Showing posts with label aktiwiteit. Show all posts
Showing posts with label aktiwiteit. Show all posts

Sunday, 28 May 2017

Wat is die gogga in die water?

Het jy al opgemerk hoeveel goggas en larwes daar in water is. Ken jy egter die algemene name van al daai goggas?



Hierdie kaartjies is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop en met toestemming deur my vertaal.

Die teiken ouderdom vir die aktwititeit is vanaf 8 jaar en op. Jy kan die kaartjies gebruik as 'n geheue tipe speletjie, of jy kan snap met dit speel. Alternatief kan jy die kaartjies gebruik as verwysing wat deel uitmaak van jou studie.

Indien jy die kaartjies gaan gebruik om mee te speel, stel ek voor jy druk dit op karton en lamineer dit. Dit sal die kaartjies nog baie lank laat hou. 

Laai die kaartjies HIER af.

Lekker speel en leer.

Groete

Maryna


Monday, 1 May 2017

Chinese Papier Lantern

Maak 'n Chinese papier lantern. Die praktiese aktitwiteit kan gemaak word as deel van 'n studie van China.

Die aktitiwteit is oorspronklik deur Ellen McHenry van die Basement Workshop saamgestel en met toestemming deur my vertaal.

Teiken ouderdoms groep: Enige
 
Tyd benodig: Dit hang alles af van hoeveel tyd die kind spandeer om die draak in te kleur. Gee ongeveer ‘n uur om die hele projek te voltooi.

Wat jy benodig:
-Afskrifte van die patroon bladsye.
-Skêr
-Kryte of inkleur potlode
-Gom
-Skuifspelde
-Kleefband
-Dun wol  (voorgestelde kleure: rooi, geel, swart, wit)

Maak so:
1)Maak afskrifte van die patroon bladsye. Ek stel voor dat jul dit op karton druk, maar gewone papier sal ook werk. Kleur papier of karton sal goed werk, soos bv. geel of oranje vir die draak en rooi en geel vir die buitenste deel van die lantern. Die Chinese gebruik meestal rooi en swart wanneer hulle versierings maak.
2)Kleur die draak in.
3)Volg die aanwysings om die lantern aanmekaar te sit.

Laai die aktiwiteit HIER af.

Lekker skep en leer.

Groete

Maryna

Saturday, 29 April 2017

Papier Virus Model aktiwitiet

Leer 'n bietjie van mikrobiologie deur te leer van die T2 en adenovirusse.

Die aktiwiteit is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming is dit vertaal deur my.

  
Agtergrond informasie
’n Virus is reg op die lyn van lewende en nie-lewend. Alhoewel dit DNS bevat, die boustene van lewe, het ’n virus baie min in gemeen met ’n lewende sel. Dit het nie die organelle wat in lewende selle gevind word nie, soos bv. mitochondria, nukleus, endoplasmiese retikulum en ander buitenste membraan.  ’n Virus beskik nie oor geslagtelike voortplanting nie,  dit kan egter genetiese materiaal uitruil tussen selle. Dit moet homself heg aan ’n lewende sel om nog virusse te maak. ’n Sekere tipe virus kan homself slegs heg op ’n spesifieke sel. Soos bv. ’n virus wat jou longe aanval, val nie jou maag aan nie.
  Virusse het ’n baie geometriese voorkoms. Dit lyk meer soos geometriese figure as
lewende kreatiere. Die adenovirus soos hier gewys het 20 sye. Soms is daar lang skerp pennetjies wat by die hoeke uitsteek. Soek gerus op die internet rond vir nog voorbeelde.
  Die ander virus soos hier aangewys is die T2, dit heg homself slegs aan bakterieë. Jy sal nooit die een kan vang nie. Dit word ’n bakteriofaag genoem. Sy vorm is moontlik die mees interessantste van al die virusse. Soos wat lyk dit vir jou? Dalk ’n ruimtetuig? Die protein is op die boonste deel en die bene onder is wat aan bakterieë vasheg. Die bene trek die lyf af sodat dit aan die sel kan raak, en die virus DNS word in die sel in geblaas.

