Friday 2 January 2015

SOTW 1 - Hoofstuk 4 Mummies en Piramiedes

In hoofstuk 4 het ons geleer van hoe die mummie proses plaasgevind het en wat die mense geglo het. Ons het ook meer geleer van Piramiedes. 

Praktiese take
In die foto hierbo kan jul van die aktiwiteite sien wat die kinders gedoen het. Hulle het mummies gemaak, 'n piramiede gebou met lego blokkies, bietjie rond gespeel met verbande en eetbare mummies gemaak.

Die mummie mannetjies het hulle gemaak met pyp skoonmakers as die geraamte van die mannetjie en gesnyde verband om dit gedraai. Die ogies is vasgegom om die 'outjie' bietjie lewe te gee.

Hoe om die eetbare mummies te maak: Ons het pizza deeg gemaak, dit uitgerol in lang repe en om worsies gedraai en toe gebak. Ons het hoender Viennas gebruik, maar jul kan enige iets gebruik.

Hier is die pizza deeg resep:
200g koekmeel
1/4 teelepel sout
1 teelepel droë gis
150ml hand-warm water
1 eetlepel olie

Meng die meel, sout en gis saam in 'n bak. Voeg warm water en olie in die middel van die mengsel by. Meng met lepel of hande tot 'n sagte deeg. Knie vir 5 minute. Maak toe met plastiek en laat dit rys vir 45 minute. Knie weer vir 2 minute. Bak vir 20 - 25 minute in 'n voorafverhitte oond teen 220 grade. 

Die resep maak baie lekker pizza. Smeer tamatiesous oor, gooi jou bestandele van jou keuse op, lekker baie kaas en in die oond. As julle 'n behoorlike ete wil hê verdubble die hoeveelheid. 


In die video hieronder verduidelik hulle hoe die mummie proses werk.



Heironder is 'n grappige Piramiede animasie video. Dit het niks met die les te doen maar is net iets ouliks om oor te lag.



In die BBC produksie Building the Great Pyramid word die bou van die Piramiedes in 'n storie formaat aan ons gewys. Die videos is opgedeel in 6 dele. Hieronder is deel 1. Besoek gerus youtube om die res ook te kyk (die volledige storie). Dit is werklik 'n mooi hartroerende storie.


As jy 'n pragtige drie-dimensionele kykie wil kry van die Piramiedes by Giza moet jy na hierdie webblad kyk. Dit is 'n ongelooflik toer soos jy nog nie gesien het nie.

Hier is 'n paar kreatiewe papier dinge om te maak en skep:

Kliek op die foto om jou na die skakel te neem.

Great Pyramid of Khufu
Groot Piramiede van Khufu

Sphinx Egypt
Sphinx

 
Pyramid Book
Piramiede boek


King Tut Pastel Resist
Koning Tut Pastel weerstand

3D Antieke Egipte Loerboek (Lapbook) op Practical Pages se blog, beweeg ondertoe om by Egipte se afdeling te kom. (Dit is in Engels)

Ineteraktiewe webbladsye met addisionele inligting: (Neem kennis basies alles is in Engels)
Op Mieliestronk kan jul bietjie meer lees oor die Piramiedes. 

Op die blad kan jy lees van die begrawe proses I read it in the book of the dead, daar is ook speletjies wat jy kan speel en baie om te sien.(baie oulike blad)
Ontdek meer oor Antieke Egipte by National Museums Scotland
Ontdek The Royal Tombs of UR
Ontdek Ancient Egypt
Birmingham Museum - Ancient Egypt
 
Aanlyn speletjies:
Op die Horrible Histories se blad is twee speletjies wat gespeel kan word Mummy madness en  Tomb of Terror.
Op BBC - History is nog 'n speletjie Pyramid Builder.

Onder 'n goeie Infografika oor die Groot Piramiedes
http://api.ning.com/files/87ryMDjzDaGqLZpwol-kvN-EVDRYVpQDB4PiwCRu19P36uEFV6Bf5uRSc7lsD*Rb/Pyramids.jpg

Ons het ook uit die oulike opwip boek Tutankhamen's Tomb gelees. Ek het dit gekoop by ons plaaslike Bargain Books.


Daar is baie oulike en goeie inligting oral oor die internet en baie oulike aktiwiteite. Ek het slegs alles hier gewys wat ons self gedoen en lees het.

Lekker leer.

Groete

Maryna

4 comments:

Anonymous said...

Dankie weereens vir al die inligting! Gaan beslis van 'n paar van hierdie links gebruik maak in ons studie oor Egipte, piramiedes, mummies, ens.
Mens kan sien jou kinders het hul-self geniet met hierdie les (soos met die ander).

Maryna Moolman said...

Dankie, is bly as jul iets kan gebruik :)

AutumnVine said...

Maryna, ek hou baie van al jou idees, veral die pizza-mummies. Ons kyk nou na SOTW en besluit nog oor die boek of die e-boek. Maar het by E die Mystery of History gesien. Ai, nou is ek weer onseker. Die laasgenoemde is dalk net moeiliker te verkry hier. Esther

Maryna Moolman said...

Hallo. Dit was vir my ook baie moeilik om te besluit tussen MOH en SOTW. Ek het op die einde met SOTW gegaan omdat dit op daai stadium in e-formaat ook beskikbaar was. MOH is egter nou beskikbaar op kindle ook.

Ongeag watter program jul volg kan jy steeds van die bronne gebruik wat ek hier noem as julle daai onderwerp of era behandel.

Ek stel voor laai 'n paar voorbeeelde van albei af en bestudeer dit. Doen 'n proef met die die kinders en kyk watter een hulle meeste geniet. Dit is gewoonlik hoe ek my finale besluite ook maak. "Try before you buy" :)

Post a Comment