Die Organiese Molekule Kaartspeletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal.
Doel van die speletjie:
Om die konsep te versterk van hoe atome kombineer met koolstof om organiese molekules te maak, met spesiale aandag aan hoeveel verbindings elke tipe atoom kan maak (koolstof kan vier maak, waterstof net een, ens)
Ouderdoms groep:
9 tot 14
Beskrywing van speletjie:
Individuele kaarte is gemerk met die afkortings vir die elemente C, H. O, Cl, N, Br. Elke kaart wys ook hoeveel bindings die atoom kan maak. Spelers sit hul kaarte uit met hul speelbeurt om 'n groot organiese molekule te vorm. So probeer hul om ontslae te raak van al die kaarte in hul hand.
Tyd benodig:
Sommige speletjies is vinnig verby, in net 5-10 minute. Maar die meeste speletjies neem langer, ongeveer 20 minute. Spelers moet aangemoedig word om die speletjie 'n paar keer te speel, die uitkoms van elke spel kan anders wees (soos die molekules gevorm).
Wat jy benodig:
Afskrifte van die patroon bladsye.
Laai die speletjie HIER af.
Hierdie speletjie kan deel uitmaak as kinders besig is om Chemie en die Periodieke Tabel te leer.
Lekker speel.
Groete
Maryna
Showing posts with label Chemie. Show all posts
Showing posts with label Chemie. Show all posts
Saturday, 16 January 2016
Organiese Molekule Kaartspeletjie
Labels:
aflaai,
afrikaanse bronne,
Chemie,
periodieke tabel,
Wetenskap
Friday, 8 November 2013
Periodieke tabel
Laat die Periodieke tabel van Elemente Hier af.
waar jy meer kan leer
Op Mieliestronk kan jy meer leer oor die Periodieke tabel. Onder ander kan jy ook leer oor die verskillende Chemiese reekse waaruit die tabel bestaan. (onder op die bladsy is nog 'n aflaaibare Periodieke tabel)Vir 'n interaktiewe tabel, gaan HIER. Jy kan op die verskillende elemente kliek waar 'n verduideliking sal verskyn. (werklik 'n baie oulike blad.)
Algemene veiligheid vir Chemie.
Geskiedenis van die Periodieke tabel.
Samestellings van die Periodieke tabel.
Gebalanseerde Chemiese Vergelykings.
Aflei van bindingsmoontlikhede.
Periodieke tabel aktiwiteite.
Plastiek: Graad 7
Taal van Chemie.
