Showing posts with label uitstappie. Show all posts
Showing posts with label uitstappie. Show all posts

Friday, 5 December 2014

Lake Eland Wildreservaat

In Augustus maand het ons as 'n verassing vir my man vir sy verjaarsdag na Lake Eland Wildreservaat gegaan en die nag daar oorgebly.

Hierdie plek moet op jou lys van plekke om te besoek in SA wees. Ongelooflik mooi. Jy is tussen die berge met die natuur letterlik op jou voorstoep. Die reservaat is nie baie groot nie, maar ongelooflik. Om die diere van nader te bekyk kan jy of in een van die begeleide voertuie gaan (teen 'n fooi), met jou fiets ry, stap, met jou eie voertuig of self op die perde.

Lake Eland Wildreservaat is net duskant Port Shepstone en ongeveer 92km van Amanzimtoti (waar ons woon). Dag besoekers kan 'n happie by die restaurant neem, die diere bekyk, jy kan daar trou en natuurlik die absolute hoogtepunt is die 'suspension bridge'. Jy kan ook die honderede trappe aandurf en afstap na die grotte toe. O ja en moet nie vergeet van die langste/hoogste 'zipline' nie, knyp die helfte van die dag af vir dit.(Ons het nie die keer op die zipline gegaan nie maar sal beslis volgende keer)


Al die huisies is teen 'n dam met jou stoep waar oor die water hang. Dit is werklik prentjie mooi. Van jou stoep aan die oorkant kan jy die diere sien rondstap. Die foto van die Kameelperd hierbo is een van die baie fotos wat ek geneem het van my stoel af by my huisie.

Daar is ook 'n kampeerarea vir diegene wat tent wil opslaan en visvang.

Besoek beslis die wildreservaat, dit is ongelooflik.

Groete

Maryna

Illovo Kwekery en Teetuin

'n Paar maande gelede het ons Illovo Kwekery en Tee tuin besoek. Dit is 'n pragtige kwekery in die hartjie van Illovo. Diegene wat nie weer waar Illovo is nie, dit is net langs Amanzimtoti, ongeveer 45km van Durban aan die kus.

Oulike gemeenskap en natuurlik baie Afrikaanse mense. 'n Plek so na aan ons hart :)

Daar is nie net plante om te bekyk nie, maar ook 'n paar klein winkeltjies onder ander 'n tweedehandse boekwinkeltjie ens, 'n teetuin en 'n klein diertjie plaas.

Die kinders het die geleentheid gekry om 'n paar kouebloediges te bevoel en te bekyk. Makayla was glad nie beindruk gewees nie. Matthew het natuurlik nie die geleentheid laat verby glip nie.

Hulle het ook die geleentheid gekry om 'n paar hase te voer.


Groete

Maryna

Monday, 28 October 2013

Museum besoek

Durban Natural Science Museum

 

City Hall: 1st Floor City Hall
234 Anton Lembede Straat, Durban


Ingang is gratis

Hierdie is 'n moet besoek. 





Daar is 'n area vir soogdiere, voëls, reptiele en insekte. Baie mooi vertoon kaste met verskeie diere en baie leersame inligting. 

 
Die kwaliteit van die items is ongelooflik en dit is pynlik netjies.

Net een vloer op kan jul 'n bietjie kuns sien en dan 'n kamer met 'n muur vol politieke mense en bietjie agtergrond.




Bedryging van die Renoster

Bye en hul lewe
 
Miere en hul lewe
 
Verskillende skoenlappers en motte



 Besoek hul gerus.


Groete

Maryna

Wetenskap Sentrum

Kwa-Zulu Natal Science Centre

Legkaart van Suid Afrika se Provinsies

Hierdie wonderlike plek is binne Gateway Winkelsentrum net langs die bioskoop op die boonste vloer. Verskeie wetenskap eksprimente wat hulle kan probeer en dinge wat hul kan bou. 

Leer op 'n interaktiewe manier

Wat vir my lekker is hier is dat die plek vir kinders is. Hulle mag aan alles vat en peuter, alles probeer, in mekaar pas en bou. Hierdie is 'n moet besoek. Maak jou gereed vir 'n paar uur van ontdek.

Daar is ook 'n mobiele planetarium. Jy lê op jou rug en bekyk die sterre en planete in 3D. Daar is 'n video wat wys oor die dae van die Dinosourusse. 


Kostes is R35 per kind en R30 per volwasse . 'n Groep van 4 en meer betaal R30 p/p. Sien hul webblad HIER vir meer inligting.

Groete

Maryna

Phezulu Safari Park


Phezulu Safari Park - Old Main Road, Bothas Hill

Hierdie uitstappie het ons 'n geruime tyd terug gedoen.

Die weer was yssig maar die uitstappies was beslis die moeite werd. Die uitsig is ongelooflik oor die valleie en die mense is baie vriendelik.

Jou dag begin met 'n wonderlike vertoning van tradisionele Zulu dans en die tradisie rondom hul trou proses.


 



 
Daar is 'n krokodil plaas en slange wat gesien kan word.
Vir die met 'n dieper sak kan op 'n safari rit gaan.


 
 
Matthew se beur om die slang om die nek te kry.

Kleine Makayla wil ook voel hoe dit voel.
Ongelukkig was die slag om die nek episode so gejaag oor die hoeveelheid kinders wat daar was. En ja ek het ook 'n beur gekry.

'n Bui reen soos nog nooit gesien het toegesak en ongelukkig kon ons nie die res van die slange sien nie.

Hierdie besoek is beslis 'n belewenis. Sien hulle webblad HIER.
Indien jul ooit Phezulu wil besoek stel ek voor dat jul as 'n groep gaan om met die ingangs kostes te bespaar.

Groete

Maryna