Friday 24 October 2014

Kurrikulum vir 2015

Die jaar is amper op sy rug en ek is besig om my beplanning saam te stel vir 2015.
Vir diegene wat wil weet wat ons gaan doen/besig is om te doen.

Engels: IEW (verskeie)


Grammatika: Fix It! Grammar Boek 1: The Nose Tree










Onderwyser hulpmiddel (myne) Teaching Writing Structure and Style 





Skryf: Student Writing Intensive vlak B
 
Engelse Spelling: Sequential Spelling


Maak klaar met vlak 1 en beweeg dan oor na die vlak 2 boek.




Wiskunde: Math U See

Maak klaar met Delta vroeg 2015, gaan oor na Epsilon.



Afrikaans:
'n Mengsel van boeke en aktiwiteite. Moontlik verskeie speletjies, Afrikaanse reëls, gedigte, lees verskeie boeke.


Geskiendenis: SOTW


Nog besig met Volume 1, sal deur jaar oorgaan na Volume 2.







Wetenskap: Science in the Beginning
 

Maak klaar met Science in the Beginning deur die loop van die jaar en beweeg dan aan na aktiwiteite van Ellen McHenry's Basement Workshop.




Aardrykskunde: Die Aarde Ensiklopedie



Die Aarde Ensiklopedie gaan een van ons bronne wees en met dit gaan ons verskeie aktiwiteite doen en lesse om dit bou. Hou die blog dop vir indiepte studie van die boek.




 
Bybel: Learning the Word in Life



Ons gaan boek een klaar maak en oorbeweeg na boek twee.




Kuns:
Lesse verskeie crafts en idees van Pinterest en uit verskeie boeke. Ook formele lesse van Paint Basket.

Addisioneel:
Matthew neem formele klasse/kursusse deur CG Cookie, wat die program Blender aanbied. Dit is 'n 3D ontwerp en animasie program. Sal 'n post inskrywing hieroor doen.

Sport:
Yshokkie.  

Hier mag moontlik 'n paar dinge verander of bygevoeg word met tyd.

Groete

Maryna

Tuesday 21 October 2014

Natuurwetenskappe Graad 4 tot Graad 12

Vir diegene wat moontlik van die CAPS boeke wil gebruik maak. Hier is die skakels na GRATIS e-boeke.

Graad 4 tot 6 Thunderbolt kids - Studente en Onderwysergids

*Graad 7 - MTS Workbooks Natuurwetenskappe (aanlyn in Afrikaans)
*Graad 7 - MTS Workbooks Tegnologie (aanlyn in Afrikaans) 
*Graad 8 - MTS Workbooks Natuurwetenskappe (aanlyn in Afrikaans)
*Graad 8 - MTS Worksbooks Tegnologie (aanlyn in Afrikaans)
*Graad 9 - MTS Worksbooks Natuurwetenskappe (aanlyn in Afrikaans)
*Graad 9 - MTS Worksbooks Tegnologie (aanlyn in Afrikaans)
**Graad 10 - Everything Science (in Afrikaans)
**Graad 11 - Everything Science (in Afrikaans)
**Graad 12 - Everything Science (in Afrikaans)

*Neem kennis: Die MTS Workbooks vir Tegnologie en Natuurwetenskappe Graad 7 tot 9 se skakels soos hierbo is om die aanlyn weergawe te sien. Indien jy die pdf boeke wil aflaai gaan na die skakel Aflaaibares
**Neem kennis die Graad 10 tot 12 Everything Science boeke in Afrikaans - Aan die regterkant is die skakel na die pdf Afrikaanse Handboek en Onderwyserboek.

Vertrou hierdie sal van nut wees vir iemand.

Groete

Maryna 

Skakels opgedateer 25 Augustus 2015

Friday 10 October 2014

Gewyde liedjies vir die jongspan

Ek het op 'n boekie afgekom wat my kinders gekry het toe hulle nog in die kleuterskool was jare gelede.

