Showing posts with label papier kuns. Show all posts
Showing posts with label papier kuns. Show all posts

Monday, 1 May 2017

Chinese Papier Lantern

Maak 'n Chinese papier lantern. Die praktiese aktitwiteit kan gemaak word as deel van 'n studie van China.

Die aktitiwteit is oorspronklik deur Ellen McHenry van die Basement Workshop saamgestel en met toestemming deur my vertaal.

Teiken ouderdoms groep: Enige
 
Tyd benodig: Dit hang alles af van hoeveel tyd die kind spandeer om die draak in te kleur. Gee ongeveer ‘n uur om die hele projek te voltooi.

Wat jy benodig:
-Afskrifte van die patroon bladsye.
-Skêr
-Kryte of inkleur potlode
-Gom
-Skuifspelde
-Kleefband
-Dun wol  (voorgestelde kleure: rooi, geel, swart, wit)

Maak so:
1)Maak afskrifte van die patroon bladsye. Ek stel voor dat jul dit op karton druk, maar gewone papier sal ook werk. Kleur papier of karton sal goed werk, soos bv. geel of oranje vir die draak en rooi en geel vir die buitenste deel van die lantern. Die Chinese gebruik meestal rooi en swart wanneer hulle versierings maak.
2)Kleur die draak in.
3)Volg die aanwysings om die lantern aanmekaar te sit.

Laai die aktiwiteit HIER af.

Lekker skep en leer.

Groete

Maryna

Sunday, 15 November 2015

Kersfees papier aktiweite

Met Kersfees om die draai leer kinders weer van Jesus se geboorte.

Hier is 'n oulike Diorama en ander papier aktiwiteite van My little House wat die kinders kan knip en plak. Dit is meer vir die jonger kinders maar enige een kan dit geniet veral die modelle (The Nativity Story) heel onder.



Laai die patroon HIER af. 

Hier kan jul die onderstaande inkleurprent aflaai.


Kyk na die 3D papier prente wat jul kan aflaai. Hier is instruksies hoe om die prente aanmekaar te sit.


Laai dit HIER af.


Laai dit HIER af.


Laai die papier modelle hierbo by DIE skakel af.


Lekker knip en plak.

Groete

Maryna


Friday, 10 April 2015

Voël kunswerke

Nog 'n projek wat ons baie lank terug gedoen het. As deel van ons voël kunswerke het Matthew 'n paar papier voëls aangepak.

Die papierkuns is geskik vir iemand wat taamlike ondervinding het met die plak en bou van die soort 3D papierkuns. Vir 'n jonger kind kan dit moontlik moeilik wees.

Valk
Kingfisher
Jy kan die instruksies en patrone gratis aflaai van Canon Creative Park site se webblad. Valk en die Kingfisher. Daar is oor verskeie ander voëls wat afgelaai kan word.

Ons volgende verfkuns het ons die prentjies in die tydskrif Craftwise gevind.
Matthew se weergawe

Makayla se weergawe
My weergawe
Ons het hierdie op 'canvas' borde geverf met akriel verf. Die lekker ding van akriel verf is dat dit vinnig droog word en is dus ideaal vir kinders om mee te werk. Indien dit nog bietjie nat is en jy wil dit vinnig droog kry, gebruik net 'n haardroër. In my weergawe het ek papier blare met die verf op geplak.

Probeer dit, lekker speel en skep.

Groete

Maryna

Saturday, 11 January 2014

Die Kasteel van Goeie Hoop

In 1666 en 1679 is Die Kasteel van Goeie Hoop gebou vir die verversingspos vir seevarendes deur die Oos-Indiese Maatskappy (OIC). Dit is tans die oudste koloniale gebou in Suid Afrika.

Kyk na 'n infografika oor Die Kasteel van Goeie Hoop.



Hieronder is 'n video hoe jy die papier kasteel aan mekaar kan sit en onder is al die skakels vir die nodige dele. Kliek op die naam om jou na die pdf te neem.




Die grondplan
Hoofkonstruksie
Bastionne
Binne geboue

Leer meer van Die Kasteel van Goeie Hoop by die volgende plekke:
My volk
Kasteel Goeie Hoop se ryk geskiedenis
Die verhaal van 'n reddingsdaad



Lekker leer en bou.

Opdateer 18/10/2017 ek het opgemerk dat die aflaaie van die aktiwiteit nie meer beskikbaar is nie. Sodra ek weer die pdf aflaai bladsye kan opspoor sal ek dit plaas.

Groete

Maryna