Monday 10 February 2014

SOTW - Hoofstuk 2 Egiptenare langs die Nyl Rivier

Ons het verlede week in ons studie van Story of the World Hoofstuk 2 geleer oor die Egiptenare wat langs die Nyl rivier gewoon het.

In hierdie hoofstuk het hulle twee dinge geleer:
Die vloede van die Nyl en watter nut dit vir die boere ingehou het. Die mite verhaal hoekom die Nyl een keer 'n jaar oorstroom het.
Hulle het ook geleer van die twee koningkryke van Egipte en hoe hulle een geword het. Die storie agter Koning Narmer se twee-kleurige kroon.

Leer op Mieliestronk meer oor die mense en die antieke beskawings en ook Die Nyl van die Farao's.

Die kinders het begin om 'n pratige 3D kaart van die Nyl Rivier te maak van koerant en gom. Ongelukkig het 'n klomp goggas besluit om dit hul huis te maak terwyl dit besig was om droog te word. Die projekte het egter in die asblik beland voor die heeltemal klaar was.

Die foto hieronder is 'n beweegbare Koning Namer wat hul gemaak het. Jy kan die mannetjie HIER aflaai. Daar is 'n opsie vir 'n kleur een of een wat die kinders self kan inkleur. 




In die video hieronder kan jy sien hoe die twee Egiptiese dele een geword het.




Kunswerke van Koning Narmer met olie pastelle gedoen.


Makayla se kunswerk

Matthew se kunswerk

Op Artfactory se blad is daar 'n groot verskeidenheid van Egiptiese kunswerke wat julle kan doen.

Hier is 'n oulike Egiptiese geheuspeletjie wat jy kan aflaai en uitdruk.


Ek vertrou dat hierdie idees julle kanhelp met jul Egiptiese studies.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Ek kan sien jy en die kinders geniet hierdie werk vreeslik. Baie dankie dat jy al hierdie inligting met ons deel, ek gaan definitief daarvan gebruik maak wanneer ons oor Egipte leer.

Maryna Moolman said...

Dankie, ek is bly as dit kan help :)

Post a Comment