Showing posts with label vakansie. Show all posts
Showing posts with label vakansie. Show all posts

Friday, 5 December 2014

Lake Eland Wildreservaat

In Augustus maand het ons as 'n verassing vir my man vir sy verjaarsdag na Lake Eland Wildreservaat gegaan en die nag daar oorgebly.

Hierdie plek moet op jou lys van plekke om te besoek in SA wees. Ongelooflik mooi. Jy is tussen die berge met die natuur letterlik op jou voorstoep. Die reservaat is nie baie groot nie, maar ongelooflik. Om die diere van nader te bekyk kan jy of in een van die begeleide voertuie gaan (teen 'n fooi), met jou fiets ry, stap, met jou eie voertuig of self op die perde.

Lake Eland Wildreservaat is net duskant Port Shepstone en ongeveer 92km van Amanzimtoti (waar ons woon). Dag besoekers kan 'n happie by die restaurant neem, die diere bekyk, jy kan daar trou en natuurlik die absolute hoogtepunt is die 'suspension bridge'. Jy kan ook die honderede trappe aandurf en afstap na die grotte toe. O ja en moet nie vergeet van die langste/hoogste 'zipline' nie, knyp die helfte van die dag af vir dit.(Ons het nie die keer op die zipline gegaan nie maar sal beslis volgende keer)


Al die huisies is teen 'n dam met jou stoep waar oor die water hang. Dit is werklik prentjie mooi. Van jou stoep aan die oorkant kan jy die diere sien rondstap. Die foto van die Kameelperd hierbo is een van die baie fotos wat ek geneem het van my stoel af by my huisie.

Daar is ook 'n kampeerarea vir diegene wat tent wil opslaan en visvang.

Besoek beslis die wildreservaat, dit is ongelooflik.

Groete

Maryna

Friday, 8 November 2013

Eerste vakansie

Ons het na baie jare se gewag uiteindelik op ons eerste vakansie gegaan. ATKV Drakensville Vakansie oord by die voet van die Drakensberge.

Die omgewing is ongelooflik mooi en die uitsig na die berg is onbeskryflik. Die kinders het dit vreeslik baie geniet. Dit is die ideale plek vir 'n gesins vakansie.

Daar is swembaddens (warm en koud), 'n waterglybaan, putt-putt, plaasdiere, speletjieskamer, springmatte en nog meer. Ons het die kinders se fietse saam geneem en hulle kon met gemak en veilig enige plek ry. Die oord is goed toegerus en baie netjies. Die pragtigste tuine! 


Dit was noggal besonders warm gewees en die nagte glad nie koud nie. Met ons laaste oggend het die wolke begin saamdrom. Daar was 'n toergroep met pensionarisse en almal werklik baie oulike mense. Die diens by die oord is werklik baie goed. 

Natal is baie ryk aan kultuur en geskiedenis. Ongelukkig kon ons nie die keer van die plekke in die omgewing besoek nie. Maar indien julle ooit daai kant gaan, gaan kyk gerus wat die Berge julle alles bied.

Groete

Maryna