2017 Het verseker sy uitdagings opgelewer. Nie net op die huis front nie maar selfs in Tuisonderwys. Daar is so baie dinge wat eenvoudig net nie gewerk het nie en met ander is ons nog nie nastenby waar ons, of altans ek wou gewees het nie.
Het jul al ooit ook so gevoel? Jy het jou plan en jy is seker dit gaan so vir jou werk. Voor jy jou oë uitvee het jy of dinge verander, of jy het nie eens by iets uitgekom nie.
Ons is in die helfde van die jaar en in sekere vak areas het dit goed gegaan. In ander was dit nie so suksesvol.
Ons het 'n baie groot verandering in een van ons kurrikulums gemaak, Twee keer! Ja, wraggies, twee keer verander. Was die eerste verandering die regte een, ek is nie so seker, kon dalk harder probeer het. Die tweede verandering was 'n moet, dit was eenvoudig een van daai kop teen die muur stamp slegte besluite om dit in die eerste plek aan te pak. Ek het egter baie navorsing gedoen en 'n besluit geneem. Ek sal oor 'n paar weke meer hieroor deel.
Hoe verloop jou jaar sover? Is jul waar jy gehoop het jul gaan wees? Het jul 'uit' gegooi? Iets nuut in gebring? Deel bietjie jul ervarings.
Lekker leer.
Groete
Maryna
Thursday, 6 July 2017
Sunday, 28 May 2017
Wat is die gogga in die water?
Het jy al opgemerk hoeveel goggas en larwes daar in water is. Ken jy egter die algemene name van al daai goggas?
Hierdie kaartjies is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop en met toestemming deur my vertaal.
Die teiken ouderdom vir die aktwititeit is vanaf 8 jaar en op. Jy kan die kaartjies gebruik as 'n geheue tipe speletjie, of jy kan snap met dit speel. Alternatief kan jy die kaartjies gebruik as verwysing wat deel uitmaak van jou studie.
Indien jy die kaartjies gaan gebruik om mee te speel, stel ek voor jy druk dit op karton en lamineer dit. Dit sal die kaartjies nog baie lank laat hou.
Laai die kaartjies HIER af.
Lekker speel en leer.

Wednesday, 17 May 2017
Wat regverdig kurrikulum kostes?
Elke jaar koop ons almal moontlik duisende rande se kurrikulum of verskeie boeke om in ons Tuisonderwys te gebruik.
Dit is geen geheim dat die pragtige kurrikulums met al sy bygevoegde boeke en addisionele bronne meestal van Amerika af kom. Ons monde water behoorlik as ons sien wat alles daar buite beskikbaar is. Bob Jones, Abeka, IEW, Apologia net om 'n paar te noem. Die boeke word gewoonlik saamgestel deur 'n span kenners.
Vir ons om kurrikulum van oorsee aan te koop, beteken nie net boeke in dollar pryse nie, maar natuurlik ook die kostes om dit in Suid Afrika te kry en dan ook doeane kostes. Dit is genoeg om enige persoon te laat sidder of twee keer te laat dink. Tog is ons steeds bereid om daai kostes te betaal. Ons moet in ag neem dat hierdie boeke deur massaproduksie gedruk en versprei word. Duisende boeke word elke jaar verkoop.
Kom ons kyk na ons plaaslike kurrikulum/boeke verskaffers. Hier verwys ek nie na die gewone CAPS boeke ens. Ek verwys na boeke wat Tuisonderwys moeders saam gestel het. Daar word menigte ure in die saamstel van boeke gespandeer. Tyd wat daai moeder saam met haar kinders kon spandeer het (ja, die ander vat ook tyd, alhoewel die ander groot name dit voltyds vir 'n lewe doen). Baie navorsing wat gedoen moet word. Hierdie alles om te verseker dat ons wat in Suid Afrika die produkte aankoop gelukkig sal wees met wat ons ontvang. Hierdie kurrikulum/boeke/kursus is nie massaproduksie nie. Die word op aanvraag gedruk met groot koste uitgawes. Dit word noukeurig verpak en aangestuur.
Wat regverdig die kostes van die plaaslike kurrikulums in vergelyking met buitelands? Dit is bloot die reg op keuse.
Kom ons kyk gou na net 'n paar om te noem 15 Minuut Afrikaans, Footprints of our Land, Omvattende Afrikaans, Toetentaal Afrikaans en Somme(r) Pret (skuus as ek iemand uitlaat) Ons kan probeer vergelyk dat 'n jaar studie boek met Studenteboek en Onderwyser van Platinum bv. R400 sal kos. Waar 'n program soos 15 Minuut Afrikaans wat ook oor 'n jaar strek ook net oor die R400 sal kos. Maar dan bv. 'n engelse skryfprogram sal jou 'n paar duisend uit die sak ruk as jy dit van oorsee bestel.
Indien jy 'n plaaslike Tuisonderwys moeder wil ondersteun of dalk net eenvoudig daai spesifieke program gebruik. Hou die volgende in gedagte voor jy dalk voel die prys is nie bekostigbaar nie.
- Is die boeke gedruk en hoe?
- Word dit per aanvraag gedruk? Boeke wat honderde op 'n slag gedruk word kos goedkoper, dit is egter net nie prakties vir die Tuisonderwys ouer of samesteller om dit te doen tensy jou beursie nie 'n bodem het nie.
- Waaruit bestaan die program?
- Oor hoe lank tydperk strek die program?
- Kan 'n opvolg kind dit weer gebruik?
- Uit hoeveel bladsye bestaan die program? Wat het jy addisioneel nodig?
- Indien 'n elektroniese formaat beskikbaar is, hou in gedagte dat jy geen posgeld op dit betaal nie en is dadelik beskikbaar.
Baie ouers koop boeke aan met die wete dat hul dit weer kan verkoop. Sommiges voel dat elektroniese boeke nie die prys waardig is omdat hul 'niks' weer daaruit kan kry. Jou kind het egter 'n hele jaar se kennis ontvang danksy 'n ander ouer se deursettings vermoë. As jou kind in 'n publieke skool was, sou jy ook niks terug kry na jy 'n jaar R20000 plus aan net skoolfonds betaal het nie, behalwe 'n rapport en 'n kind wat hopenlik gevorder het.
Ondersteun gerus om plaaslike kurrikulum/boek/kursus verskaffer. Hul skryf die produkte juis vir ons wat Tuisonderwys.
Ek sal graag julle insette wil hoor.
Groete
Maryna
NB: Indien jy 'n produk elektronies koop, moet dit asb nie aangestuur vir iemand anders nie. Respekteer die kopiereg daarop.