Doel van die aktiwiteit:
Leer 'n bietjie meer van die T2 en adenovirusse. Maak papier modelle van die twee virusse.

Ouderdomsgroep:
Ongeveer 10 tot 16 jaar.

Tyd benodig:
Ongeveer 15 tot 20 minute per model afhangende of jy dit gaan versier.

Wat jy benodig:
-Skêr
-Gom
-Patrone wat uitgedruk is in kleure van jou keuse
-‘Chenille stems’ (pypskoonmakers) in enige kleur (3 per virus)
-Skuifspelde of wasgoedpenne om die dele aanmekaar te hou terwyl dit droog word
-Enige iets ekstra wat jy wil gebruik om jou virusse mee te versier


Laai die patrone en instruksies HIER af.  

Lekker leer.

Groete

Maryna 

Monday, 16 January 2017

Hoendereier Ontwikkelings Wiel

Die aktiwiteit is oorspronklik saamgestel deur Ellen J McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal. 


Doel van die aktiwiteit:
Om te leer hoe 'n hoendereier ontwikkel en wat gebeur deur die 21 dae.

Ouderdoms groep: Graad R tot Graad 4

Beskrywing van die aktiwiteit:
Soos gesien in die foto hierbo is dit 'n ontwikkelings wiel met nog 'n wiel agter om die ontwikkelings stadium aan te dui (in die oranje venster) soos die kuiken groei per dag. Wat natuurlik gedraai kan word om elke stadium te sien.

Tyd benodig:
Ongeveer 30 minute met knip en inkleur, kan minder wees indien die kinders nie sou inkleur nie.

Wat jy benodig:
Afdruk van die patroon
'n Skêr
Kleur potlode
Wit karton

Laai die patroon aktiwiteit af.

Ouer kinders kan ook die aktiwiteit gebruik in Biologie deur dit binne 'n Wetenskap Joernaal te plak as deel van hul diere studies.

Lekker leer.

Groete

Maryna


 

Sunday, 15 November 2015

Kersfees papier aktiweite

Met Kersfees om die draai leer kinders weer van Jesus se geboorte.

Hier is 'n oulike Diorama en ander papier aktiwiteite van My little House wat die kinders kan knip en plak. Dit is meer vir die jonger kinders maar enige een kan dit geniet veral die modelle (The Nativity Story) heel onder.



Laai die patroon HIER af. 

Hier kan jul die onderstaande inkleurprent aflaai.


Kyk na die 3D papier prente wat jul kan aflaai. Hier is instruksies hoe om die prente aanmekaar te sit.


Laai dit HIER af.


Laai dit HIER af.


Laai die papier modelle hierbo by DIE skakel af.


Lekker knip en plak.

Groete

Maryna


Tuesday, 25 August 2015

Knutsel met Skribbel masjiene

In my vorige skrywe het ek julle bekendgestel aan die die konsep om te knutsel. Daarna het ons afgeskop met die elektriese stroombaan aktiwiteit. Vandag wys ek vir julle hoe om skribbel masjiene te maak.


Verskeie van ons skribbel masjiene
Hieronder is 'n paar video's om te wys hoe ons masjiene beweeg het.






