Showing posts with label SOTW. Show all posts
Showing posts with label SOTW. Show all posts

Wednesday, 30 September 2015

SOTW 1: Hoofstuk 9 Die eerste stede van Indië

In hoofstuk 9 leer ons van die eerste stede in Indië. Hierdie hoofstuk is een van daai wat jou absoluut prikkel met baie vrae, wel vir my het dit beslis.

Ek geniet SOTW baie, nie net om vir my kinders geskiedenis van die wêreld te leer nie, maar ek self wat tot my laaste jaar op skool geskiedenis gehad en gehaat het, so baie leer. Ek leer goed wat ek nog nooit tevore geleer het nie.

Om terug te kom by hoofstuk 9. Ons het geleer van die Indus vallei en hoe die mense daar geboer het. Hoe hul stad gelyk het en hoe hul met ander dele handel gedryf het. Die mees fassinerende deel vir my was die feit dat hierdie mense 'n drein sisteem gehad het. Toilette in die huis en alles afgeloop na 'n sentrale punt. Hoe ongelooflik is dit dat iemand hul argitektuur so beplan het.

Die hartseer van die is die feit dat niemand ooit hul skrywe sover kon ontsyfer nie. Wat het hul werklik gesê, hoe het hul werklik geleef? Wat het van hul geword? Soos ons lees van Mohenjo-Daro was die mense uitgeroei deur vyande, of hul het die plek verlaat wees dalk na 'n skielike water tekort, dalk siekte. Wie weet? Gebeentes is in die strate opgegrawe. Kan jul glo... ek wens werklik waar ek was 'n kundige en Argeoloog want ek sou baie graag wou weet wat daar gebeur het.

Die kinders het vir hulle 'huisies' gebou en Makayla het ook 'n modder baksteen gemaak.



Hoe om die bakstene van die huisies te maak met klei wat jy self aanmekaar slaan.

Wat jy benodig:
2 koppies koekmeel
1 eetlepel kookolie
1/2 koppie sout
1 koppie water
Waspapier (waarmee jy toebroodjies toemaak)
liniaal
koekroller
Gom (craft glue)

Maak so:
Gooi alles saam en roer goed deur. Knie tot jy 'n lekker bal gevorm het. Indien jou mengsel te droog is gooi klein bietjie water by, as dit te veel aan jou vingers plak, gooi nog 'n klein bietjie olie by of smeer net jou hande met 'n bietjie kookolie.
Skeur waks papier af en laat jou kind die deeg bolletjie uitrol.
Laat hul die bakstene sommer uitsny met 'n liniaal. (draai die liniaal op sy sy en druk hard deur die deeg)
As al die bakstene klaar 'gemaak' is, spuit 'n bakplaat en bak in die oond. (moet dit nie op die waspapier in die oond sit nie, sit dit op die gespuite pannetjie. Veral as jy 'n gasoond het - die papier brand)
As dit reg is, dit sal bietjie bruin wees en hard, laat dit afkoel.

Ons het dit eers probeer oornag hard word (was nog sag) voor ons dit die volgende dag in die oond gesit het. Hierdie resep is eintlik vir lekker speel deeg, wat jy net kleursel kan bygooi en in ligdigte houers bere. Maar as jy dit gou wil hard hê, bak dit maar eerder.

As die 'bakstene' hard en koud is kan die kind te verf en droog laat raak, daarna is dit reg om te bou.

Bou so:
Hier kan jou kind hul absolute verbeelding gebruik. Soek bietjie op die internet hoe die huisies gelyk het. Plak die bakstene met gom op mekaar en gebruik 'n stukkie karton vir die dak.
Hier is 'n paar oulike video's om na te kyk. Dit gee vir ons 'n idee hoe dit daar was, hoe dit gelyk het en wat die mense gedoen het.

 









Lekker leer.

Groete

Maryna

Thursday, 12 March 2015

SOTW 1: Hoofstuk 8 Die Assiriese mense

In die hoofstuk lees ons van die mense in Assirië en hoe hulle geregeer het.

Koning Sennecherib het eers in die antieke Assirië geheers en was glad nie 'n gawe man nie. Sy opvolger Ashurbanipal was net so erg. Mense het in vrees gelewe. Hy het geheers deur mense te manipuleer. As jy nie volgens sy pype dans nie, is jy jou lewe kwyt.

