Showing posts with label speletjies. Show all posts
Showing posts with label speletjies. Show all posts

Sunday, 22 May 2016

Bybel Bingo speletjie

Lukas 6:39 - 8:15 Bybel Bingo 

Terwyl julle Lukas 6 - 8 vir die kinders voorlees, kan hul 'n prettige Bingo speletjie speel. Dit is ook 'n goeie manier om natuurlik hul begrip te toets en kyk of hul luister. Die speletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement workshop en ek het dit met toestemming vertaal.

Maak so:
 
Elke speler kry ’n afskrif van die onderstaande prentjies en ’n bladsy met die oop blokkies. Spelers knip die prentjies van mekaar. Indien moontlik lamineer die prentjies en die oop blokkiebord sodat dit herhaaldelik gebruik kan word. Spelers kan met wondergom die prentjies rond en bond op die skoon speelbord plak.
Elke speler moet ook merkers kry waarmee hul keuses kan merk: soos stukkies papier, smarties ens. Indien die blokkies gelamineer was, kan die prentjies afgemerk word met ’n witbord merkpen.

Lees Lukas 6:39 – 8:15 voor. Elke keer wanneer die speler iets hoor wat ooreenstem met die prentjie, word dit afgemerk. Kies ’n beloning van jou keuse vir die wenner.



Laai die speletjie HIER af.

Lekker speel.

Groete

Maryna 

Saturday, 9 January 2016

Manlik en Vroulik blokraaisel

Ek het blokraaisels gemaak wat gebruik kan word om kinders se kennis te toets met manlike en vroulike geslagte.

Daar is twee blokraaisels en elkeen het 'n oplossing op 'n aparte bladsy.

Laai dit HIER af.

Laat weet my gerus wat julle daarvan dink. Lekker leer.

Groete

Maryna

Thursday, 7 January 2016

Sinonieme

Om sinonieme vas te lê het ek 'n paar kaartjies gemaak wat gebruik kan word om snap mee te speel.


Verduidelik altyd eers wat nuwe woorde beteken voor julle met die woorde werk.
 
Laai die sinonieme snap kaarte hier af. Die pakkie bestaan uit 90 kaarte 

Druk dit so uit:
Druk die kaarte op karton uit. Lamineer die kaarte sodat dit nog baie lank netjies kan bly. 

Onder is 'n voorbeeld van een van die bladsye.
Voorbeeld van die sinoniem kaarte

Die kaarte kan natuurlik ook gebruik word as flitskaarte en spelling vaslegging waar nodig.


Nog idees hoe om die kaarte te gebruik:

Klop die klok (woordpas) speletjie:
Plak 'n paar van die woorde op 'n muur of witbord vas. Sit die ander op 'n tafel met al die woorde na onder (sit eers agterop elke woord 'n stukkie wondergom vas). Neem 'n stophorlosie en laat jou kind dan so vinnig as moontlik die regte sinonieme by sy regte maat sit. Julle kan elke ander dag die oefening doen. As die kind sy eie rekord gebreek het gee vir hom/haar 'n prys. Broers en susters kan dit saam doen, eerste een met meeste korrekte plasings wen.

Geheue speletjie:
Sit die woorde met die woord kante na onder. (rond en bond maar in netjies rye). Jou kind kan dan twee kaarte op 'n slag om draai. As die twee kaarte 'pas' bly die gesig kant na bo. Indien dit nie pas nie, moet dit weer omgedraai word met die 'gesigte' na onder. Hou so aan tot al die kaarte se woorde na bo wys. Om dit af te wissel kan dit ook met 'n stophorlosie gedoen word vir die kinders wat hou van kompetisies. Dit is baie goeie oefening om 'n goeie geheue op te bou.


Sien ook die skrywe en kaartjies vir teenoorgesteldes en antonieme.

Lekker speel.

Groete

Maryna 

Thursday, 30 April 2015

Boek: Papier vliegtuie

Na 'n besoek aan ons plaaslike Bargain Books het Matthew hierdie oulike boek gesien oor papier vliegtuie. Nes enige seun wil hy net goed bou en maak. As dit van papier is, nog beter.

Die boek is baie eenvoudig saamgestel. Dit begin met die basiese stap vir stap voue. Dit beweeg aan na meer ingewikkelde vliegtuie. Agter in die boek is daar speletjies wat jy met die vliegtuie kan speel. Daar is verskeie bladsye met pragtige gedrukte patrone wat hul kan uitskeer om die vliegtuie mee te bou.

Alles wat benodig word is in die boek. Indien jou kind jonk is en nie kan lees nie, is dit nie 'n probleem aangesien alles met prentjies aangedui word. Die ouer kan die speletjie instruksies vir die kind voorlees. Die boek is werklik 'n fees vir enige seun of dalk dogter ;) 

Basiese voue
Verskeie speletjies wat gespeel kan word.



Papier om die vliegtuie mee te bou.



Van die items wat in die boek ingesluit is.


Die boek is 'n oulike geskenk idee. Daar was 'n groot verskeidenheid boeke van papiervliegtuie, hierdie was die een wat ons egter nou gekies het. Gaan loer bietjie by Bargain Books, daar is oulike boeke. 

Geniet dit!

Groete

Maryna

Tuesday, 10 March 2015

Menslike Liggaam - Bingo

Hierdie menslike liggaam Bingo is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van The Basement Workshop en is in Afrikaans vertaal deur my met haar toestemming.
  Ourderdoms groep: 8 tot 13 jaar.

Doel van die aktiwiteit: Om basiese informasie van interne organe te hersien.