Wat jy alles benodig:
- Bakkies of glasies (enige iets wat nie te swaar is nie)
- Baie velle papier
- Maskeer band
- Kryte of koukie penne
- 'n battery
- 'n motortjie (die tipe wat 'n mens in speelgoed aantref) (maak seker dit het 'n positiewe en negatiewe draadjie aan)
- 'n stukkie gomgeweer stafie (of iets om te gebruik as 'n gewig sodat die motor kan vibreer)
- Opsioneel: pyp skoonmakers, ogies - enige iets om kreatief mee te wees.
Maak so:
- Plak die kryte of penne aan die glasie of bakkie vas met maskeer band. Jy kan enige hoeveelheid gebruik.
- Plak die battery teen jou glasie/bakkie vas.
- Sit vir jou motortjie 'n gewig aan - sny 'n stukkie van die gom stafie, maak 'n gaatjie in. Maak seker die gaatjie is nader aan die een kant as die ander kant sodat die gom nie in gelyk is aan albei kante nie. Druk die gom stafie in die lang deeltjie van die motortjie.
- Plak die motortjie aan jou glasie/bakkie vas. - Jy kan dit enige plek plaas solank dit kan vibreer, op die kante vibreer dit gewoonlik meer. Jy kan self die motortjie onder vasplak dat die glasie/bakkie daarop hop.
-Plaas die velle papier op 'n tafel, so groot as moontlik aangesien die masjiene wild rond hardloop en krap.
- Plak die negatiewe en positiewe dele aan jou battery vas en laat jou masjien hardloop.

Met die aktiwiteit moet jy die kinders vry laat ontdek. Die moontlikhede is eindeloos.

In die volgende knutsel inskrywing gaan ek vir julle wys hoe om naaldwerk stroombane te maak.

Lekker leer en speel.

Groete

Maryna

Tuesday, 11 August 2015

Knutsel met Elektriese stroombane

In my skooldae het ons formeel van stroombane geleer. Die juffrou het die demonstrasie gedoen en ons moes die diagramme teken en al die betekenisse skryf en leer. Klink opwindend nê! Nee nie regtig nie.

Wat as...



Wat as jy vir jou kind komponente kan saamstel wat tot die jongste peuter kan gebruik om te leer hoe elektriese stroombane werk. Sonder dat jy enige insette gee, gee jy jou kind die geleentheid om te beproef en te toets hoe 'n gloeilampie werk en ook 'n skakelaar ens.



Wat jy alles benodig:
- Houtblokkies
- Spykers (geleibaar)
- Soldeerbout
- Krokodil knippies (rooi en swart)
- Gom geweer
- Verskeie batterye 
- Battery houers
- Gloeilamp houers
- Gloeilampies (die wat jy in 'n flits gebruik)
- Gonsers (buzzers)
- Skakelaars
- Enige ander komponente - opsioneel (waaiertjies, verskeie skakelaars, motortjies, ratte wat beweeg ens)

Verskeie komponente en benodighede
Maak so:
Houtblokkies:
Sny houtblokkies groot genoeg om afsonderlike komponente daarop vas te kan sit. (Ek het afval hout stukkies gebruik.) Jy kan 'n handsaag of elektriese saag hiervoor gebruik. Skuur die kante sodat daar geen skerp dele is en om van enige splinters ontslae te raak.

Sit komponente op die blokkie:
Battery houers: Jy kan die battery houer op die houtblok vas skroef. Die enkel battery houers het slegs een gaatjie, ek het dus net een skroef gebruik. Die vier battery houers het vier gaatjies, twee-twee bymekaar, ek het slegs 2 skroewe gebruik, een aan elke kant. Alternatief kan jy die battery houer met 'n gom geweer aan die houtblok vas gom. Slaan twee spykers 'n entjie uit mekaar in die houtblok in. Ek het nuwe plafon spykers gebruik. (My eerste poging met ou gewone spykers was nie suksesvol.) Draai die oop draadjie gedeelte om die spyker en soldeer die draadjie aan die spyker vas. Maak seker daar is behoorlike konneksie teen die spyker om te verseker dat die krag daardeur kan vloei. Plaas nou gom waar die draadjie op die houtblok lê om te verseker alles bly mooi in plek. (sien foto hieronder)



Ander komponente: Alle komponente sal op die blokkie gesit word met of 'n skroef of teen die blokkie vas gegom word. Dit sal presies dan verder vasgesit word soos bo verduidelik. Neem kennis die gloeilamp houers wat ek het is wat ek in die hande kon kry, daar is ander wat slegs met 'n skroefie vas gesit kan word aan die blokkie. Indien jy van die soort het wat ons het, sit dit vas met 'n skroef en slaan die spyker teen die metaal plaat vas sodat daar 'n konneksie kan wees.

