Tuesday 26 January 2016

Sien die potensiaal!

Met die onlangse gesprek in die Tuisonderwys yahoo forum oor kinders wat reeds klaar is met hul skoling, het ek gedink om iets met julle te deel.


Julle weet ek het twee kinders, maar baie weet moontlik nie dat ek ook twee stiefseuns het. Hul is woonagtig by hul ma in Pretoria.

Albei het begin Tuisonderwys in laerskool (dink van graad 4/5 af). Hul ma het hul ingeskryf by 'n formele kurrikulum verskaffer en daar was hul vir baie jare. Die oudste een later in Graad 11 oorgegaan na 'n baie bekende kurrikulum verskaffer en die ander seun toe Graad 10. Dinge het so verloop dat daar oneindige probleme met die verskaffer was, opdragte konsuis nooit ontvang ens. Die oudste het op die einde van die dag Graad 12 gedruip. Hy was reeds baie ouer aangesien hy alreeds tevore ander grade nie geslaag het nie.

Hy het later in verlede jaar (2015) by 'n FET kollege ingeskryf en daar leer hy nou. (Na hy net nie geweet het wat om met sy lewe te doen nie.) (Hy is tans 21)

Die jonger seun (word binnekort 18) het heel jaar verlede jaar (2015) goed gevaar en toe skielik met eksamen alles gedruip, dus nie die jaar gemaak. Hy het egter ook hierdie jaar ingeskryf by dieselfde FET kollege deur wie sy broer leer.

Met die laaste kuier vorige kersfees, het albei seuns vir ons vertel hoe min hul van Tuisonderwys gehou het en dat hul dit NOOIT vir enige iemand sal aanbeveel nie.

Ek het amper van my stoel afgeval. Ek kon nie my ore glo nie. My twee jonger kinders is gek daaroor en floreer en leer ontsaglik baie.

Nou wat is my punt nou eintlik hier.

As jy nuut is, dink mooi voor jul net by 'n plek inskryf omdat dit 'n groot naam het met al die sogenaamde 'bells and whistles'. Dinge is nie altyd soos dit voorkom nie. Doen jou huiswerk. Daar is ander alternatiewe.

Of Tuisonderwys 'n sukses is of nie, het alles te doen met die ouer se betrokkenheid. As jy nie jou kind gaan help en hul leer en die proses saam hul deur gaan nie, gaan jou kind probleme ondervind. Hy/sy gaan dit moontlik haat en natuurlik sukkel.

Ek gesels nou die dag met 'n Tuisonderwys moeder wat vir my vertel sy het nie tyd om vir haar kind goed te doen nie. Ek kon nie help om te wonder  nou hoe op des aarde doen hul dan Tuisonderwys? Nou kyk, in alle eerlikheid, as jy wil Tuisonderwys maak jy eenvoudig tyd. Dit is 'n ongelooflike voorreg om dit te kan doen.

Sien jou kind se potensiaal raak en help hul om hul passie te ontwikkel, dit alleen gaan baie deure vir jou kind oopmaak.

Ek hoor graag van jul en jul opinies hieroor.

Groete

Maryna

1 comments:

Anonymous said...

Ek stem absoluut met jou saam. Die dag as jy besluit om jou kinders tuis op te voed, gaan dit oor prioriteite en kompromie, 'n balans wat gehandhaaf moet word. Ongelukkig is daar baie groepe wat geld wil maak uit TO, en dit gaan nie vir hulle oor wat in die beste belang van die kind is nie, want hulle wil net skool voortsit by die huis, ten koste van die kind en gesin, en die verskillende persoonlikhede en leer verskille. Dit is 'n baie lang gesprek hierdie, maar kom op die ou einde neer op prioriteite en balans.

Post a Comment