Showing posts with label rekenaar tegnologie. Show all posts
Showing posts with label rekenaar tegnologie. Show all posts

Thursday, 30 June 2016

Inleiding tot kodering

Kodering of aldan Coding is amper deesdae op almal se lippe. Maar wat is dit en hoe kan jy en jou kinders dit leer?

Kodering is rekenaartaal. Dit is die instruksies agter sagteware. As daar nie kodering was nie, kon ons nie vandag op rekenaars, slimfone, tablette ens werk nie. Alles in die tegnologie wêreld draai om kodes.

Die maklikste manier om vir jou kinders blootstelling tot kodering te gee is met die gratis program Scratch. 


Laai Scratch program HIER af. Neem asb kennis dat jul na die 3 betrokke stappe kyk op daai webblad. Jul moet Adobe AIR aflaai (by nr 1), dan Scratch (by nr 2). dan kan jul van die addisionele materiaal aflaai (by nr 3). Ek stel voor dat jul die kaarte aflaai. Dit gee 'n vinnige kort oorsig om basiese goed te doen. Sien hieronder twee voorbeelde.



Amptelike lesse kan afgelaai word by Code Club World. Gaan HIER. Registrasie is gratis. Dit gee vir jou toegang tot die lesse. Op die volgende skerm, kliek op die English blokkie en dan verskyn al die lesse onder mekaar. Laat die kinders eers met Scratch 1 begin en dan aangaan na al die ander. Dit is voordelig dat hulle die klasse in die regte volgorde voltooi.

In die project materials aflaai is die volledige gekodeerde aktiwiteit. Moet nie dit vir jou kind gee nie. Gee vir hulle die les en indien nodig die agtergrond prentjie ens. Soos jy deur die lesse werk sal jy sien wat is waar nodig. Moet nie jou kind help, laat hulself dit uitwerk.
 
Later kan die HTML, CSS en Python ook gedoen word soos hul vorder. Onder sal jul sien is Code Kingdom, dit werk op die Minecraft coding, dit is 'n betaal program met 'n maandelikse fooi.

Scratch is 'n baie oulike program om vir die kinders 'n gevoel van kodering te gee. Hul sal jou verbaas met dinge wat hul self ontwerp uit verbeelding.

Op 'n later stadium sal ek nog meer kodering hulpmiddels met jul deel en hoe die kinders self 'n toep (app) kan ontwerp.

Lekker speel en leer.

Groete

Maryna

Tuesday, 30 December 2014

Kreatiwiteit die 3D skeppings

Matthew het altyd 'n voorliefde vir kunste gehad. Hy kan baie goed teken en het ure gespandeer met die Pivot stick figure animasie program.

Ek het 'n paar jaar gelede voete nat gemaak met Blender. Dit is 'n ongelooflike program waar jy drie dimensionele beelde skep en dit ook kan verander in animasies. Hierdie is dieselfde program wat mense gebruik om onder ander aan Happy Feet 2 te kon werk.

Net om nog 'n voorbeeld te gee, hier is een van die baie videos wat met Blender gemaak is. Hierdie is natuurlik die finale produk nadat al die bou, teksture ens aan mekaar gesit is.
 
 

  Hier onder is van Matthew se skeppings wat hy in van die kursusse leer. Hy leer tans nog hoe om met die program te werk en het begin basiese goed te 'bou' en te laat beweeg. Dit is 'n taamlike ingewikkelde program. Sodra jy die basiese onder die kniee het is die moontlikhede eindloos.


Spinnekop

Gesig

Blender kan gratis afgelaai word. Baie van die klasse/kursusse is gratis. Daar is egter 'n verdere opsie om 'n 'Citizen' te word by CG Cookie waar jy 'n x bedrag betaal per maand en dan het jy toegang tot alle kursusse. Ons het die opsie geneem.

Ons gee Matthew hierdie geleentheid om te groei en te skep. Hierdie kan 'n wêreld vir hom oopmaak van oneindige moontlikhede vir werkskepping in die toekoms. Ek sal soos hy vorder van tyd tot tyd sy vorderings plaas.

Indien jy vir jou kind hierdie program wil laat leer, maar seker hy/sy het baie tyd beskikbaar elke dag. 

Hier is 'n opvolg skrywe van nog skeppings.

Groete

Maryna