Tuesday, 20 January 2015

Natuurstudie in jou tuin

Hoe gereeld loop jy buite rond en bekyk alles in jou tuin? 

Neem gerus 'n kamera saam en bekyk alles wat in jou tuin is. Die soorte bome, voëls, plante, goggas en nog meer. Dit is die perfekte plek om bietjie natuurstudie te doen. As jy iets nuuts sien, gaan bib toe en neem 'n boek daaroor uit, of soek dit op die internet, kyk na videos en leer meer daaroor. Laat die kinders sit en 'n prentjie van dit teken en dalk ietsie oor dit skryf.

Hier is 'n paar dingetjies wat by ons rond loop.


Blouaap (Vervet Monkeys)
Die Blouaap, aai aai... hoekom aai? Hulle is oulik om na te kyk, MAAR vir ons in Natal is hul werklik 'n oorlas. Kom in jou huis, verwoes alles, maak die honde mal. Hier is ape soos jy nog nooit gesien het nie. Kinders by die doesyne.


Krap
Deur ons erf loop 'n stroompie, met die gevolg daar is baie baie krappe. Klein tot groot, rooies, gryses, perses. Allerhande soorte.


Krappe wat paar
Mannetjie en wyfie paar. Vir ure aaneen.

Hoe weet 'n mens die verskil tussen 'n mannetjie en vroutjie? Vroutjie is 'beursie' is vetter (wyer), die mannetjie sin is baie nouer en langer boontoe.


Vroutjie dra haar eiers
Vroutjie dra die eiertjies in haar sakkie. As die eiers uitbroei lyk hulle amper soos klein garnale voor hulle krappies word.


Naam Onbekend ?
 Is dit is Springkaan? Wat is dit. Weet nie maar hy is mooi.


Naam Onbekend ?
Hiert jou spinnekop. Ek weet nie wat is die outjie se naam nie. Is nie heeltemal die mooiste foto nie, maar hy was oulik. Ons het hom 'n paar dae in die huis dopgehou. Spring spring van een plekke tot die volgende.


Naam Onbekend ?
Oooo nee aarde, grillerig verby! Wat is dit? Spinnekop? Familie van 'n kakkerlak? Die outjie se lyf gedeelte was ongeveer 5/6cm lank.

As jy weet wat van die goggas is laat my asb weet dat ons bietjie meer van hulle kan uitvind.

Lekker ontdek.

Groete

Maryna

Monday, 12 January 2015

2015 Skool skop af

Die dag het aangebreek en ons amptelike eerste dag van 'skool' 2015 skop af.

Ons program is vol en die kinders is gretig (lekker).

Ek het baie planne vir die jaar en baie nuwe lekker hulpmiddels wat ek besig is om te vertaal en te maak. Hou die spasie dop vir al die nuwe dinge.

Mag almal 'n vreugdevolle Tuisonderwys jaar hê. Mag jou kinders uitblink en jou voete onder jou uit uitslaan in hul vordering of ontdekking van nuwe talente.

Lekker leer (ja ma leer mos steeds saam :) )

Groete

Maryna

Friday, 2 January 2015

SOTW 1 - Hoofstuk 4 Mummies en Piramiedes

In hoofstuk 4 het ons geleer van hoe die mummie proses plaasgevind het en wat die mense geglo het. Ons het ook meer geleer van Piramiedes. 

Praktiese take
In die foto hierbo kan jul van die aktiwiteite sien wat die kinders gedoen het. Hulle het mummies gemaak, 'n piramiede gebou met lego blokkies, bietjie rond gespeel met verbande en eetbare mummies gemaak.

Die mummie mannetjies het hulle gemaak met pyp skoonmakers as die geraamte van die mannetjie en gesnyde verband om dit gedraai. Die ogies is vasgegom om die 'outjie' bietjie lewe te gee.

Hoe om die eetbare mummies te maak: Ons het pizza deeg gemaak, dit uitgerol in lang repe en om worsies gedraai en toe gebak. Ons het hoender Viennas gebruik, maar jul kan enige iets gebruik.

Hier is die pizza deeg resep:
200g koekmeel
1/4 teelepel sout
1 teelepel droë gis
150ml hand-warm water
1 eetlepel olie

Meng die meel, sout en gis saam in 'n bak. Voeg warm water en olie in die middel van die mengsel by. Meng met lepel of hande tot 'n sagte deeg. Knie vir 5 minute. Maak toe met plastiek en laat dit rys vir 45 minute. Knie weer vir 2 minute. Bak vir 20 - 25 minute in 'n voorafverhitte oond teen 220 grade. 

Die resep maak baie lekker pizza. Smeer tamatiesous oor, gooi jou bestandele van jou keuse op, lekker baie kaas en in die oond. As julle 'n behoorlike ete wil hê verdubble die hoeveelheid. 


