all posts

Wednesday, 27 September 2017

Suid Afrika en Wêreld Kaart aflaai

Ek het jare terug die pragtige twee kaarte van Onnies Online van Huisgenoot gekry.

Jy kan die kaarte in hoë definisie formaat aflaai. Sien skakel onder elke foto. 

Die formaat kan op baie groot papier ook uitgedruk word sonder om kwaliteit te verloor. PostNet druk op groot velle. Jy kan dit ook laat lamineer sodat dit baie jare mooi bly en lank gebruik kan word.


Laai die Suid Afrika kaart HIER af.
 

Laai die Wêreld kaart HIER af.

Lekker leer.

Maryna

Monday, 1 May 2017

Chinese Papier Lantern

Maak 'n Chinese papier lantern. Die praktiese aktitwiteit kan gemaak word as deel van 'n studie van China.

Die aktitiwteit is oorspronklik deur Ellen McHenry van die Basement Workshop saamgestel en met toestemming deur my vertaal.

Teiken ouderdoms groep: Enige
 
Tyd benodig: Dit hang alles af van hoeveel tyd die kind spandeer om die draak in te kleur. Gee ongeveer ‘n uur om die hele projek te voltooi.

Wat jy benodig:
-Afskrifte van die patroon bladsye.
-Skêr
-Kryte of inkleur potlode
-Gom
-Skuifspelde
-Kleefband
-Dun wol  (voorgestelde kleure: rooi, geel, swart, wit)

Maak so:
1)Maak afskrifte van die patroon bladsye. Ek stel voor dat jul dit op karton druk, maar gewone papier sal ook werk. Kleur papier of karton sal goed werk, soos bv. geel of oranje vir die draak en rooi en geel vir die buitenste deel van die lantern. Die Chinese gebruik meestal rooi en swart wanneer hulle versierings maak.
2)Kleur die draak in.
3)Volg die aanwysings om die lantern aanmekaar te sit.

Laai die aktiwiteit HIER af.

Lekker skep en leer.

Groete

Maryna

Friday, 7 October 2016

Verskietende ster? Dink weer...

Hoe wonderlik is hierdie wêreld van ons darem nie. Maar kyk bietjie na hierdie "verskietende ster" insetsel. Dinge is nie altyd wat ons dink dit is nie. 




Groete

Maryna

Friday, 10 January 2014

Sonnestelsel Paspoort


Verlede jaar het ons met die boek begin My Reisgids tot die Sonnestelsel en Verder. Dit is 'n opwindende boek wat vertel word uit die oog van iemand wat rond reis. 

In die boek kan die basiese inligting geleer word van verskillende planete en dinge in die sonnestelsel. 

Voorbeeld uit die boek oor Venus

Voorbeeld uit die boek oor Jupiter
Ek het 'n Paspoort gemaak wat die kinders net 'n paar feite kan inskryf en ook 'n 'stempel' kan inplak van watter plek hulle laaste besoek het. 

Voorbeeld van hoe die Paspoort lyk

Soos daar deur die boek gewerk word en elke afdeling behandel is, kan die kind sy stempel uitknip en by die nodige plek plak.  Op die bladsy van Vinnige Feite kan hulle enige ietsie wat hulle geleer het van daai  planeet of ster skryf.

Hierdie is net ‘n ekstra  bron om dit bietjie meer prettig te maak. Laai die Paspoort HIER af.

Maak die Paspoort so:
Druk bladsy 2 uit op karton. Dit is die buiteblad.  Indien moontlik  lamineer dit. Moet nie die twee blokke van mekaar wegknip nie. Sien die foto hieronder. (een van die stempel en feite bladsy as voorbeeld)



Druk bladsy  3 to 10 voor en agter. Met ander woorde bladsy 3 voor en bladsy 4 agter ens.  Op bladsy 3 is die eerste twee blokke oop. Dit moet so wees om die binneste bladsy van die boeke oop te hou en sodat die stempel en feite bladsy oop oormekaar vertoon.

Op die eerste skoon bladsy kan jou kind ‘n fototjie van hom/haar plak of ‘n prentjie van hulself teken.

Druk bladsy 11 tot 13 op enkel bladsye uit. Dit is die stempel wat uitgeknip
moet word. 
 
Kram die die bladsye nou in die middel vas sodat dit ‘n boekie vorm. Boontoe kan jy 'n voorbeeld sien van my klaargemaakte Paspoort boekie.

Indien julle hierdie met iemand wil deel, laat hulle dit asseblief van my blog aflaai. Plaas dus 'n skakel hierheen. Dankie!

Geniet dit en laat weet my of die kinders daarvan gehou het.

Groete

Maryna