Die kind kan met die krokodil knippe die komponente met mekaar verbind. Die doel van die aktiwiteit is om NIE (die ouer) die stroombane vir die kind te bind nie. Dit is slegs jou verantwoordelikheid om alle komponente saam te stel.



Die knutsel aktiwiteite met die stroombane kan kinders van enige ouderdom doen, selfs kleintjies. Die kinders geniet dit baie. Moet nie sommer inspring en met jou eie hande wys nie, jy kan slegs met jou mond voorstelle maak. Laat hulle verskillende skakelaars probeer en ook waaiertjies aansit ens.

Neem kennis:
Gloeilampies: Maak seker wat die volt sterkte van jou gloeilampie is, moet nie meer as een battery wat 1.5V is op 'n gloeilampie sit wat ook slegs net 1.5V is nie, jy sal dit blaas. Indien jou gloeilampie 3.5V is, gebruik dan twee batterye ens.
Skakelaars: Indien jou skakelaar meer as een posisie het is dit belangrik om te onthou daar is altyd net een negatief op die skakelaar en die res is almal positief.

Ek het 'n multimeter (multitester) by my man gekry. Dit het my baie gehelp om te toets of al my komponente kontak het op die spykers. Dit is nie 'n moet item nie.

Wenk: Neem jou tyd met die aktiwiteit en ook om die komponente bymekaar te sit. Toets eers alle komponente voor jy dit vir jou kind gee om mee te werk. 

Neem dit verder: Indien jou kind vertroud is en voel hy/sy het genoeg dae met dit spandeer leer hulle hoe om stroombaan diagramme te maak. Laat hulle 'n spesifieke stroombaan bou en dit dan te teken. Verduidelik hoekom wat gebeur of hoekom nie. Leer vir hulle die simbole ens. 

'n Woord oor soldeer: Dit was my eerste keer dat ek self gesoldeer het. Dit neem geduld en oefening. Ek is tans in die proses om 'n kort Strokiesprentboek in Afrikaans te vertaal wat wys hoe om te soldeer. Ek sal dit plaas sodra ek klaar is.

Ek hoop julle geniet die aktiwiteit soveel soos wat ons dit geniet. Indien julle enige vrae het, vra gerus en deel julle ondervinding met dit.

In die volgende knutsel inskrywing gaan ek vir julle wys hoe om skribbel masjiene te maak. Dit is vet pret vir die kinders!

Groete

Maryna

Tuesday, 4 August 2015

Om te knutsel

Die woord knutsel mag moontlik vreemd wees vir sommiges. Meeste ken dit maar as die Engelse woord Tinker.

Nou wat presies is knutsel en hoekom is dit so belangrik?

Knutsel gee jouself en jou kinders die vryheid om te kreatief te raak, om 'n oplossing te vind vir moontlike struikelblokke, om te leer terwyl hul met hul hande werk. Hul leer om hul verstand te gebruik en toe te pas wat hul ontdek of leer het.

Kom ons neem die Disney karakter Tinkerbell vir 'n oomblik, sy Tinker, sy skep, maak iets uit niks.

Stel jul skooldae so voor: Wiskunde werkboek, taal werkboek, Wetenskap - vul hier, kyk 'n video daar, ma wys en hulle sit en gaap. Dit geld vir menigte vakke.

MAAR stel jouself nou dit voor: Jul haal 'n boks uit die kas vol verrassings. Dit is nou natuurlik as jy nie reeds 'n knutsel ruimte het nie. Binne is daar draadjies, batterye, liggies, ratte, wieletjies, waaiertjies en nog vele meer. Jou kinders se oë rek van opgewondenheid.

Hulle pas en toets en speel. Dit werk saam, dit werk nie saam nie, dit kan so beweeg en dit hop op en af. Ma antwoord net nou en dan as die kind 'n vraag vra. Baie belangrik ma help nie, ma bou nie. Ma kyk hoe haar kinders ontdek en skep.

