Terwyl julle Lukas 6 - 8 vir die kinders voorlees, kan hul 'n prettige Bingo speletjie speel. Dit is ook 'n goeie manier om natuurlik hul begrip te toets en kyk of hul luister. Die speletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement workshop en ek het dit met toestemming vertaal.
Maak so:
Elke speler kry ’n afskrif van die onderstaande
prentjies en ’n bladsy met die oop blokkies. Spelers knip die prentjies van
mekaar. Indien moontlik lamineer die prentjies en die oop blokkiebord sodat dit
herhaaldelik gebruik kan word. Spelers kan met wondergom die prentjies rond en
bond op die skoon speelbord plak.
Elke speler moet ook merkers kry waarmee hul keuses kan merk: soos
stukkies papier, smarties ens. Indien die blokkies
gelamineer was, kan die prentjies
afgemerk word met ’n witbord merkpen.
Lees Lukas 6:39 – 8:15 voor. Elke keer wanneer die
speler iets hoor wat ooreenstem met die prentjie, word dit afgemerk. Kies ’n beloning
van jou keuse vir die wenner.
Laai die speletjie HIER af.
Lekker speel.
Groete
Maryna
2 comments:
Dis oulik, dankie! Ons gaan binnekort Lukas in die kinderbybel lees, dan sal ek dit probeer gebruik.
Dankie Elize, glo hul sal dit geniet.
Hou die blog dop, daar kom nog ander ook ;)
Post a Comment