Daar is darem niks lekkerder vir 'n kind as wanneer pa ook vir hulle ietsie kreatief leer of laat doen nie.
Manlief het 'n paar stukke weggooi planke by 'n hout plek naby ons gekry - verniet :) Elke een met 'n vergrootglas in die hand en die son wat lekker bak, skep hulle vir hul 'n brandende kunswerk.
Hier is die eerste kunswerke. Makayla het natuurlik die hart gedoen. Matthew het 'n knaldemper (exhaust) van 'n motor gemaak. Wie sou nou daaraan dink.
Die doel agter die is nie net om vir die kinders te wys hulle kan iets ouliks maak nie. Dit kan ook 'n oorlewings wenk wees - wat om te doen as jy net 'n stuk glas of 'n bril by jou het en jy moet vuur maak. Dit wys ook vir hulle hoe kragtig die son is. Natuurlik ook dat dit nie 'n speelding is en dat vuur gevaarlik kan wees.
Het jy dit met jou kinders ook al gedoen?
Groete
Maryna
Thursday, 9 January 2014
Nuwe gesig vir die blog
Ek het vandag vir die blog 'n nuwe 'jas' aangetrek. Nuwe jaar, nuwe dinge.
Ek het baie van die ou 'template' gehou, maar met die een is die plasings bietjie groter.
Julle is welkom om my blog te volg. Hier aan die linkerkant is 'n Followers knoppie, en jy kan via e-pos ook volg.
Ondertoe sal jy twee Waldo boeke sien en twee Geskiedenis boeke, dit kan aanlyn gelees word. Ek sal nog plaas as ek nog vind.
Skakels na ander webbladsye is aan die regterkant.
Hoop julle geniet my blog. Dankie vir die ondersteuning.

Wednesday, 8 January 2014
Die Pottebakkers
My kinders is albei baie kreatief (kan jul sien hoe groot glimlag ek). Makayla het hierdie oulike Pottebakkers-wiel vir kersfees gekry.
Die Pottebakkers-wiel werk met batterye en ons het dit by CNA gekoop. Saam die wiel is daar verf, 'n kwas, 'n snymessie (plastiek) en 2 pakkies duursame klei.
In die foto bo kan jul sien hoe die boksie lyk. As jul nou werklik baie mooi kyk het Makayla 'n seekoei se kop gemaak wat in haar vinger hang. Dan ook natuurlik 'n meesterstuk potjie. Die kinders van vandag is darem oulik.
Matthew gaan natuurlik nie eenkant sit terwyl sussie lekker 'speel' nie. Klein potjies gebruik maar 'n paar vingers :) Hy konsentreer baie hard daarom gee hy ma net 'n halwe skeef glimlag.
Ons hoop om die talent te ontwikkel en later ook die Pottebakkers-wiel te gebruik as ons oulike goed maak as ons van verskillende lande leer.
Net 'n waarskuwing: Dit is baie morsig, maak seker jy het sakke byderhand om op te werk en 'n bak water vir die hande om die klei te kan vorm.
Nou julle beurt, wys bietjie watter kreatiewe goed jou kinders maak of doen.
Groete
Maryna
Saturday, 4 January 2014
Boek loer: Die Goue Reeks Leesboeke
Ek het my kinders leer lees met Die Goue Reeks leesboeke, uitgegee deur Nasou - Viaafrika. Die wat dit nie ken nie, die boeke gaan oor Boet en sy sussie Saartjie. Daar is natuurlik ma, pa, kleinsus, die hond, 'n kat, maats en nog meer.
Die boeke is wonderlike vir kinders wat nou begin lees of vir remediering. Met elke boek kom daar meer en moeiliker woorde by. Agter in elke boek is daar 'n 'woordeboek' lys. Die lysie is in blokkies wat die prent en die woord wys. Daar is ook 'n klanklys en nuwe woorde wat in daai spesifiek boek voorgekom het.