Nie net kan knutsel gebruik word in Wetenskap nie, maar hul kan ook Wiskunde daaruit leer, of Aardrykskunde of self hul taalvermoë uitbrei en opbou. Knutsel stel hul in staat om 'n wye spektrum van dinge te leer sonder dat hul besef hul leer.

In die Ted video hieronder wys die kunstenaar CH Huang wat hy alles met sy geknutsel maak.


Dit klink en lyk opwindend!

In my volgende inskrywing gaan ek jul wys hoe om basiese elektroniese komponente saam te stel vir die kinders om mee te knutsel. Dit gaan vet pret wees.

Groete

Maryna

Monday, 1 June 2015

Klank aktiwiteite

Sien klank

Hierdie klank aktiwiteite het ons 'n paar jaar gelede gedoen.

Ek het vergeet om 'n foto van die eerste een te neem maar onder is 'n prentjie om vir jul 'n idee te gee.

Wat jy benodig:
'n Bak, plastiek, rekkie, kleefband, 'n paar ryskorrels, 'n pot en 'n houtlepel.


Foto bron: Sound - tune into sound and see the way it works by Steve Parker


Maak so:
Nes in die foto hierbo, plaas die kleef plastiek oor die opening van die bak, hou dit in plek met die kleefband en rek 'n rekkie oor die bokant van die bak. Plaas 'n paar ryskorrels bo op. Neem die pot en hou die naby die bak, slaan met die houtlepel op die pot.

Wat gebeur:
Die houtlepel wat op die pot geslaan word veroorsaak klankgolwe. Die klankgolwe laat die plastiek vibreer en die ryskorrels spring op en af.

Die eksperiment wys vir ons hoe 'n oordrom werk. Klank gaan binne die oordrom wat dan vibreer en so hoor ons die klanke om ons. 

Skiet met klank

Wat jy benodig:
'n Toilet rolletjie; plastiek, rekkie, stukkie karton, stukkie papier.

Maak so:
Knip die karton rond (net so groot soos die rolletjie se opening). Maak 'n gaatjie in die karton. Met kleefband plak die stukkie karton aan die toilet rolletjie vas. Op die ander punt, trek die plastiek oor die rolletjie vas met die rekkie soos in die foto. Plak 'n stukkie papier op 'n tafel oppervlak vas. Maak seker 'n langer strook staan regop soos in die foto. Hou die rolletjie taamlik naby die papiertjie en skiet die plastiek deel van die rolletjie met jou vinger.

Wat gebeur:
Die klankgolwe kompak en beweeg deur die rolletjie en uit by die gaatjie in die karton. Die golwe slaan teen die papiertjie vas en veroorsaak dat die papiertjie agtertoe buig.

Alternatief: In plaas daarvan om 'n papiertjie te gebruik, kan jul 'n kers gebruik wat aangesteek is. Die klankgolwe sal die kers dood blaas.

Hoor klank

Wat jy benodig:
'n Dun plastiek pyp, 'n tregter en kleefband.

Maak so:
Maak 'n stetoskoop
Plaas die tregter binne in die pyp se opening en plak dit stewig vas met kleefband. Maak seker dat geen lug ontsnap nie. Ons het dit oorspronklik met die pyp soos in die foto gedoen, maar met 'n volgende keer 'n langer en dunner pypie gebruik wat beter gewerk het.

Wat gebeur:
Wanneer jy die tregter op die kind se bors plaas kan die hartklop duidelik gehoor word, nes 'n dokter na ons harte luister. Die klankgolwe van die hartklop versamel in die tregter en beweeg in die pyp af na die oor. 


Luidspreker
Wat jy benodig:
'n Groot vel karton en kleefband.

Maak so:
Rol die karton soos in die foto en plak dit vas met kleefband sodat dit nie uitrol nie.


Luidspreker


Wat gebeur:
Die 'horing' neem al die klank op en voor dit vrygestel word, versterk die klank vorentoe wanneer daardeur gepraat word. Wanneer jy daarin luister gaar al die klank in die oop kant en beweeg vorentoe na jou oor.
 
