Friday 10 January 2014

Sonnestelsel Paspoort


Verlede jaar het ons met die boek begin My Reisgids tot die Sonnestelsel en Verder. Dit is 'n opwindende boek wat vertel word uit die oog van iemand wat rond reis. 

In die boek kan die basiese inligting geleer word van verskillende planete en dinge in die sonnestelsel. 

Voorbeeld uit die boek oor Venus

Voorbeeld uit die boek oor Jupiter
Ek het 'n Paspoort gemaak wat die kinders net 'n paar feite kan inskryf en ook 'n 'stempel' kan inplak van watter plek hulle laaste besoek het. 

Voorbeeld van hoe die Paspoort lyk

Soos daar deur die boek gewerk word en elke afdeling behandel is, kan die kind sy stempel uitknip en by die nodige plek plak.  Op die bladsy van Vinnige Feite kan hulle enige ietsie wat hulle geleer het van daai  planeet of ster skryf.

Hierdie is net ‘n ekstra  bron om dit bietjie meer prettig te maak. Laai die Paspoort HIER af.

Maak die Paspoort so:
Druk bladsy 2 uit op karton. Dit is die buiteblad.  Indien moontlik  lamineer dit. Moet nie die twee blokke van mekaar wegknip nie. Sien die foto hieronder. (een van die stempel en feite bladsy as voorbeeld)



Druk bladsy  3 to 10 voor en agter. Met ander woorde bladsy 3 voor en bladsy 4 agter ens.  Op bladsy 3 is die eerste twee blokke oop. Dit moet so wees om die binneste bladsy van die boeke oop te hou en sodat die stempel en feite bladsy oop oormekaar vertoon.

Op die eerste skoon bladsy kan jou kind ‘n fototjie van hom/haar plak of ‘n prentjie van hulself teken.

Druk bladsy 11 tot 13 op enkel bladsye uit. Dit is die stempel wat uitgeknip
moet word. 
 
Kram die die bladsye nou in die middel vas sodat dit ‘n boekie vorm. Boontoe kan jy 'n voorbeeld sien van my klaargemaakte Paspoort boekie.

Indien julle hierdie met iemand wil deel, laat hulle dit asseblief van my blog aflaai. Plaas dus 'n skakel hierheen. Dankie!

Geniet dit en laat weet my of die kinders daarvan gehou het.

Groete

Maryna


2 comments:

AutumnVine said...

Baie dankie Maryna, ek gaan hierdie defnitief gebruik vir ons reis om die son. Ek het dit ook op 'n Afrikaanse facebook blad gedeel. Januarie 2015
Esther

Maryna Moolman said...

Hallo, ek is bly as dit kan help. Ek hoop om nog 'n paar nuwe dinge binnekort op die blad te plaas.

Post a Comment