Die hele reeks bestaan uit 26 boeke en word opgedeel in 8 vlakke. Die eerste boek in elke vlak is volkleur waar die aanvullende boeke slegs swart en wit is. Dit is krities belangrik dat die aanvullende boeke ook bygekoop word en nie net die eerste boek van elke vlak nie.
Saam met elke vlak is daar ook 'n werkboek. Sien in die foto hieronder een voorbeeld (die laaste blokkie). Die doel van die werkboeke is dat die kind visueel bekend raak met die sinne en prente, paswerk en woordherkenning.
Die reeks bestaan uit die volgende:
Vlak Een: Boek Een: Boet en Saartjie
Werkboek Een A
Werkboek Een B
Aanvullende Boek: Dwergie
Vlak Twee: Boek Twee: Ons speel lekker saam
Werkboek Twee
Aanvullende Boek: Hanswors
Vlak Drie: Boek Drie: Die Sewe Maats
(Geen werkboek)
Aanvullende Boek: Die Rooi Bal
Aanvullende Boek: Geel Trein en Blou Trein
Vlak Vier: Boek Vier: 'n Dag op Skool
Werkboek Vier
Aanvullende Boek: Pottie Potlood
Aanvullende Boek: Hannie Haar
Vlak Vyf: Boek Vyf: Seestories
Aanvullende Boek: Vader Son
Aanvullende Boek: Vissie - Duikboot
Aanvullende Boek: Jannie huil
Werkboek Vyf
Vlak Ses: Boek Ses: Plaasstories
Werkboek Ses
Aanvullende Boek: Die Hen en die Jakkals
- Die Grondboontjie
Aanvullende Boek: Die Stout Lam
Aanvullende Boek: Eendjie Eend
Vlak Sewe: Boek Sewe: Die Nuwe Huis
Werkboek Sewe
Aanvullende Boek: Die Verjaarsdagpresent
Aanvullende Boek: Die Tweede Venster
Aanvullende Boek: Sannie die Sandkorrel
Vlak Agt: Boek Agt: Wildtuin en Ander Stories
Werkboek Agt
Aanvullende Boek: Toe Oom Langnek Siek Was
Aanvullende Boek: Gelukkig Giel
Aanvullende Boek: Manie Maan
My kinders geniet dit om uit die boeke te lees. Dit is eenvoudig uiteengesit en goed geskryf. Ek sal die reeks vir enige persoon aanbeveel. Die boeke is nie net vir begin lesers nie, maar ook vir die wat bietjie ekstra hulp nodig het.
Jy kan die boeke aankoop deur Graffitiboeke. Kyk onder die leermiddels en begin dan by Graad 1 soek, of tik slegs die naam Goue Reeks in die soek funksie.
Lekker lees en geniet dit.

Letterkaartjies in Taalwerk
Daar is geen geheim dat veral Taalwerk noggal baie vervelig kan wees. Geen kind wil heeltyd net sit en werkvelle voltooi nie.
Ons gebruik letterkaartjies saam met ons taalwerk.
Hieronder kan jy sien hoe ek die kaartjies in 'n groot plastiekhouer stoor. Ons kaartjies is gelamineer en elke letter en klank op sy plek.
Ek het kaartjies gemaak wat julle in kleur of in swart en wit kan aflaai. Die dokument bestaan uit 10 bladsye. Dit sluit in die alfabet in hoof en kleinletters, dubbelklanke, tweeklanke, drieklanke, leestekens, klinkers, medeklinkers en nog meer.
Indien jy dit gaan lamineer, druk op gewone papier uit. Ek stel voor dat jy meer as een bladsy van die vokale uitdruk. Indien jy nie 'n lamineerder het nie, druk op karton uit en trek dit oor met Kontak kleef plastiek (Contact paper). Dit sal verseker dat jou kaartjies baie baie jare lank gaan hou en mooi bly.
