Monday 9 March 2015

Engelse Grammatika Fix It! Grammar

Begin van die jaar het ek baie onrustigheid gehad oor ons Engelse program. Ek het rond gesoek, na voorbeelde gekyk en hier en daar iets vir 'n toetsloop geneem.Dit was werklik nie 'n besluit wat ek ligtelik geneem het nie.

Ons het dus LLATL (Learning Language Arts through Literature) heeltemal gestaak en oorgegaan na die IEW (Institute for Excellence in Writing).

Dit is 'n groot verandering en ek wil graag my opwinding van ons nuwe Grammatika program met jul deel.



Fix It! Grammar is al 'n geruime tyd beskikbaar van IEW. Hul het egter dit uitgebrei en daar is nou ses boeke beskikbaar. Ek het dus die nuwe weergawe aangekoop. Hierdie was my eerste bestelling van oorsee wat skoolboeke betref.

Fix It! Grammar werk so: Dit word vier keer per week gedoen. Elke dag kry die kind een sin. Uit daai sin is daar 'n woordeskat woord wat hul moet opsoek. Die sinonieme wat die beste by die sin pas word dan geneem en agter in 'n boek geskryf. Daar word elke week 'n nuwe konsep/reël bekend gestel. Die kind leer hoe om op te let vir paragraaf merke. Hul leer bv in week een van Indent, nouns, end marks en homofones

Elke week is daar 'n nuwe kaartjie wat vir die kind gegee word. Voor op die kaartjie staan die naam en letters. Agterop 'n verduideliking van wat dit is. Soos bv met noun is daar 'n n by. 
 
Hoe die kaartjies lyk

Die kind lees die sin en bo die sin merk hul al die nouns met 'n n. Hul doen ook dieselfde later vir articles ens. Hul voeg ook die end merke aan die einde van die sin, soos bv 'n punt, uitroepteken of vraagteken.Indien daar 'n homofoon sou wees soos bv there/their/they're moet hulle die regte een onderstreep en die twee wat nie pas dood getrek. Elke week kom daar iets nuuts by. Heelwat later moet hul dele van die sin verander. Die kind leer dus hoe om die nodige wysigings in hul skryfstukke te maak.

Voorbeeld uit die Onderwyserboek
Nog 'n voorbeeld uit Onderwyserboek
Voorbeeld uit Studenteboek wat gemerk is
 Die sin word dan in 'n boek oorgeskryf sonder die merke wat bo gemaak was. Hul leer hoe om korrek die sin te skryf, dubbel spasies en om die end merke by te voeg. Homofone word slegs die korrekte een in die sin geskryf.

Voorbeeld uit Matthew se boek

Elke dag is daar 'n sin en aan die einde van die jaar het hulle 'n hele storie geskryf.

Hoekom gebruik ons nou juis die program? Dit neem niks meer as 15 - 20 minute per dag nie. Die eerste dag van die week verduidelik ek vir die kinders die nuwe grammatika en hersien die wat reeds gedoen is. Die kinders leer op 'n maklike manier hoe om grammatika te doen deur dit fisies toe te pas uit 'n storie en nie net onderstreep hier en vul in daar nie. Die program is anders as enige ander programme wat ek ooit gesien het. Die kinders is absoluut mal oor die program. 'n Bonus is dat dit help met spelling en dit help hul ook om te dink.

Die reeks bestaan uit die volgende boeke:
Boek 1: The Nose Tree
Boek 2: Robin Hood
Boek 3: Frog Prince, or Just Deserts
Boek 4: Little Mermaid
Boek 5: Chanticleer
Boek 6: Sir Gawain and the Green Knight

Almal moet verkieslik met boek 1 begin. Indien 'n kind nie sou, glo ek sal hul totaal verlore wees in die program en nie weet hoe om wat en wanneer te doen nie. Die boeke bou op mekaar. 

Ek stel voor dat julle na die voorbeelde van die boeke kyk.

Die fisiese onderwyser boek moet aangekoop word. Voor in die boek is daar die skakel na die studente boek in e-formaat wat gratis afgelaai en dan natuurlik uitgedruk word. Jy benodig ook 'n lyntjie boek vir elke kind.

Groete

Maryna

2 comments:

Unknown said...

Hierdie inskrywing is vir my baie interessant. Ons het ook met LLATL begin, maar my seun het dit glad nie geniet nie. Hy lees nog die boeke, maar ons het die Oranje boek gestaak.

Maryna Moolman said...

Dankie vir die inloer. Ongelukkig was my twee ook nie meer gelukkig met LLATL nie. Ek hou baie van die Christelike aspek daarvan en die idee om dit, maar 'n mens moet maar soms weet waar om maar te stop as iets nie meer werk of genoeg is nie.
Ek het ook die TWSS (Teaching Writing Structure & Style) van IEW gekoop. Ek het nog nie al die DVDs gekyk nie maar is nou werklik interessant.
Ek het ook die Student Writing Intensive vlak B gekry. Ons gaan eers met die volgende kwartaal met dit begin. Ek is van plan dat hul later van die tema boeke ook doen.
Ek sal as ons aan die gang is met alles ietsie daaroor skryf.

Post a Comment