Showing posts with label beplanning. Show all posts
Showing posts with label beplanning. Show all posts

Monday, 16 November 2015

Kurrikulum vir 2016

Ons voorgestelde program vir 2016 lyk soos volg.

Wiskunde
Teaching Textbooks Math 7
(Later in die jaar oorgaan na Teaching Textbooks se Pre-Algebra afhangende hoe Teaching Textbooks vir ons werk. Huidiglik is dit 'n sukses en kinders geniet dit baie. Hul het reeds met Math 7 begin)

Engels
Fix it Grammar! Book 2 Robin Hood
Student Writing Intensive level B
Teaching Writing Structure and Style (vir my)
Spelling: Sequential Spelling

Afrikaans
Gebruik verskeie bronne om n volledige program te kan maak, bronne is:
Maak spelling maklik (daar is baie idees in om op ander werk toe te pas)
Kominpas met Afrikaans
Taal Oefenboek deur Japie Stander
Blokraaisels
HAT
Afrikaanse woord en spelreel boek
Leesboeke
Speletjies soos antonieme, idiome ens

Aardrykskunde
Aarde Ensiklopidie
Geography through art
Lewende planeet

Geskiedenis
Story of the world

Wetenskap
Verskeie eksprimente
Ellen McHenry bronne: The Elements, Botany en ander aktiwiteite van haar (ek sal Afrikaanse vertalings plaas soos ek dit vertaal het van haar gratis bronne/speletjies.)

Kuns
Bronne/idees uit Pinterest
Aktiwiteite wat gepaard gaan met lesse uit Aardrykskunde en Geskiedenis.


Rekenaar
Blender vir Matthew

Sport
Yshokkie

Daar mag moontlik nog ander bronne bygevoeg word. 

Ek sal 'n skrywe plaas oor Afrikaans en hoe 'n mens dit kan maak werk sonder om 'n formele kurrikulum (CAPS - gaap) te gebruik.

Dit is ons beplanning sover in 'n neutedop. As jy enige vrae dalk het oor enige van die, vra gerus.

Groete

Maryna

Friday, 15 November 2013

Beplanning

Vir 2014 het ek besluit om bietjie meer beplanning te doen.

So beplan ek die hoe, wat en wanneer:

Die hoe en wat begin met 'n begroting van watter boeke vir die skool loopbaan benodig gaan word. Ek het vooruit beplan vir al die jare se beraamde kostes. Daar is 'n basiese raamwerk per jaar, alhoewel dit nie werklik onvoorsiende kostes insluit - soos daai "net gou hier by Bargain Books kyk" uitsappies nie.

Maar hoe is ook natuurlik wanneer wat gedoen gaan word. Ons probeer by 'n basiese skedule hou maar dit verander gereeld. Veral vir daai onvoorsiende dae wat iemand siek is of 'n kuier by ouma of 'n uitstappie iewers heen.

Ek het altyd probeer 'n dagboek en my rekenaar gebruik om op te stel wanneer wat gedoen moet word. Maar ek het daarteen besluit vir die komende jaar. Ek het op my Andriod Tablet rekenaar 'n oulike 'app' Homeschool Helper. Dit is ook beskikbaar vir iPad. Ek sal nog 'n volledig pos inskrywing van die 'app' doen.




Sien 'n video hieronder van hoe dit werk.






Lesse uit boeke word gedoen deur eenvoudig van voor na agter deur te werk. Dit sluit in enige iets van werkstukke wat gedoen moet word of iets wat ons uit 'n nie-fiksie en fiksie lees.

Vir boeke wat 'n ietsie ekstra nodig het, kyk ek eers wat behandel word en dan maak ek 'n lys van ander boeke wat ons ook moet gebruik en besoek die biblioteek as ons dit nie het nie. Dit beteken wel meer voorbereiding van my kant af.


Ek maak ook baie gebruik van die internet en sy hulpmiddels.

Die wanneer van die beplanning strek gewoonlik oor 'n periode. Ek probeer om die basiese algemene beplanning een keer te doen. Maar soos ons uit nie-fiksie boeke werk, word beplanning weekliks en soms daagliks gedoen.

Ek hou daarvan om te weet 'waar' ons is en 'waarheen' ons beweeg. Ek hou nie daarvan om soos 'n hoender met 'n af kop rond te hardloop en soek na goed. My kinders moet weet dat ek in beheer is. Dit help ook dat hulle nie onseker is oor wat aangaan nie.

Dit is maklik om te beplan, maar om daarby te bly is natuurlik iets heeltemal anders.

Beplan jy? Deel jou insette.

Groete

Maryna