Monday 2 February 2015

Boek loer: Waar kom babas vandaan?

Ek is seker dat meeste ouers slaan behoorlik in sweet uit as dit by die onderwerp van babas en seks kom. Hoe vertel jy vir jou kind sonder om jou kind te laat kopkrap of jouself so opwerk dat jy skaars kan asemhaal.Dan praat ons nie eens van bloos van oor tot oor nie.

Ek het hierdie oulike boek Kom ons praat oor waar babas vandaan kom deur Robbie H. Harris lank gelede by Bargain Books raak geloop.

Kom ons praat oor waar babas vandaan kom
Ek gaan nie jok nie, ek het dit baie lank uitgestel en het werklik baie opgesien na hierdie onderwerp. Die boek is baie oulik, maar hierdie ma was net nie reg vir dit nie. Ek meen ek wil mos hê my kinders moet in 'n mate onkundig en onskuldig bly. Ongelukkig is die realiteit dat hulle groot word en ons moet dit aanvaar.

Ek het onlangs die onderwerp aangedurf. Ek het self die boek vir die kinders gelees en dit het baie goed verloop. Hulle het alles verstaan en wou net meer weet. Dit was toe glad nie so erg as wat ek gedink het nie. Niks sweet op my voorkop en geen rooi gesigte.

Hier onder is 'n kykie na die inhoudsopgawe.

Inhoudsopgawe
Inhoudsopgawe

Die boek is in 'n mate soos 'n strokiesprent maar ook nie heeltemal. Die prentjies is oulik geillustreer. Die karakters is 'n voëljie wat alles wil weet en 'n bytjie wat niks wil weet. Die voëltjie is glad nie skaam en die bytjie wil net heeltyd weghardloop.

Daar word eenvoudig vir die kinders verduidelik wat alles is, hoe alles werk, die wat en die hoekom en waarom. Dit is smaakvol verduidelik. Die boek verduidelik ook mooi dat seks vir grootmense is wat getroud en lief is vir mekaar. 

Die eier se ongelooflike rit
 Ek het nog nooit enige ander sulke tipe boeke onder oë gehad nie, kan dus nie vergelyk nie. Maar ek glo as daar nou werklik een boek is wat ek vir enige iemand kan aanbeveel is dit die een. As jy vir jou kinders die blomme en bye moet vertel KRY DIE BOEK!

Die boek is geskik vir kinders tussen 8 en 12 jaar. Maar ek sal voorstel wag tot jou kind werklik emosioneel en verstandelik reg is vir die onderwerp. Eerder van so 10 of 11 jaar. (is net my opinie)

Voorspoed en laat weet hoe dit gegaan het.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Lyk na 'n baie oulike boek. Ek het 'n boek wat weer net verduidelik hoe boetie of sussie in mamma se spesiale maag groei, en dan elke maand se grootte vergelyk met 'n vrug wat die kind behoort te ken. Die regte name en woorde word ook gegee, en dit het die kinders laat besef dat God ons baie spesiaal gemaak het.

Maryna Moolman said...

Klink oulik.

Post a Comment