In die video hieronder verduidelik hulle hoe die mummie proses werk.



Heironder is 'n grappige Piramiede animasie video. Dit het niks met die les te doen maar is net iets ouliks om oor te lag.



In die BBC produksie Building the Great Pyramid word die bou van die Piramiedes in 'n storie formaat aan ons gewys. Die videos is opgedeel in 6 dele. Hieronder is deel 1. Besoek gerus youtube om die res ook te kyk (die volledige storie). Dit is werklik 'n mooi hartroerende storie.


As jy 'n pragtige drie-dimensionele kykie wil kry van die Piramiedes by Giza moet jy na hierdie webblad kyk. Dit is 'n ongelooflik toer soos jy nog nie gesien het nie.

Hier is 'n paar kreatiewe papier dinge om te maak en skep:

Kliek op die foto om jou na die skakel te neem.

Great Pyramid of Khufu
Groot Piramiede van Khufu

Sphinx Egypt
Sphinx

 
Pyramid Book
Piramiede boek


King Tut Pastel Resist
Koning Tut Pastel weerstand

3D Antieke Egipte Loerboek (Lapbook) op Practical Pages se blog, beweeg ondertoe om by Egipte se afdeling te kom. (Dit is in Engels)

Ineteraktiewe webbladsye met addisionele inligting: (Neem kennis basies alles is in Engels)
Op Mieliestronk kan jul bietjie meer lees oor die Piramiedes. 

Op die blad kan jy lees van die begrawe proses I read it in the book of the dead, daar is ook speletjies wat jy kan speel en baie om te sien.(baie oulike blad)
Ontdek meer oor Antieke Egipte by National Museums Scotland
Ontdek The Royal Tombs of UR
Ontdek Ancient Egypt
Birmingham Museum - Ancient Egypt
 
Aanlyn speletjies:
Op die Horrible Histories se blad is twee speletjies wat gespeel kan word Mummy madness en  Tomb of Terror.
Op BBC - History is nog 'n speletjie Pyramid Builder.

Onder 'n goeie Infografika oor die Groot Piramiedes
http://api.ning.com/files/87ryMDjzDaGqLZpwol-kvN-EVDRYVpQDB4PiwCRu19P36uEFV6Bf5uRSc7lsD*Rb/Pyramids.jpg

Ons het ook uit die oulike opwip boek Tutankhamen's Tomb gelees. Ek het dit gekoop by ons plaaslike Bargain Books.


Daar is baie oulike en goeie inligting oral oor die internet en baie oulike aktiwiteite. Ek het slegs alles hier gewys wat ons self gedoen en lees het.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Tuesday, 30 December 2014

Kreatiwiteit die 3D skeppings

Matthew het altyd 'n voorliefde vir kunste gehad. Hy kan baie goed teken en het ure gespandeer met die Pivot stick figure animasie program.

Ek het 'n paar jaar gelede voete nat gemaak met Blender. Dit is 'n ongelooflike program waar jy drie dimensionele beelde skep en dit ook kan verander in animasies. Hierdie is dieselfde program wat mense gebruik om onder ander aan Happy Feet 2 te kon werk.

Net om nog 'n voorbeeld te gee, hier is een van die baie videos wat met Blender gemaak is. Hierdie is natuurlik die finale produk nadat al die bou, teksture ens aan mekaar gesit is.
 
 

  Hier onder is van Matthew se skeppings wat hy in van die kursusse leer. Hy leer tans nog hoe om met die program te werk en het begin basiese goed te 'bou' en te laat beweeg. Dit is 'n taamlike ingewikkelde program. Sodra jy die basiese onder die kniee het is die moontlikhede eindloos.


Spinnekop

Gesig

Blender kan gratis afgelaai word. Baie van die klasse/kursusse is gratis. Daar is egter 'n verdere opsie om 'n 'Citizen' te word by CG Cookie waar jy 'n x bedrag betaal per maand en dan het jy toegang tot alle kursusse. Ons het die opsie geneem.

Ons gee Matthew hierdie geleentheid om te groei en te skep. Hierdie kan 'n wêreld vir hom oopmaak van oneindige moontlikhede vir werkskepping in die toekoms. Ek sal soos hy vorder van tyd tot tyd sy vorderings plaas.

Indien jy vir jou kind hierdie program wil laat leer, maar seker hy/sy het baie tyd beskikbaar elke dag. 

Hier is 'n opvolg skrywe van nog skeppings.

Groete

Maryna

Ballon vuurpyl

Hierdie is 'n baie ou aktiwiteit wat ons jare gelede gedoen het.

Hoe om jou eie balon vuurpyl te maak.

