Thursday 30 April 2015

Tuisgemaakte speel klei van deeg

 As kinders siek is en werklik nie krag het vir skoolwerk nie, is daar altyd ander idees om hulle besig te hou. Klei speel is een van daai idees. 

Hierdie was deel van 'n baie ou blog skrywe wat ek op my Engelse blog geskryf het. Ek plaas dit hier vir diegene wat graag vir hulle kinders wou doen.

Tuisgemaakte klei van deeg.


Ons het 'n groot ou plastiek koekblik wat vol verskillende vorms is. Ons gebruik dit nie vir koekies nie, maar wel vir klei. Dit kan hul ure besig hou.

Sagte klei resep

Wat jy benodig:
2 koppies meel
1/2 koppie sout
1 eetlepel kookolie
1/2 koppie water
Kleursel

Maak nou so:
Meng alles saam in 'n bak - gebruik sommer jou hande ;)
As dit te droog is, voeg 'n bietjie water by, maar net 'n bietjie op 'n keer.
As dit te nat is, voeg nog meel by.
Knie dit tot jy dit in 'n bal kan vorm en haal dit uit die bak.
Op 'n meel bestrooide oppervlak, knie dit nog 'n bietjie tot dit ferm is.
Gooi kleursel oor en knie dit nog. Jou hande gaan wel gevlek word in die meng proses. Meng dit deeglik in tot geen kleursel meer afgee nie. (niks wat water en seep nie kan reg maak)
Bêre die klei in 'n plastiek houer.

Wenke:
*As jy die kleursel deeglik in die klei meng sal dit nie op klein handjies afgee nie :) 
*Ek het die deeg in kleiner bonneltjies verdeel en elkeen 'n ander kleur gekleur.
*Ek het kleursel gebruik wat in 'n 'gel' en poeier vorm was.

Hierdie 'af' dae gee ons moeders kans om met ander goed op te vang of om bietjie ietsie te doen wat ons self graag wil doen.

Lekker speel

Groete

Maryna

1 comments:

Unknown said...

Ek het gevind toe ek die resep vir my klas se kinders gemaak het dat dit te gou krummelrig word. Ek het toe meer water ingesit en dit op die stoof gekook en daar was die probleem opgelos. Die gekookte klei hou ook tot 2maande. My klas se kinders geniet die kleispelery baie. Alhoewel ek soms meer klei tussen die tellers en op die vloer het. Dit sal seker 'n ruk vat voor almal geleer het om daarmee te speel sonder om mekaar daarmee te gooi.

Post a Comment