Met paasfees om die draai, is winkels oorlaai met paashase en lekkergoed eiers.Ons weet mos wat die werklikheid omtrent Paasfees is!!
Ondertoe is twee videos wat ALMAL moet kyk!
Hier is 'n paar knip
en plak aktiwiteite van My little house. 'n 3D papier prentjie, inkleur
bladsye, ietsie om te lees (is wel in Engels maar jul kan dit vir die
kinders oorvertaal) en papier mannetjies om te bou.
Dit is ons verantwoordelikheid as ouers om die werklike paas storie van Jesus lewendig te hou vir ons kinders. Ons en ons kinders moet weet en besef watter groot opoffering gemaak was vir ons. Kyk gerus na die musiek video Above all van Micheal W. Smith wat dele van Passion of the Christ wys. Dit is ongelooflik hartroerend.
Kan ons werklik begryp waardeur Jesus moes gegaan het. Nie net die fisiese pyn wat hy ervaar het nie, maar oor die pyn om verraai en verloon te gewees het deur die manne wat hom gevolg het.
Indien jul nog nie die film Son of God gekyk het nie, doen julself 'n guns en kyk dit. Dit beeld Jesus se lewe kortliks uit. Hier is 'n kort voorskou van die kruisiging.
Baie mense mag moontlik nie die films kyk of selfs vir hul kinders wys omdat dit so wreeds was. Maar kyk dit! Wys dit vir hulle. Dit het gebeur en dit is wat onvoorwaardlike liefde doen! God het sy enigste Seun gegee sodat ons kan lewe!
My little House is moontlik een van die oulikste plekke om van Jesus te leer op 'n prettige manier.
Elke maand plaas Martin Didier (die skepper en meesterbrein agter die blad) knip en plak kalenders met 'n Bybels tema.
Dit is wel in Engels maar dit kan maklik vir jou kinders in Afrikaans
verduidelik word. Dit is nie net 'n kalender nie, maar daar is 'n les of
tema saam elke maand. Voorbeeld: September maand hieronder
gaan oor koning Salomo. Daar word kortliks verduidelik wat gebeur het
en dan ook teks verse wat jy moet gaan opsoek en lees.
Van tyd tot tyd word nuwe Bybel papier 'speelgoed' bekend gestel.
Hierdie stelle is ideaal om nie net vir jou kinders van God te leer nie,
maar dat hulle ook self die verhale in die Bybel kan uitbeeld deur
spel. Die papier modelle is eenvoudig en nie moeilik om te bou nie. Ek
stel egter voor dat jy dit saam met jou jonger kind doen en dit 'n
familie projek maak. Sien hieronder die dorp Bethlehem. Hierdie is 'n pragtuk en kan 'n kind vir dae lank besig hou om die geboue en mannertjies aan mekaar te sit.
Gaan loer gerus op My little House se webblad. Daar is baie om te sien, neem dus jou tyd en snuffel rond.
Ek is 'n Tuisonderwys ma van twee pragtige kinders. Ons woon in Amanzimtoti - KwaZulu Natal. Ek is ook 'n vryskutskrywer, vertaler en kunstenaar. Indien jy met my wil kontak maak stuur gerus vir my 'n e-pos na moolmanmaryna@gmail.com.