Showing posts with label Bybel. Show all posts
Showing posts with label Bybel. Show all posts

Sunday, 22 May 2016

Bybel Bingo speletjie

Lukas 6:39 - 8:15 Bybel Bingo 

Terwyl julle Lukas 6 - 8 vir die kinders voorlees, kan hul 'n prettige Bingo speletjie speel. Dit is ook 'n goeie manier om natuurlik hul begrip te toets en kyk of hul luister. Die speletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement workshop en ek het dit met toestemming vertaal.

Maak so:
 
Elke speler kry ’n afskrif van die onderstaande prentjies en ’n bladsy met die oop blokkies. Spelers knip die prentjies van mekaar. Indien moontlik lamineer die prentjies en die oop blokkiebord sodat dit herhaaldelik gebruik kan word. Spelers kan met wondergom die prentjies rond en bond op die skoon speelbord plak.
Elke speler moet ook merkers kry waarmee hul keuses kan merk: soos stukkies papier, smarties ens. Indien die blokkies gelamineer was, kan die prentjies afgemerk word met ’n witbord merkpen.

Lees Lukas 6:39 – 8:15 voor. Elke keer wanneer die speler iets hoor wat ooreenstem met die prentjie, word dit afgemerk. Kies ’n beloning van jou keuse vir die wenner.



Laai die speletjie HIER af.

Lekker speel.

Groete

Maryna 

Friday, 22 January 2016

Knip en plak - Noag se ark vir kleuters

Indien jul besig is om van Noag en die Ark te leer, is hier 'n eenvoudige knip en plak projek wat kleuters kan doen.



Dit is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Ek het dit kortliks vertaal met toestemming.

Laai dit HIER af.


Groete

Maryna

Tuesday, 5 January 2016

Bybelgenootskap geleerdheidsprojek

'n Oulike geleerdheidsprojek om te leer lees en skryf is deur die Bybelgenootskap saamgestel. Dit is op jonger kinders gemik en is werklik baie oulik.

Dit bestaan uit twee boekies.My eerste Bybel doen en leer boek het sewe eenhede en My 2de Bybel doen en leer boek het tien eenhede. Daar is ook 'n handleiding vir elke boek.

Die boekies kan gratis afgelaai word as volledige boekies of eenheid per eenheid. 

Hier is voorbeelde uit die boekies om te sien hoe dit lyk.



  

Jul kan die Bybel doen en leer boekies gratis van hul webwerf aflaai. Registreer op die blad en gaan na die duimdruk bo Geletterdheid. Laai dit af HIER.

Geniet dit!

Groete

Maryna 

Friday, 10 October 2014

Gewyde liedjies vir die jongspan

Ek het op 'n boekie afgekom wat my kinders gekry het toe hulle nog in die kleuterskool was jare gelede.

Ek deel graag die liedjies met julle. Ek ken wel nie almal nie en ook nie al die versies nie maar dalk kan jul dit gebruik :)


Jesus is so lief vir Kinders

Jesus is so lief vir kinders,
Hy roep kindertjies na Hom.
Geel of wit of swart of bruin,
Elke kindjie groot en klein.
Jesus roep nou al die kindertjies na Hom.

God is so goed

God is so goed  x3
Hy’s so goed vir my
Hy maak my vry.
Hy maak my bly.
Hy is so goed
Hy’s so goed vir my.

Hy hou die hele wêreld

Hy hou die hele werêld in Sy hand x3
Hy hou ons almal in Sy hand.
Hy hou vir Mamma en Pappa in Sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand.

Saggeus

Saggeus was ‘n klein, klein man
Kort en klein was hy.
Toe maak  hy ‘n slim, slim plan
Want Jesus stap verby.
En hy wou ook vir Jesus sien
Toe klim hy in ‘n boom.
Maar Jesus roep: “Saggues Kom!”
Ek wil by jou woon.
Ek wil by jou woon.

Noag se ark

Daar was ‘n perd en ‘n bees en skaap
En ‘n vark en ander diere in Noag se ark.
Die Here het gesê
“ ‘n ark moet jy bou,
Die reen kan maar kom,
Ek sal sorg vir jou.”
Noag was getrou,
‘n ark het hy gebou.
Loof Hom met die tromme

Loof hom met die tromme,
Loof Hom met die harp,
Loof Hom met die klinkende simbale,
Alles wat asem het,
Loof, loof die Here.
Alles wat asem het,
Loof, loof die Heer.

Stille Nag

Stille nag, Heilige nag!
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig, uit die Vader se ryk,
Word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse kind x2

Ho-Ho-Ho-Hosana

Ho-ho-ho-hosanna
Hier kom Jesus aan
Hy kom as ‘n koning
Kom ons loof Sy naam.

