Friday 10 October 2014

Gewyde liedjies vir die jongspan

Ek het op 'n boekie afgekom wat my kinders gekry het toe hulle nog in die kleuterskool was jare gelede.

Ek deel graag die liedjies met julle. Ek ken wel nie almal nie en ook nie al die versies nie maar dalk kan jul dit gebruik :)


Jesus is so lief vir Kinders

Jesus is so lief vir kinders,
Hy roep kindertjies na Hom.
Geel of wit of swart of bruin,
Elke kindjie groot en klein.
Jesus roep nou al die kindertjies na Hom.

God is so goed

God is so goed  x3
Hy’s so goed vir my
Hy maak my vry.
Hy maak my bly.
Hy is so goed
Hy’s so goed vir my.

Hy hou die hele wêreld

Hy hou die hele werêld in Sy hand x3
Hy hou ons almal in Sy hand.
Hy hou vir Mamma en Pappa in Sy hand x3
Hy hou ons almal in sy hand.

Saggeus

Saggeus was ‘n klein, klein man
Kort en klein was hy.
Toe maak  hy ‘n slim, slim plan
Want Jesus stap verby.
En hy wou ook vir Jesus sien
Toe klim hy in ‘n boom.
Maar Jesus roep: “Saggues Kom!”
Ek wil by jou woon.
Ek wil by jou woon.

Noag se ark

Daar was ‘n perd en ‘n bees en skaap
En ‘n vark en ander diere in Noag se ark.
Die Here het gesê
“ ‘n ark moet jy bou,
Die reen kan maar kom,
Ek sal sorg vir jou.”
Noag was getrou,
‘n ark het hy gebou.
Loof Hom met die tromme

Loof hom met die tromme,
Loof Hom met die harp,
Loof Hom met die klinkende simbale,
Alles wat asem het,
Loof, loof die Here.
Alles wat asem het,
Loof, loof die Heer.

Stille Nag

Stille nag, Heilige nag!
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig, uit die Vader se ryk,
Word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse kind x2

Ho-Ho-Ho-Hosana

Ho-ho-ho-hosanna
Hier kom Jesus aan
Hy kom as ‘n koning
Kom ons loof Sy naam.

Dit borrel in my

Dit borrel in my want ek is so bly,
Jesus het my lief.
Vir my’t Hy gesterf en
Gered van verderf.
Ja, Jesus het my lief.
(herhaal lied twee keer)

Ek is lief vir Jesus

God het my lief x 2
Ek lees dit in die Bybel
God het my lief.

Jesus kan alles doen.

Jesus kan alles doen,
Alles doen, alles doen
Jesus kan alles doen,
Alles doen.
(herhaal lied drie keer)
Vader Abraham

Vader Abraham het baie seuns,
Baie seuns het Vader Abraham.
Ek is een van hul en so ook jy
Kom sing saam en wees bly!
Kyk links!
Kyk regs!
Sit plat

Die Wyse man

Die wyse man ou sy huis op die rots x 3
En die reen het neergeval
En die reen val neer en die vloed styg op x 3

Die dwase man bou sy huis op die sand x 3
En die reen het neergeval
En die reen val neer en die vloed styg op x 3
En die huis op die sand val plat

Kumbaja

Kumbaja O heer, kom na my x 3
O He-re bly by my.

Laat jou liggie skyn

Laat jou liggies skyn x 2
En sal my lig laat skyn x 2
Laat dit skyn, laat dit skyn, laat dit skyn.

Weet jy nie, jy’s ‘n temple

Weet jy nie, weet jy nie,
Jy’s ‘n temple. X 3
Jy is ‘n temple van die Heilige gees.

Vol van lof, vol krag,
Vol van vreugde. X 3
Jy is ‘n temple van die Heilige gees.

The love of Jesus

The love of Jesus is so wonderful x 3
Oh, wonderful love.
It’s  so high, you can’t get over it
It’s so low, you can’t get under it
It’s so wide, you can’t get around it
Oh, wonderful love.

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg

Kyk hoe dat die voëltjies vlieg.
Sommer so, hoog daarbo.
God laat al die voëljies vlieg.
Hoog daar bo.
Hy doen soveel meer vir my.
Ek sal altyd dankbaar bly
En my nie bekommer nie,
Hy’s by my.

Keer jou tong

Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong.
Keer jou tong van kwaad-praat,
Keer jou tong van jou lippe van stories dra.
Keer joutong van kwaad-praat
Keer jou tong.

Lekker sing ;)

Groete

Maryna

7 comments:

Anonymous said...

Dankie, Maryna! Ek is juis besig om vir die kinders liedjies bymekaar te maak en die help baie.

Huisvrou said...

Haai Maryna... :-)

Die liedjies lyk na Jan de Wet en die lofkleuters s'n. My oudstes het dit desjare in die Montessori Christelike skool gesing...

Unknown said...

Dankie Maryna,
My meisiekind is baie bly ek kan nou saam met haar sing. Sy is 3 en moeg dat ek nie al haar liedjies ken nie...

Unknown said...

Hi Maryna
Ek soek na kitaar drukke vir a liedjie "Daar is iemand wat altyd kan sie waar ek gaan, Dit is Jesus

Ek sie ook joy het baie van die liedjies wat ek gereeld luister. Ek sal dit met jou deel. Ons sing baie van die liedjie by ons sel. Dis baie lekker en ek leer dit nou ook vir my klienkind.

Unknown said...

Goeie naand, ons het 'n liedjie gesing in die CSV, met hierdie woorde aan die since "skrik wakker ou daars hoop vir jou." Kan enige demand vir my help asseblief meer hierdie liedjie

Unknown said...

Hi middag ek soek liedjies vir ouderdom van 10 vir n sondag skool aseblief

Maryna Moolman said...

Hallo, ek ken ongelukkig nie spesifieke liedjies vir spesifieke ouderdoms groepe nie. Dalk maar op Youtube rond soek vir iets?

Post a Comment