Verskeie van ons skribbel masjiene |
Wat jy alles benodig:
- Bakkies of glasies (enige iets wat nie te swaar is nie)
- Baie velle papier
- Maskeer band
- Kryte of koukie penne
- 'n battery
- 'n motortjie (die tipe wat 'n mens in speelgoed aantref) (maak seker dit het 'n positiewe en negatiewe draadjie aan)
- 'n stukkie gomgeweer stafie (of iets om te gebruik as 'n gewig sodat die motor kan vibreer)
- Opsioneel: pyp skoonmakers, ogies - enige iets om kreatief mee te wees. Maak so:
- Plak die kryte of penne aan die glasie of bakkie vas met maskeer band. Jy kan enige hoeveelheid gebruik.
- Plak die battery teen jou glasie/bakkie vas.
- Sit vir jou motortjie 'n gewig aan - sny 'n stukkie van die gom stafie, maak 'n gaatjie in. Maak seker die gaatjie is nader aan die een kant as die ander kant sodat die gom nie in gelyk is aan albei kante nie. Druk die gom stafie in die lang deeltjie van die motortjie.
- Plak die motortjie aan jou glasie/bakkie vas. - Jy kan dit enige plek plaas solank dit kan vibreer, op die kante vibreer dit gewoonlik meer. Jy kan self die motortjie onder vasplak dat die glasie/bakkie daarop hop.
-Plaas die velle papier op 'n tafel, so groot as moontlik aangesien die masjiene wild rond hardloop en krap.
- Plak die negatiewe en positiewe dele aan jou battery vas en laat jou masjien hardloop.
Met die aktiwiteit moet jy die kinders vry laat ontdek. Die moontlikhede is eindeloos.

In die volgende knutsel inskrywing gaan ek vir julle wys hoe om naaldwerk stroombane te maak.
Lekker leer en speel.
Groete
Maryna
2 comments:
Dit is baie oulik!
Dankie Elize, dit is groot pret, julle moet dit ook probeer!
Post a Comment