Thursday 30 April 2015

Gunstelling kurrikulum wat werk!

Ek het in die jare wat ons Tuisonderwys werklik al baie boeke aangekoop. Sommiges was goed, sommiges nie so goed. 

Ons het ook al 'n paar verskillende kurrikulums probeer van verskeie buitelandse verskaffers. Ek deel graag ons gunstelling en beste beleggings wat ons nog gemaak het.

My top twee gunstellinge is Math U See Wiskunde program en Fix It! Grammar van die IEW (Institute Excellence in Writing).

Hoekom is hierdie gunstellinge? Want dit werk! My kinders is elke dag opgewonde om albei hul Wiskunde en Grammatika werk te doen. Hulle leer daaruit, bou daarop en onthou dit. Die vrugte word gepluk van albei die programme, ek sien hoe hulle vorder. Daar was nog nie een dag waar ons wou hare uit ons koppe trek oor enige van die vakke nie.

Dink hieroor:Daar is so baie programme wat oulik is, die kinders kan dit getrou elke dag doen. Eendag probeer jul weer terug gaan na iets wat 'n ruk terug behandel was en dan onthou hul niks. Dit is die laaste ding wat enige ouer wil hê. Daai vaslegging van iets is so belangrik. Daarom geniet ons MUS en Fix It so baie, want hulle onthou alles.

Ek moet erken ek self leer ook so baie met die programme.

Die aankoop kostes is gewoonlik prysig, maar dit is elke sent werd. MUS kan aangekoop word deur Oikos wat in Howick is. Hul lewer sommer binne 'n paar dae by jou deur af. Fix it moet jy egter van oorsee bestel. Gee jouself meer as 'n maand. Ek het die hele reeks op een slag bestel om posgeld te bespaar. 

Ons probeer soveel as moontlik om nie heeltyd boekwerk te doen nie, maar te leer deur te ontdek en dieper in verskillende onderwerpe te delf. Ons maak ook baie gebruik van speletjies, allerhande soorte. Dit sluit taalwerk in ;)


Wat is julle gunstelling? Gesels laat ons hoor :)

Groete

Maryna

3 comments:

Anonymous said...

Ons gunstelinge is ook taal en wiskunde. Ons gebruik Omvattend Afrikaans, maar ons oudste moet probeer om 'n prentjie te teken vir elke woord van die week wat hy leer. Dit geniet hy die meeste.
Vir Engels gebruik ons Easy Peasy se Getting Ready 1, op die internet. Ek lees die letter/klankie se diere storie terwyl hulle of 'n prentjie teken of inkleur van daardie betrokke dier (bee for b sound), of 'n "craft" doen, wat teen die muur opkom by die betrokke letter. Weereens die storie, met inkleur, teken of iets doen. Dan is daar Life of Fred vir Wiskunde. Dit is alles stories en hulle kom nie altyd eens agter hulle het wiskunde geleer nie! Die seuns het geen probleem met stories nie.

Wel ek moet erken, hulle is mal oor boeke, selfs nie-fiksie, solank daar prente by is. Ek kan enige boek uit die boekrak trek en hulle sal nuuskierig en gretig naderstaan dat ons kan lees en bespreek.

Nelba said...

Ons hou ook van MUS. Ek koop die Oxford-boekies aan vir lees, want hulle het oulike stories .Ek sien my 7-jarige het nou begin inisiatief neem met lees en ek laat hom baie biblioteekboeke uitneem, dus weet ek ook nie of ek verder daarop geld gaan spandeer nie.

Maryna Moolman said...

Dankie vir julle insette Elize en Nelba.

Nelba, ek stem daar is baie oulike goed wat in die Biblioteke is. Ek het egter al gevind dat as ek 'n oulike boek sien wat ek langer wil hê, maak ek 'n nota van die boek se naam en koop dit. Is eintlik onnodige geld mors aangesien kinders tog baie boeke ontgroei. Dink jy het 'n goeie plan daar beet.

Elize, ek wens my kinders was jonger dat ons ook Omvattende Afrikaans kon doen, klik werklik oulik.

Post a Comment