Idees om die kaartjies te gebruik:
- Haal slegs die klanke of letters uit waarmee julle besig is. Laat jou kind woorde bou met die nodige klanke. Jy kan of die woord vir jou kind spel en hy/sy bou dit. Of jy kan slegs die woord lees en hul bou dit. (toets of hulle die spelling ken) Dit help veral vir die kinders wat nie graag wil skryf nie.
- Jy haal verskillende klanke en letters uit, laat jou kind self probeer om nuwe woorde te bou. (moet nie jou kinders onderskat nie, hulle weet meer as wat jy dink)
- Bou sinne: laat jou kind die nodige kaartjies uithaal om eenvoudige sinne te bou. Jou kind kan oefen om leestekens op die korrekte plekke te plaas. (jy kan met hierdie metode ook verduidelik hoekom leestekens gebruik word)
- Jy kan laat jou kind die stamwoord bou en dan uitbrei om meervoude te maak of verkleinings.
Dit is net 'n basiese idee, daar is nog baie ander goed wat jy kan doen.
My kinders moet doen en voel en sien om te leer, om die rede help dit baie vir ons. Die kaartjies is ook nie net vir kleiner kinders nie, enige kind kan hierby baats afhangende van hoe hulle leer.
Lekker speel en leer.
Groete
Maryna
Ons gebruik letterkaartjies saam met ons taalwerk.
Hieronder kan jy sien hoe ek die kaartjies in 'n groot plastiekhouer stoor. Ons kaartjies is gelamineer en elke letter en klank op sy plek.
![]() |
| Letterkaartjie houer |
Indien jy dit gaan lamineer, druk op gewone papier uit. Ek stel voor dat jy meer as een bladsy van die vokale uitdruk. Indien jy nie 'n lamineerder het nie, druk op karton uit en trek dit oor met Kontak kleef plastiek (Contact paper). Dit sal verseker dat jou kaartjies baie baie jare lank gaan hou en mooi bly.
![]() |
| Voorbeeld van die aflaaibare kaartjies |
- Haal slegs die klanke of letters uit waarmee julle besig is. Laat jou kind woorde bou met die nodige klanke. Jy kan of die woord vir jou kind spel en hy/sy bou dit. Of jy kan slegs die woord lees en hul bou dit. (toets of hulle die spelling ken) Dit help veral vir die kinders wat nie graag wil skryf nie.
- Jy haal verskillende klanke en letters uit, laat jou kind self probeer om nuwe woorde te bou. (moet nie jou kinders onderskat nie, hulle weet meer as wat jy dink)
- Bou sinne: laat jou kind die nodige kaartjies uithaal om eenvoudige sinne te bou. Jou kind kan oefen om leestekens op die korrekte plekke te plaas. (jy kan met hierdie metode ook verduidelik hoekom leestekens gebruik word)
- Jy kan laat jou kind die stamwoord bou en dan uitbrei om meervoude te maak of verkleinings.
Dit is net 'n basiese idee, daar is nog baie ander goed wat jy kan doen.
My kinders moet doen en voel en sien om te leer, om die rede help dit baie vir ons. Die kaartjies is ook nie net vir kleiner kinders nie, enige kind kan hierby baats afhangende van hoe hulle leer.
Lekker speel en leer.
Groete
Maryna
Friday, 20 December 2013
Wat leer jy jou kind?
As daar een ding
is wat krities is vir my vandat ek begin Tuisonderwys het, is die feit dat ek weet
wat my kinders leer en dat ek altyd betrokke is. Dit sal geld tot die dag wat
hulle klaar maak met skool.
Ek het onlangs in
‘n groot debat betrokke geraak op ‘n internasionale Tuisonderwys forum oor Suid
Afrika. Dit was baie duidelik dat baie ouers en spesifiek Tuisonderwys moeders
nie werklik heeltemal betrokke is en weet wat hulle kinders leer en nie leer
nie. Dit is regtig baie hartseer. Wat is die nut van Tuisonderwys dan?
