Monday 3 February 2014

Boek loer: Maak Spelling Maklik

Maak Spelling Maklik deur Elsabe Visser gepubliseer in 1993 is seker een van min skatte vir die Afrikaanse Taal. Veral as dit by spelling probleme kom.

Die boek is hoofsaaklik saamgestel om jonger kinders te help met verskeie spelling probleme, maar kan maklik aangepas word om ouer kinders ook te help. 

Dit is wat jy in die boek sal vind:

1. Inleiding
2. Spellingprobleme en hoe dit behandel kan word.
2.1. Voorbeelde van kinders se spellingfoute
2.2 Stappe wat gevolg kan word ten opsigte van die remediëring van spelling
3. Voorbereiding
3.1 Ouditiewe persepsie (waarneming)
3.2 Visuele persepsie (waarneming)
4. Die aanleer van klanke
4.1. Diagnostisering van probleme
4.2. Die remediëring van klanke
4.3. Kort en lang klanke
4.4 Dubbelklanke
4.5. Die uitspreek van klanke en woorde
4.6. Konsonantgroeperings
5. Lettergreepverdeling
6. Spellingreëls
6.1. Die gebruik van e en i
6.2. Woorde wat op -ig, -ik, en -ing eindig.
6.3. Woorde wat op -ng eindig.
6.4. Woorde wat op -d, of -t eindig.
6.5. Woorde wat op -rm en -lm eindig.
6.6. Verkleinwoorde
6.7. Geslote lettergrepe
6.8. Oop lettergrepe
6.9. Hersiening van spellingreëls wat tot dusver behandel is
6.10. Die gebruik van i of ie in woorde.
6.11. Kappies en deeltekens.
6.12. Die gebruik van f en v
6.13. Die ei/y verwarring
6.14. Sigwoorde
7. Die lees en skryf van lang woorde met toepassing van die spellingreëls.
7.1. Twee medeklinkers
7.2. Een medeklinker
7.3. Die implementering van die reëls.
7.4. Woorde

Hier is 'n voorbeeld uit die boek in die afdeling Spellingprobleme en hoe dit behandel kan word.

naby kyk na die voorbeeld

Hoe spelling probleme behandel word

Klanke

Hierdie is nie 'n werkboek vir 'n kind nie, maar 'n hulpmiddel vir die ouer/onderwyser. Dit is werklik 'n wonderlike boek om te besit. Jy sal nie spyt wees nie. Die boek het oulik idees om spelling te oefen, hoe om blokraaisels te maak, hoe om te help met die b en d verwarring en nog baie meer.


Jy kan die boek aankoop van Beithasefer deur 'n e-pos te stuur aan info@beithasefer.co.za .

Geniet dit.

Groete

Maryna

2 comments:

Unknown said...

Waar kan mens dit aanskaf?

Maryna Moolman said...

Hallo Lindy, in my skrywe het ek die besonderhede genoem. Ek plaas dit weer:
Jy kan die boek aankoop van Beithasefer deur 'n e-pos te stuur aan info@beithasefer.co.za.
Sien ook hul prentjie aan die regterkant van my blog, kliek daarop en dan neem dit jou na hul web blad. Die kontak persoon is Lindi Malan.

Post a Comment