In die video hier onder kan jul sien wat gebeur met die ballon. (die kwaliteit is nie baie goed nie, dit is 'n baie kort video)



What jy benodig:
2 stoele
wol/garing
ballon
strooitjie
kleefband


Wat moet jy doen:
Sit die twee stoele 'n distansie van mekaar af. Ryg die wol/garing deur die strooitjie en maak die wol aan die stoele vas. Blaas die ballon op en plak dit met kleefband aan die strooitjie vas, moet NIE die ballon knoop nie. Moet nie dat die ballon afblaas nie. Wanneer jy reg is, van een punt by die stoel los die ballon laat dit afblaas. Die ballon sal vinnig met die strooitjie na die ander stoel beweeg.

Wat het hier gebeur?
Wanneer die ballon afblaas, stoot dit lig deur die nek van die ballon. Die lug laat die ballon dus in die teenoorgestelde rigting beweeg.

Die wetenskaplike reël is: Elke aksie het 'n gelyke en teenoorgestelde reaksie.






Lekker speel!

Groete

Maryna



Friday, 5 December 2014

Die sportwêreld op ys

Wat 'n ongelooflike jaar in yshokkie en figuurskaats was dit nie vir die kinders nie. 

Die jaar het ook natuurlik afgeskop met hulle voete 'natmaak' in die yshokkie wêreld.


Makayla wat natuulik ook 'n figuurskaatser is, was eers baie versigtig en het nie gedink sy sal van die sport hou nie. Nou kan sy nie wag om te gaan nie en sê sy sal nie kan besluit tussen die twee nie. Sy het self haar eerste 'first star' (en 'n beker) gewen. Die eerste ster in yshokkie beteken beste speler van die wenspan. Sy was in die wolke en kon dit amper nie glo nie. Sy speel vinnig en hard en doen haar beste.





Makayla en haar duet maat Kathleen (ook 'n Tuisonderwys kind) het tweede plek verwerf in die 2014 Seal Junior Figure Skating Kompetisie.




Matthew is yshokkie mal. Hy wil bitter graag dit ook eendag as loopbaan doen (onder ander). Hy speel baie hard en aggresief (op 'n mooi manier). Hy is aangewys by die jaar se Prysuitdeling as die speler wat die beste gevorder het saam met 'n ander seun (die beker is tans by die ander seun se huis). Matthew het ook sy eerste 'first star' (met 'n medalje) gekry en twee keer 'second star' wat die beste speler vir die verloorspan is. Met die prysuitdeling het hy ook 'n spesiale geskenk gekry, sy eerste hokkie pit (hockey puck). Hy is in die wolke gewees.

Matthew het einde Oktober finaal sy figuurskaatse opgehang en besluit om slegs op yshokkie te konsentreer.



Yshokkie is nie net 'n vinnig sport nie, dit is fantasties vir fisiese oefening - glo my hulle sweet behoorlik. Die sport bou ook hulle selfvertroue op. Matthew is 'n totale ander kind as wat hy 'n jaar terug was. Hy was skaam en teruggetrokke, nou is hy 'n grapjas en praat en meng met almal.




As jy jou kind aan die gang wil kry en deel maak van 'n lekker 'familie' laat hul ten minste net die sport uitprobeer. Ek self is ook van plan om nog te probeer - moet natuurlik eers leer skaats (haha)

Groete

Maryna


Lake Eland Wildreservaat

In Augustus maand het ons as 'n verassing vir my man vir sy verjaarsdag na Lake Eland Wildreservaat gegaan en die nag daar oorgebly.

Hierdie plek moet op jou lys van plekke om te besoek in SA wees. Ongelooflik mooi. Jy is tussen die berge met die natuur letterlik op jou voorstoep. Die reservaat is nie baie groot nie, maar ongelooflik. Om die diere van nader te bekyk kan jy of in een van die begeleide voertuie gaan (teen 'n fooi), met jou fiets ry, stap, met jou eie voertuig of self op die perde.

Lake Eland Wildreservaat is net duskant Port Shepstone en ongeveer 92km van Amanzimtoti (waar ons woon). Dag besoekers kan 'n happie by die restaurant neem, die diere bekyk, jy kan daar trou en natuurlik die absolute hoogtepunt is die 'suspension bridge'. Jy kan ook die honderede trappe aandurf en afstap na die grotte toe. O ja en moet nie vergeet van die langste/hoogste 'zipline' nie, knyp die helfte van die dag af vir dit.(Ons het nie die keer op die zipline gegaan nie maar sal beslis volgende keer)


Al die huisies is teen 'n dam met jou stoep waar oor die water hang. Dit is werklik prentjie mooi. Van jou stoep aan die oorkant kan jy die diere sien rondstap. Die foto van die Kameelperd hierbo is een van die baie fotos wat ek geneem het van my stoel af by my huisie.

Daar is ook 'n kampeerarea vir diegene wat tent wil opslaan en visvang.

Besoek beslis die wildreservaat, dit is ongelooflik.

Groete

Maryna