Monday 3 March 2014

Sport Aktiwiteite

Die kinders het verlede jaar begin met Figuurskaats, wat hul nogsteeds doen.

Hierdie komende naweek het hulle hul eerste amptelike graderings toetse.

Met hul groot liefde om vinnig op die ys te beweeg het hulle nou ook begin met Yshokkie. Matthew het amptelik besluit om deel te word van die DurbaKnights Ice Hockey Club. Makayla kan nog hierdie week 'n les neem en dan besluit of sy ook die hokkie meer ernstig gaan aandurf.


DurbaKnights is Durban se amptelike Yshokkie Klub. Vir tyd en wyl maak hul gebruik van Galleria in Amanzimtoti se ysskaatsbaan. Die Durban ysskaatsbaan is tans besig met 'n groot transformasie. Dit gaan 'n massiewe olimpiese grootte baan wees as dit klaar wees en ons sien baie uit daarna. (Dit is natuurlik ook baie nader vir ons om te ry)


Huidiglik maak die kinders van die Klub se toerusting gebruik. Indien hul meer gevorderd is sal ons vir hul hul eie toerusting aankoop. Yshokkie is nie vir bangbroeke nie. Dit is 'n baie vinnige kontaksport. Dit is 'n wonderlike spansport en is fantastiese vir kinders se selfvertroue en om uit hulle doppe uit te klim.


Ek sal in die toekoms nog plasings maak oor hul sport.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Hoe het die graderingstoetse toe verloop?
Ek is so bly hulle het sport wat hulle geniet. Wys jou net weer dat mens nie jou kinders moet beperk tot die meer tradisionele sportsoorte nie, daar is 'n hele wye wêreld met sport en akademie om by elke kind en sy talente te pas.

Maryna Moolman said...

Hulle het baie goed gedoen en die beginner en Graad 1 toets geslaag. Die volgende graderings toetse is in September. Ek glo egter nie dat Matthew daaraan sal deelneem nie aangesien sy hart meer in die yshokkie is. Hy oefen maar net nogsteeds saam met Makayla vir die pret daarvan. Sy gaan voluit en kry ook privaat afrigting.

Post a Comment