Wednesday 30 September 2015

Boekloer: Blokraaisels vir Aapsterte

'n Baie goeie en oulike manier om kinders te help met hul woordeskat en spelling is deur blokraaisels te voltooi.

My kinders geniet die boek vreeslik. Ons het na aanbeveling van Lindi Malan van Beithasefer die boek aangeskaf. Ons het egter besluit om eers boek drie te probeer.



Ek het die antwoord gedeeltes in die boek uitgehaal sodat die kinders nie na dit kan loer nie. Ons doen dit saam en die kinders kry elkeen 'n beurt om te lees en te antwoord. Ek kan al klaar 'n verbetering in hul spelling sien.


Voorbeeld uit die boek
Sodra daar iets nuuts opkom wat ons dalk nie behandel het nie, staan ons 'n oomblik stil by dit en ons bespreek dit.


Antwoorde vir elke blokraaisel
Die boek het vyftig blokraaisels in en daar is tans drie boeke in die reeks.

Opdateer Julie 2017: Blokraaisels vir Aapsterte is ongelukkig uit druk uit. Jy kan egter die boekies Blokkies vir Slimkoppies in e-formaat HIER bestel. Dit is saamgestel deur dieselfde dame wat Blokraaisels vir Aapsterte saamgestel het.

Gee dit gerus 'n kans.

Lekker leer.

Groete

Maryna

4 comments:

Unknown said...

Dit lyk baie oulik. Ek het as kind Huisgenoot se blokraaisels ingevul, en dit kan definitief help met spelling en algemene kennis.

Unknown said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Unknown said...

Goeiedag,

Waar kan ek van die boeke kry, het al oral gesoek.
Dankie
H

Maryna Moolman said...

Hallo,

Ek het bietjie gaan rondsoek, lyk dit is so skaars soos hoendertande deesdae. Maar kon wel hier opspoor http://www.eduplaytime.co.za/index.php/shoponline/language-games-teaching-aids/blokraaisels-vir-aapsterte-1,2-3-detail

ook

http://pandaboeke.co.za/shop/blokraaisels-vir-aapsterte-3/

en dan verkoop Lizelle Rademeyer ook Blokraaiboeke. Dit is saamgestel deur dieselfde dame wat die Blokraai vir aapsterte saamgestel het. Hier is haar blog link https://lomi.co.za/blokkies-vir-slimkoppies/

Hoop jy kom reg.

Post a Comment