Showing posts with label sport. Show all posts
Showing posts with label sport. Show all posts

Friday, 5 December 2014

Die sportwêreld op ys

Wat 'n ongelooflike jaar in yshokkie en figuurskaats was dit nie vir die kinders nie. 

Die jaar het ook natuurlik afgeskop met hulle voete 'natmaak' in die yshokkie wêreld.


Makayla wat natuulik ook 'n figuurskaatser is, was eers baie versigtig en het nie gedink sy sal van die sport hou nie. Nou kan sy nie wag om te gaan nie en sê sy sal nie kan besluit tussen die twee nie. Sy het self haar eerste 'first star' (en 'n beker) gewen. Die eerste ster in yshokkie beteken beste speler van die wenspan. Sy was in die wolke en kon dit amper nie glo nie. Sy speel vinnig en hard en doen haar beste.





Makayla en haar duet maat Kathleen (ook 'n Tuisonderwys kind) het tweede plek verwerf in die 2014 Seal Junior Figure Skating Kompetisie.




Matthew is yshokkie mal. Hy wil bitter graag dit ook eendag as loopbaan doen (onder ander). Hy speel baie hard en aggresief (op 'n mooi manier). Hy is aangewys by die jaar se Prysuitdeling as die speler wat die beste gevorder het saam met 'n ander seun (die beker is tans by die ander seun se huis). Matthew het ook sy eerste 'first star' (met 'n medalje) gekry en twee keer 'second star' wat die beste speler vir die verloorspan is. Met die prysuitdeling het hy ook 'n spesiale geskenk gekry, sy eerste hokkie pit (hockey puck). Hy is in die wolke gewees.

Matthew het einde Oktober finaal sy figuurskaatse opgehang en besluit om slegs op yshokkie te konsentreer.



Yshokkie is nie net 'n vinnig sport nie, dit is fantasties vir fisiese oefening - glo my hulle sweet behoorlik. Die sport bou ook hulle selfvertroue op. Matthew is 'n totale ander kind as wat hy 'n jaar terug was. Hy was skaam en teruggetrokke, nou is hy 'n grapjas en praat en meng met almal.




As jy jou kind aan die gang wil kry en deel maak van 'n lekker 'familie' laat hul ten minste net die sport uitprobeer. Ek self is ook van plan om nog te probeer - moet natuurlik eers leer skaats (haha)

Groete

Maryna


Monday, 3 March 2014

Sport Aktiwiteite

Die kinders het verlede jaar begin met Figuurskaats, wat hul nogsteeds doen.

Hierdie komende naweek het hulle hul eerste amptelike graderings toetse.

Met hul groot liefde om vinnig op die ys te beweeg het hulle nou ook begin met Yshokkie. Matthew het amptelik besluit om deel te word van die DurbaKnights Ice Hockey Club. Makayla kan nog hierdie week 'n les neem en dan besluit of sy ook die hokkie meer ernstig gaan aandurf.


DurbaKnights is Durban se amptelike Yshokkie Klub. Vir tyd en wyl maak hul gebruik van Galleria in Amanzimtoti se ysskaatsbaan. Die Durban ysskaatsbaan is tans besig met 'n groot transformasie. Dit gaan 'n massiewe olimpiese grootte baan wees as dit klaar wees en ons sien baie uit daarna. (Dit is natuurlik ook baie nader vir ons om te ry)


Huidiglik maak die kinders van die Klub se toerusting gebruik. Indien hul meer gevorderd is sal ons vir hul hul eie toerusting aankoop. Yshokkie is nie vir bangbroeke nie. Dit is 'n baie vinnige kontaksport. Dit is 'n wonderlike spansport en is fantastiese vir kinders se selfvertroue en om uit hulle doppe uit te klim.


Ek sal in die toekoms nog plasings maak oor hul sport.

Groete

Maryna