Beskrywing van aktiwiteit: Word gespeel soos gewone Bingo, behalwe dat daar drie vlakke van vrae is. Vlak 2 en 3 is geskik vir 'n ouer kind, of 'n kind wat reeds die nodige kennis dra. 'n Voorbeeld vraag uit Vlak 3: "Die hipofise klier word in die orgaan aangetref."

Tyd benodig: 30 - 40 minute

Wat jy benodig: Afskrifte van die Bingo bord, afskrifte van die liggaamsdeel kaarte vir elke kind, gom, skêr, merkers om op die dele te plaas of alternatief merk penne/kryte. Afskrifte van die vrae vir die ouer.

Laai die Liggaam Bingo hier af. 

Hoe ons dit doen: Ek het die bladsye gelamineer. Die kinders het die kaartjies wat hul gekies het met wondergom op die Bingo bord gesit. Ek het vir hulle die vraag gelees en dan het hul die antwoord prentjie op die Bingo bord gesoek.Hul het hul keuse met 'n witbordpen gemerk. Ons het dan gekyk of die antwoorde reg is. As dit was hou hulle die kruisie wat hul met die witbordpen daarop gemaak het. As dit nie reg was, moet hul die fout uitvee, maar hul mag dan nie die regte een kies nie. As iemand 'n Bingo gehad het, het hul alles uitgevee en ons het aangegaan met die vrae sodat daar weer 'n kans op 'n nuwe wen kan wees.


Nog ander menslike liggaam aktiwiteite wat jul kan doen:
Maak 'n been
Anatomie T-hemp

*Indien jul dit met iemand wil deel verwys hul terug na die blad om dit hier af te laai - dankie.*

In die komende maande gaan ek nog aktiwiteite met julle deel. Hou dus die spasie dop. Lekker leer!

Groete

Maryna

Monday, 27 January 2014

Teenoorgesteldes en Antonieme


 Die basiese taalwerk wat jonger kinders begin om te leer is teenoorgesteldes. Ek het 'n paar kaartjies saamgestel wat kinders kan gebruik om 'snap' mee te speel. 

Soos julle teenoorgesteldes behandel kan julle ook vir hul verduidelik van Antonieme, wat tog maar dieselfde is. Verduidelik altyd eers wat nuwe woorde beteken voor julle met die woorde werk.

Vir ouderdoms doeleindes het ek twee stelle gemaak. Teenoorgesteldes vir jonger kinders en Antonieme vir bietjie ouer kinders.

Laai die teenoorgestelde snap kaarte hier af. Die pakkie bestaan uit 50 kaarte (saam met sy teenoorgestelde maat)

Druk dit so uit:
Druk die kaarte op karton uit. Lamineer die kaarte sodat dit nog baie lank netjies kan bly.



Vir die kinders wat al klaar die basiese teenoorgesteldes baasgeraak het, kan dan met die Antonieme kaarte ook 'snap' speel.


Laai die Antonieme snap kaarte hier af. Die pakkie bestaan uit 80 kaarte (saam met sy Antoniem maat).

Druk uit soos bo verduidelik.




Die kaarte kan natuurlik ook gebruik word as flitskaarte en spelling vaslegging.

Nog idees hoe om die kaarte te gebruik:

Klop die klok (woordpas) speletjie:
Plak 'n paar van die woorde op 'n muur of witbord vas. Sit die ander op 'n tafel met al die woorde na onder (sit eers agterop elke woord 'n stukkie wondergom vas). Neem 'n stophorlosie en laat jou kind dan so vinnig as moontlik die regte teenoorgesteldes of antonieme by sy regte maat sit. Julle kan elke ander dag die oefening doen. As die kind sy eie rekord gebreek het gee vir hom/haar 'n prys. Broers en susters kan dit saam doen, eerste een met meeste korrekte plasings wen.



Geheue speletjie:
Sit die woorde met die woord kante na onder. (rond en bond maar in netjies rye). Jou kind kan dan twee kaarte op 'n slag om draai. As die twee kaarte 'pas' bly die gesig kant na bo. Indien dit nie pas nie, moet dit weer omgedraai word met die 'gesigte' na onder. Hou so aan tot al die kaarte se woorde na bo wys. Om dit af te wissel kan dit ook met 'n stophorlosie gedoen word vir die kinders wat hou van kompetisies. Dit is baie goeie oefening om 'n goeie geheue op te bou.


Lekker speel.

Groete

Maryna

Wednesday, 20 November 2013

Boek loer: Papiervliegtuie

Na 'n besoek aan Bargain Books het Matthew hierdie boek gesien van papiervliegtuie. Soos enige seun hou hy baie van speel en bou.



Die boek is baie eenvoudig uiteengesit. Dit begin deur vir jou die basies en ander voue stap vir stap te wys. Dit word gevolg deur 'n paar speletjies wat gespeel. Daar is ook 'n handige deel van punte kaartjies. Die grootste deel van die boek is mooi bladsye wat jy uithaal om jou vliegtuigies mee te vou.

Alles wat jy benodig is in die boek. Alhoewel dit in Engels is, het jonger kinders maar net prentjies nodig om dit te volg. Ma kan maar die instruksies van die speletjies lees. Hierdie boek is enige jong seun se droom boek.



Die basiese vou terme

Verskillende speletjies wat gespeel kan word.



Mooi papier om die ontwerpe mee te vou.



Van die goed wat ingesluit is in die boek.



Hierdie kan ook 'n oulike geskenk wees vir 'n besige seun. Daar was 'n verskeidenheid van boeke oor papiervliegtuie. Gaan loer gerus by Bargain Books.

Lekker speel.

Groete

Maryna