Stembande vibreer en vorm klanke wanneer die lug uit jou longe gestoot word.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Thursday, 30 April 2015

Tuisgemaakte speel klei van deeg

 As kinders siek is en werklik nie krag het vir skoolwerk nie, is daar altyd ander idees om hulle besig te hou. Klei speel is een van daai idees. 

Hierdie was deel van 'n baie ou blog skrywe wat ek op my Engelse blog geskryf het. Ek plaas dit hier vir diegene wat graag vir hulle kinders wou doen.

Tuisgemaakte klei van deeg.


Ons het 'n groot ou plastiek koekblik wat vol verskillende vorms is. Ons gebruik dit nie vir koekies nie, maar wel vir klei. Dit kan hul ure besig hou.

Sagte klei resep

Wat jy benodig:
2 koppies meel
1/2 koppie sout
1 eetlepel kookolie
1/2 koppie water
Kleursel

Maak nou so:
Meng alles saam in 'n bak - gebruik sommer jou hande ;)
As dit te droog is, voeg 'n bietjie water by, maar net 'n bietjie op 'n keer.
As dit te nat is, voeg nog meel by.
Knie dit tot jy dit in 'n bal kan vorm en haal dit uit die bak.
Op 'n meel bestrooide oppervlak, knie dit nog 'n bietjie tot dit ferm is.
Gooi kleursel oor en knie dit nog. Jou hande gaan wel gevlek word in die meng proses. Meng dit deeglik in tot geen kleursel meer afgee nie. (niks wat water en seep nie kan reg maak)
Bêre die klei in 'n plastiek houer.

Wenke:
*As jy die kleursel deeglik in die klei meng sal dit nie op klein handjies afgee nie :) 
*Ek het die deeg in kleiner bonneltjies verdeel en elkeen 'n ander kleur gekleur.
*Ek het kleursel gebruik wat in 'n 'gel' en poeier vorm was.

Hierdie 'af' dae gee ons moeders kans om met ander goed op te vang of om bietjie ietsie te doen wat ons self graag wil doen.

Lekker speel

Groete

Maryna

Thursday, 9 April 2015

Vingerafdrukke

Ons het 'n paar jaar gelede die aktiwiteit in ons studie oor sintuie.

Hierdie is egter 'n onderwerp wat ons weer gaan behandel maar bietjie dieper in die onderwerp in delf.

Daar is geen mense wat dieselfde is in die hele wêreld nie, nie eens 'n identiese tweeling nie. Net soos ons DNA verskil, so verskil on vingerafdrukke ook. Dit is wat jou 'n identiteit gee. Polisie gebruik vingerafdrukke om te bepaal of iemand 'n verdagte is. 

Hier onder is 'n aktiwiteit om die kinders se vingerafdrukke te neem.

Wat om te doen:
1. Neem 'n gewone grys potlood en krap dit op 'n stuk papier.
2. Plaas jou kind se vinger op die gekrapte merke.
3. Gebruik dan bree kleefband of kontak plastiek en plaas dit op jou kind se gesmeerde vinger, druk op die kleefband en trek dit af.
4. Sit nou die kleefband op 'n papier en siedaar, vingerafdrukke.

Leers hier op Mieliestronk meer van vingerafdrukke.
 
Nog 'n aktiwiteit, vingerafdruk mannetjies.

Ons het die boek gebruik Great Thumbrpint Drawing Book deur Ed Emberley's wat ons by die biblioteek gevind het. Daar is verskeie drukke van die boek.

Meer oor ons vel

Die ongelooflikse feit van vel is dat dit die grootste orgaan van die menslike liggaam is. Dit weeg ongeveer 15% van jou massa.  Wanneer jou warm kry, sweet jy, die sweet verdamp en verkoel jou liggaam.


Dit is belangrik wanneer ons kinders oor vel leer, dat ons ook vir hul leer hoe om dit te versorg, dit sluit sonskerm en vele meer in.

Lekker leer.

Groete

Maryna