Showing posts with label Kuns; Diere. Show all posts
Showing posts with label Kuns; Diere. Show all posts

Wednesday, 13 November 2013

Teken 'n apie

Die kinders geniet dit vreeslik baie om te teken. Veral as dit uit boeke is wat hulle presies wys hoe om te teken.

Hierdie stap vir stap tekening kom uit die Groot Tekenboek voor beginners deel een by Philippe Legendre. Dit is 'n Nederlandse boek wat ek tweedehands by ons Boeremark gekoop het. Dit is 'n baie oulike boeke met 'n groot verskeidenheid diere om te teken en dan hoe jy alles saam kan voeg in een kunswerk.



Hier kan jy sien hoe om die apie te teken.





Die is met olie pastelle geteken.

Makayla
Matthew
Dit is oulike hoe die kinders elkeen hulle eie 'stempel' op die tekening sit.

Deel gerus julle apie tekeninge met ons.

Groete

Maryna

Friday, 8 November 2013

Kameelperd - teken en vou

Die wonder van 'n kameelperd.

Die kinders het bietjie kreatief geraak en die ou langnek teken met olie pastelle. 
Makayla se Kameelperd
Matthew se Kameelperd
Die teken les was geneem uit die Nederlandse boek Groot Tekenboek Voor Beginners Deel een. Ek het hierdie boek gevind by ons plaaslike plaasmark vir slegs R10. Alhoewel dit in Nederlands is, hoef 'n mens net die prentjies te volg.


My kameelperd het ek geteken en geverf met pen en waterverf. Dit was deel van 'n waterverf klas wat ek doen deur Paint Basket

My kameelperd (Pen en waterverf)





Sien die infografika om meer te leer oor die Kameelperd.




Vou 'n Kameelperd


Kameelperd origami
Die kameelperd origami hierbo kan oorspronklik HIER gevind word.

Jonger kinders kan die onderste een probeer.



Al die instruksies kan HIER gevind word. 

Vir die wat heelwat ouer kan die knip en plak een probeer.


Die volledige drukbare patroon en instruksies kan van die Canon Creative Park se blad afgelaai word. 

Loer ook op Pinterest rond, daar is oulike idees vir Kameelperde wat jy met toiletrolletjies kan maak.

 
Lekker speel en leer!


Groete

Maryna