Dit borrel in my

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en
Gered van verderf.
Ja, Jesus het my lief.
(herhaal lied twee keer)

Ek is lief vir Jesus

God het my lief x 2
Ek lees dit in die Bybel
God het my lief.

Jesus kan alles doen.

Jesus kan alles doen,
Alles doen, alles doen
Jesus kan alles doen,
Alles doen.
(herhaal lied drie keer)
Vader Abraham

Vader Abraham het baie seuns,
Baie seuns het Vader Abraham.
Ek is een van hul en so ook jy
Kom sing saam en wees bly!
Kyk links!
Kyk regs!
Sit plat

Die Wyse man

Die wyse man ou sy huis op die rots x 3
En die reen het neergeval
En die reen val neer en die vloed styg op x 3

Die dwase man bou sy huis op die sand x 3
En die reen het neergeval
En die reen val neer en die vloed styg op x 3
En die huis op die sand val plat

Kumbaja

Kumbaja O heer, kom na my x 3
O He-re bly by my.

Laat jou liggie skyn

Laat jou liggies skyn x 2
En sal my lig laat skyn x 2
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn.

Weet jy nie, jy’s ‘n temple

Weet jy nie, weet jy nie,
Jy’s ‘n temple. X 3
Jy is ‘n temple van die Heilige gees.

Vol van lof, vol krag,
Vol van vreugde. X 3
Jy is ‘n temple van die Heilige gees.

The love of Jesus

The love of Jesus is so wonderful x 3
Oh, wonderful love.
It’s  so high, you can’t get over it
It’s so low, you can’t get under it
It’s so wide, you can’t get around it
Oh, wonderful love.

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg.
Sommer so, hoog daarbo.
God laat al die voëljies vlieg.
Hoog daar bo.
Hy doen soveel meer vir my.
Ek sal altyd dankbaar bly
En my nie bekommer nie,
Hy’s by my.

Keer jou tong

Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong.
Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong van jou lippe van stories dra.
Keer joutong van kwaad-praat
Keer jou tong.

Lekker sing ;)

Groete

Maryna

Friday, 7 March 2014

Leer Bybel verse op 'n maklike manier

In ons huis word God betrek by elke deel van ons lewe. Dit is vir ons ongelooflik belangrik dat ons kinders moet weet wat van hulle verwag word en hoe om 'n Goddelike karakter te bou en dit toe te pas.

Om 'n verhouding met God te bou moet jy ook die Woord ken.


Ons gebruik tans 'n oulike reeks boeke Learning the Word for Life. Hierdie boeke kan as e-boeke aangekoop word van Bible Draw wat ook beter bekend staan as Picture Bible. Of jy kan die gedrukte boeke koop deur Oikos Ministries in Suid Afrika.

Die doel agter die boek is om vir 'n kind teksverse uit die Bybel te leer deur dit aan 'n prentjie te verbind. Jy kan vir jou kind eers die hele teks lees. Dan net die eerste gedeelte wat hulle kan koppel aan die eerste deel van die prentjie - soos dit uiteengesit word in die boek (sien foto hieronder). Elke dag doen hul net een deel en ook sy ooreenstemmende deel van die vers. Aan die einde van 'n week behoort die kind elke dag 'n stukkie by te geleer het en kan die hele vers aan jou oordra. Daar word dus een kerngedagte per week geleer wat uit meer as een opvolgende verse bestaan.

Die reeks bestaan uit drie boeke. Die opvolg hiervan is die Picture Bible wat in twee boeke beskikbaar is: Die Nuwe Testament en Die Ou Testament.
 
In die foto hieronder kan jy sien hoe elke deel opgebreek word. Aan die linkerkant wys die dele van die prent en ook die teks gedeelte onder dit. Aan die regterkant sien jy hoe die student se bladsy lyk. Ek het in potlood die Afrikaanse teksverse geskryf aangesien ons dit natuurlik in Afrikaans doen. Ons gebruik die 1933/53 vertaling van die Bybel.

Voorbeeld uit die ouergids

Die foto hieronder is uit die studente boek. Aan die linkerkant is daar 'n plek wat jy 'n 'gesprek' met God kan neerpen. Ons gebruik dit egter om die verse in Afrikaans te skryf.


Voorbeeld uit die studente boek

Hier is voorbeelde van hoe die kinders dit gedoen het. Ek moet ook bynoem dat ek ook 'n boek het en dit saam met hulle doen.

Voorbeelde uit Makayla se boek

Voorbeelde uit Matthew se boek



Die kinders geniet dit geweldig om die teksverse te leer en die prentjie te doen. Ja ma ook! Dit is belangrik dat ons nie net altyd vir ons kinders goed gee om te doen en verwag hulle moet net self voortgaan nie. Ons moet self toepas wat ons vir hulle leer en dit saam met hulle geniet.

Maak God deel van julle dag.

Groete

Maryna