Ek was
gebombadeer deur ‘n opmerking wat ek gemaak het nadat daar ‘n plasing was oor
Suid Africa. Die grootste skok is dat hierdie sogenaamde feite beskikbaar
gestel gaan word in ‘n baie bekende internasionale kurrikulum. ‘n Kurrikulum
wat ‘n groot treffer onder Tuisskolers is. Ongelukkig is die sogenaade feite
baie eensydig en nie goed nagevors nie. Daar word ‘n beeld van ons land geskep
wat total en al onwaar is.
Behalwe vir die
negatiewe uitkyk van ons land, baie van die ouers wat my aangeval het is onder
die indruk dat Suid Afrika basies die Suide van Afrika is.
Nou vra ek myself
dit, hoe op des aarde is so iets moontlik? Hoekom doen mense nie hulle huiswerk
en behoorlike navorsing voor hulle kommentaar lewer. Kommentaar moet gestaaf
word deur feite en nie wat mense in die media sien en wat jy maar net dink nie.
Onder ander is mense onder die indruk dat SA dieselfde is as Sudan. Daar is
werklik ‘n eenvoudige oplossing tot sulke dinge en ons noem dit ‘n wêreld
kaart. Gaan lees, soek dit op, doen navorsing, dit is so maklik soos dit.
Een moeder het
vir my geskryf dat sy nie tyd het om navorsing te doen en te gaan staan en
oplees oor goed nie, haar kinders doen hulle eie navorsing. Dit is skokkend!
Dit bewys weereens dat baie ouers kies Tuisonderwys as ‘n vinnige uitkoms om
hul kinders nie ‘n publieke skool te plaas nie.Hoekom dan Tuisonderwys?
Hoekom wil enige
ouer Tuisonderwys as hulle nie die tyd daarin wil belê nie? Ek is werklik seker
ek is nie die enigste een wat so dink nie. Voor jy as ouer iets vir jou
kinders leer, wees betrokke! Maak seker jy weet wat jou kind leer. Al is jou
kind ouer moet jy nogsteeds betrokke wees! Moet nie net op die internet
staatmaak vir informasie nie, die media kan dinge baie anders laat lyk as wat
dit werklik is. As jy kommentaar lewer op gesprekke, maar seker van jou feite!!
Wees daar vir jou
kinders!
Groete
Maryna
Wednesday, 4 December 2013
Die klug van die "Freebies"
Hoe lekker is dit om van die Tuisonderwys groepe of blogs en ook webbladsye al die oulike 'Freebies' te sien. Al wat 'n mens wil doen is net aflaai en dit te hou vir daai dag as jy dit dalk wil gebruik.
'Freebies' kan 'n goeie ding wees. Ongelukkig kan dit ook 'n klug wees. Ja, vra my ek weet. Jy laai dokument vir dokument af. Soms kyk jy gou wat dit is. Ander kere bere jy dit vir later en vergeet daarvan.
Eendag sit jy en gaan jy deur jou eksterne hardeskyf en kyk wat jy kan gebruik. Jy vind jouself oorweldig deur die honderede 'oulike' skoolgoed wat jy afgelaai het. Jy begin stadig maar seker te kyk wat is wat. Kan jy dit gebruik of kan jy dit maar asblik toe stuur?
Ons mors baie tyd deur al die goed wat ons aflaai vir daai dalk dag. Neem 'n besluit vandag. Moet nie alles aflaai wat jy sien is gratis nie.
Kyk presies wat dit is voor jy aflaai. Gaan jy dit werklik gebruik? Indien jy dink dalk, maar dalk nie, los dit dan eerder. Laai net af wat jy werklik gaan gebruik. Hierdie geld veral vir goed wat net vir 'n beperkte tyd gratis beskikbaar is. Boekmerk dan eerder daai bladsy en gaan kyk weer op 'n later stadium. Jy sal verbaas wees om te sien wat is tog weer later beskikbaar.
Hier is waar 'n beplanner ook baie handig is. As jy presies weet wat jy wil doen min of meer wanneer en jy sien iets iewers gratis en dit pas by jou program in, dan laai jy dit af.
Groete
Maryna