Ek deel graag die liedjies met julle. Ek ken wel nie almal nie en ook nie al die versies nie maar dalk kan jul dit gebruik :)


Jesus is so lief vir Kinders

Jesus is so lief vir kinders,
Hy roep kindertjies na Hom.
Geel of wit of swart of bruin,
Elke kindjie groot en klein.
Jesus roep nou al die kindertjies na Hom.

God is so goed

God is so goed  x3
Hy’s so goed vir my
Hy maak my vry.
Hy maak my bly.
Hy is so goed
Hy’s so goed vir my.

Hy hou die hele wêreld

Hy hou die hele werêld in Sy hand x3
Hy hou ons almal in Sy hand.
Hy hou vir Mamma en Pappa in Sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand.

Saggeus

Saggeus was ‘n klein, klein man
Kort en klein was hy.
Toe maak  hy ‘n slim, slim plan
Want Jesus stap verby.
En hy wou ook vir Jesus sien
Toe klim hy in ‘n boom.
Maar Jesus roep: “Saggues Kom!”
Ek wil by jou woon.
Ek wil by jou woon.

Noag se ark

Daar was ‘n perd en ‘n bees en skaap
En ‘n vark en ander diere in Noag se ark.
Die Here het gesê
“ ‘n ark moet jy bou,
Die reen kan maar kom,
Ek sal sorg vir jou.”
Noag was getrou,
‘n ark het hy gebou.
Loof Hom met die tromme

Loof hom met die tromme,
Loof Hom met die harp,
Loof Hom met die klinkende simbale,
Alles wat asem het,
Loof, loof die Here.
Alles wat asem het,
Loof, loof die Heer.

Stille Nag

Stille nag, Heilige nag!
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig, uit die Vader se ryk,
Word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse kind x2

Ho-Ho-Ho-Hosana

Ho-ho-ho-hosanna
Hier kom Jesus aan
Hy kom as ‘n koning
Kom ons loof Sy naam.

Dit borrel in my

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en
Gered van verderf.
Ja, Jesus het my lief.
(herhaal lied twee keer)

Ek is lief vir Jesus

God het my lief x 2
Ek lees dit in die Bybel
God het my lief.

Jesus kan alles doen.

Jesus kan alles doen,
Alles doen, alles doen
Jesus kan alles doen,
Alles doen.
(herhaal lied drie keer)
Vader Abraham

Vader Abraham het baie seuns,
Baie seuns het Vader Abraham.
Ek is een van hul en so ook jy
Kom sing saam en wees bly!
Kyk links!
Kyk regs!
Sit plat

Die Wyse man

Die wyse man ou sy huis op die rots x 3
En die reen het neergeval
En die reen val neer en die vloed styg op x 3

Die dwase man bou sy huis op die sand x 3
En die reen het neergeval
En die reen val neer en die vloed styg op x 3
En die huis op die sand val plat

Kumbaja

Kumbaja O heer, kom na my x 3
O He-re bly by my.

Laat jou liggie skyn

Laat jou liggies skyn x 2
En sal my lig laat skyn x 2
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn.

Weet jy nie, jy’s ‘n temple

Weet jy nie, weet jy nie,
Jy’s ‘n temple. X 3
Jy is ‘n temple van die Heilige gees.

Vol van lof, vol krag,
Vol van vreugde. X 3
Jy is ‘n temple van die Heilige gees.

The love of Jesus

The love of Jesus is so wonderful x 3
Oh, wonderful love.
It’s  so high, you can’t get over it
It’s so low, you can’t get under it
It’s so wide, you can’t get around it
Oh, wonderful love.

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg.
Sommer so, hoog daarbo.
God laat al die voëljies vlieg.
Hoog daar bo.
Hy doen soveel meer vir my.
Ek sal altyd dankbaar bly
En my nie bekommer nie,
Hy’s by my.

Keer jou tong

Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong.
Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong van jou lippe van stories dra.
Keer joutong van kwaad-praat
Keer jou tong.

Lekker sing ;)

Groete

Maryna