Monday, 1 May 2017
Chinese Papier Lantern
Maak 'n Chinese papier lantern. Die praktiese aktitwiteit kan gemaak word as deel van 'n studie van China.
Die aktitiwteit is oorspronklik deur Ellen McHenry van die Basement Workshop saamgestel en met toestemming deur my vertaal.

Teiken ouderdoms groep: Enige
Tyd benodig: Dit hang alles af van hoeveel tyd die kind spandeer om die draak in te kleur. Gee ongeveer ‘n uur om die hele projek te voltooi.
Wat jy benodig:
-Afskrifte van die patroon bladsye.
-Skêr
-Kryte of inkleur potlode
-Gom
-Skuifspelde
-Kleefband
-Dun wol (voorgestelde kleure: rooi, geel, swart, wit)
Maak
so:
1)Maak afskrifte van die patroon bladsye. Ek stel voor dat jul dit op karton druk, maar gewone papier sal ook werk. Kleur papier of karton sal goed werk, soos bv. geel of oranje vir die draak en rooi en geel vir die buitenste deel van die lantern. Die
Chinese gebruik meestal rooi en swart wanneer hulle versierings maak.
2)Kleur die draak in.
3)Volg die aanwysings om die lantern aanmekaar te sit.
Laai die aktiwiteit HIER af.
Lekker skep en leer.
Groete
Maryna
Laai die aktiwiteit HIER af.
Lekker skep en leer.
Groete
Maryna
Labels:
Aardrykskunde,
aflaai,
aktiwiteit,
geskiedenis,
papier,
papier kuns
Saturday, 29 April 2017
Papier Virus Model aktiwitiet
Leer 'n bietjie van mikrobiologie deur te leer van die T2 en adenovirusse.
Die aktiwiteit is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming is dit vertaal deur my.
Doel van die aktiwiteit:
Leer 'n bietjie meer van die T2 en adenovirusse. Maak papier modelle van die twee virusse.
Ouderdomsgroep:
Ongeveer 10 tot 16 jaar.
Tyd benodig:
Ongeveer 15 tot 20 minute per model afhangende of jy dit gaan versier.

Agtergrond informasie
’n Virus is reg op die lyn van lewende en nie-lewend. Alhoewel dit DNS bevat, die boustene van lewe, het ’n virus baie min in gemeen met ’n lewende sel. Dit het nie die organelle wat in lewende selle gevind word nie, soos bv. mitochondria, nukleus, endoplasmiese retikulum en ander buitenste membraan. ’n Virus beskik nie oor geslagtelike voortplanting nie, dit kan egter genetiese materiaal uitruil tussen selle. Dit moet homself heg aan ’n lewende sel om nog virusse te maak. ’n Sekere tipe virus kan homself slegs heg op ’n spesifieke sel. Soos bv. ’n virus wat jou longe aanval, val nie jou maag aan nie.
Virusse het ’n baie geometriese voorkoms. Dit lyk meer soos geometriese figure as
lewende kreatiere. Die adenovirus soos hier gewys het 20 sye. Soms is daar lang skerp pennetjies wat by die hoeke uitsteek. Soek gerus op die internet rond vir nog voorbeelde.
Die ander virus soos hier aangewys is die T2, dit heg homself slegs aan bakterieë. Jy sal nooit die een kan vang nie. Dit word ’n bakteriofaag genoem. Sy vorm is moontlik die mees interessantste van al die virusse. Soos wat lyk dit vir jou? Dalk ’n ruimtetuig? Die protein is op
die boonste deel en die bene onder is wat aan bakterieë vasheg. Die bene trek die lyf af sodat dit aan die sel kan raak, en die virus DNS
word in die sel in geblaas.
Doel van die aktiwiteit:
Leer 'n bietjie meer van die T2 en adenovirusse. Maak papier modelle van die twee virusse.
Ouderdomsgroep:
Ongeveer 10 tot 16 jaar.
Tyd benodig:
Ongeveer 15 tot 20 minute per model afhangende of jy dit gaan versier.
Wat jy benodig:
-Skêr
-Gom
-Patrone wat uitgedruk is in kleure van jou keuse
-‘Chenille stems’ (pypskoonmakers) in enige kleur (3 per virus)
-Skuifspelde of wasgoedpenne om die dele aanmekaar te hou terwyl dit droog word
Monday, 3 April 2017
Afwesig
Jammer ek het so lanklaas inskrywings geplaas. Ek behoort deur die vakansie n paar nuwe goedjies te plaas. Die lewe gooi ons bietjie omver.
Groete
Maryna
Groete
Maryna