Wednesday 4 December 2013

Die klug van die "Freebies"



Hoe lekker is dit om van die Tuisonderwys groepe of blogs en ook webbladsye al die oulike 'Freebies' te sien. Al wat 'n mens wil doen is net aflaai en dit te hou vir daai dag as jy dit dalk wil gebruik.

'Freebies' kan 'n goeie ding wees. Ongelukkig kan dit ook 'n klug wees. Ja, vra my ek weet. Jy laai dokument vir dokument af. Soms kyk jy gou wat dit is. Ander kere bere jy dit vir later en vergeet daarvan.

Eendag sit jy en gaan jy deur jou eksterne hardeskyf en kyk wat jy kan gebruik. Jy vind jouself oorweldig deur die honderede 'oulike' skoolgoed wat jy afgelaai het. Jy begin stadig maar seker te kyk wat is wat. Kan jy dit gebruik of kan jy dit maar asblik toe stuur?

Ons mors baie tyd deur al die goed wat ons aflaai vir daai dalk dag. Neem 'n besluit vandag. Moet nie alles aflaai wat jy sien is gratis nie.

Kyk presies wat dit is voor jy aflaai. Gaan jy dit werklik gebruik? Indien jy dink dalk, maar dalk nie, los dit dan eerder. Laai net af wat jy werklik gaan gebruik. Hierdie geld veral vir goed wat net vir 'n beperkte tyd gratis beskikbaar is. Boekmerk dan eerder daai bladsy en gaan kyk weer op 'n later stadium. Jy sal verbaas wees om te sien wat is tog weer later beskikbaar.

Hier is waar 'n beplanner ook baie handig is. As jy presies weet wat jy wil doen min of meer wanneer en jy sien iets iewers gratis en dit pas by jou program in, dan laai jy dit af. 
 
Groete

Maryna


0 comments:

Post a Comment