Friday 7 March 2014

Leer Bybel verse op 'n maklike manier

In ons huis word God betrek by elke deel van ons lewe. Dit is vir ons ongelooflik belangrik dat ons kinders moet weet wat van hulle verwag word en hoe om 'n Goddelike karakter te bou en dit toe te pas.

Om 'n verhouding met God te bou moet jy ook die Woord ken.


Ons gebruik tans 'n oulike reeks boeke Learning the Word for Life. Hierdie boeke kan as e-boeke aangekoop word van Bible Draw wat ook beter bekend staan as Picture Bible. Of jy kan die gedrukte boeke koop deur Oikos Ministries in Suid Afrika.

Die doel agter die boek is om vir 'n kind teksverse uit die Bybel te leer deur dit aan 'n prentjie te verbind. Jy kan vir jou kind eers die hele teks lees. Dan net die eerste gedeelte wat hulle kan koppel aan die eerste deel van die prentjie - soos dit uiteengesit word in die boek (sien foto hieronder). Elke dag doen hul net een deel en ook sy ooreenstemmende deel van die vers. Aan die einde van 'n week behoort die kind elke dag 'n stukkie by te geleer het en kan die hele vers aan jou oordra. Daar word dus een kerngedagte per week geleer wat uit meer as een opvolgende verse bestaan.

Die reeks bestaan uit drie boeke. Die opvolg hiervan is die Picture Bible wat in twee boeke beskikbaar is: Die Nuwe Testament en Die Ou Testament.
 
In die foto hieronder kan jy sien hoe elke deel opgebreek word. Aan die linkerkant wys die dele van die prent en ook die teks gedeelte onder dit. Aan die regterkant sien jy hoe die student se bladsy lyk. Ek het in potlood die Afrikaanse teksverse geskryf aangesien ons dit natuurlik in Afrikaans doen. Ons gebruik die 1933/53 vertaling van die Bybel.

Voorbeeld uit die ouergids

Die foto hieronder is uit die studente boek. Aan die linkerkant is daar 'n plek wat jy 'n 'gesprek' met God kan neerpen. Ons gebruik dit egter om die verse in Afrikaans te skryf.


Voorbeeld uit die studente boek

Hier is voorbeelde van hoe die kinders dit gedoen het. Ek moet ook bynoem dat ek ook 'n boek het en dit saam met hulle doen.

Voorbeelde uit Makayla se boek

Voorbeelde uit Matthew se boek



Die kinders geniet dit geweldig om die teksverse te leer en die prentjie te doen. Ja ma ook! Dit is belangrik dat ons nie net altyd vir ons kinders goed gee om te doen en verwag hulle moet net self voortgaan nie. Ons moet self toepas wat ons vir hulle leer en dit saam met hulle geniet.

Maak God deel van julle dag.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Dit is baie oulik en sal beslis vir ons ook werk. Met die boek wat ons huidiglik gebruik doen ons iets soortgelyks, behalwe dat ons self 'n prentjie moet teken oor die "les" wat ons geleer het. Ek het ook 'n boek, so ons al drie sit saam en bybelstudie doen, en ek vind dat as mamma kan eerlik wees oor haar gevoelens en gedagtes, dan voel die kinders nie "apprehensive" om hul eie gevoelens te verwoord (of teken) nie.

Dankie dat jy met ons gedeel het. Ek sit dit sommer nou op die toekoms-lys.

Maryna Moolman said...

Die kinders is werklik mal hieroor en leer baie op 'n prettige manier :)

Post a Comment