Ek het 'n Afrikaanse (kan jy glo) kaart gekry op die internet van die area waar Assirië gelee is.



Op Mieliestronk se webblad is daar 'n stuk te lees van die mense/nasies in Mesopotamië.

Ons het ook geleer van die legende of dalk mite van Gilgamesj. Ek moet nou eers hier stop. Alhoewel dit 'n storie is wat grootouers vir hul kinders en die se kinders deur die loop van tyd vertel het, verskil die weergawes van die storie. Watter een nou korrek is, weet ek werklik nie. Die een wat ons gelees het in SOTW verskil ietwat van die een wat ons in Vrae & Antwoorde Antieke Wêreld gelees het. Op die einde maak dit seker tog nie saak nie.

Hy was 'n slegte mens. Daar was versoek gedoen aan gode om hom 'n beter mens te maak. 'n Wilde man is geskep om hom reg te sien. Nou ou Gilgamesj was so sterk soos kan kom, amper soos ou Simson maar nie so gawe ou soos hy nie. Die wilde man se naam was Enkidu. Alhoewel Enkidu vir Gilgamesh moes vermorsel het, het hulle na jare vriende geword. Na Enkidu se afsterwe weens siekte het Gilgamesh verpletter. Hy het dit op homself geneem om 'n manier te kry om altyd te kan lewe. Die god Utnapisjtim was genader om hulp. Gilgamesj was opdrag gegee om vir ses dae en sewe nagte wakker te bly, maar arme ou Gilgamesj was net te moeg en het geslaap. Utnapisjtim het hom nog 'n kans gegee, hy moet 'n plant by die diepste punt van die see kry en dit eet en sou weer jonk word en altyd lewe. Gilgamesj kon die plant kry, maar raak aan die slaap en 'n slang verorbe die plant. Met die gevolg die slang verloor sy vel (vervel) en word weer mooi. So het hy nie geslaag, oud geword en later gesterf.

Die legende vertel eintlik dat Enkidu half mens half dier was. Eintlik 'n tipe monster of wie weet dalk een van daai gediertes soos in Narnia. Die kinders het hul uitbeelding gemaak van die gedierte. Ja skrikwekkend ek weet... ;)

Makayla se voorstelling

Matthew se voorstelling
Hier is 'n video van die legende (Animasie)



In die volgende video is daar 'n uittreksel uit die film Star Trek waar die storie van Gilgamesj vertel word.



Hier is nog 'n animasie video 



Lekker leer.

Groete

Maryna

Wednesday, 11 March 2015

SOTW 1: Hoofstuk 7 Hammurabi

In Hoofstuk 7 het ons geleer van Hammurabi. Dit was nou vir jou 'n kwaai man wat nie nonsens gevat het nie. Sy wette was egter die grondslag vir die tien gebooie.
Uit die boek Gruwelike Geskiedenis van die wêreld




Hier kan jy bietjie meer lees oor die Sterrekundiges van Babilon
Interaktiewe aktiwiteit om meer te leer oor Hammurabi se kode

In die video hieronder is 'n kykie na Babilon en sy mense.



Lekker leer.

Groete

Maryna

SOTW 1: Hoofstuk 6 Die Joodse mense

In Hoofstuk 6 leer ons van Abraham en sy gesin. Ons leer van Josef en hoe hy 'n belangrike man geword het.

My man het die gewoonte om my altyd "ou Josef die dromer" te noem. Natuurlik met goeie rede ;) Die stuk is vir my so mooi, alhoewel Josef moeilike seisoene in sy lewe ervaar het, het hy steeds 'n goeie en getroue man gebly. 'n Man van liefde en vergewensgesindheid. Hoe baie van ons is tog werklik so?

Hier kan jy 'n mooi video van Josef King of Dreams kyk (maak net die skerm groot as jy in daai webblad is. Die film is ook op youtube maar in baie kort dele)
Deel 1
Deel 2
Deel 3

Die aktiwiteit wat voorgestel was in die boek was om Josef se kleurvolle jas te maak. Ons het dit egter nie gedoen nie.
As jul dit wil doen, kan die kinders op papier 'n jas teken en baie kleurvol versier, alternatief kan hulle 'n ou wit oopknoop hemp gebruik en dit verf.

In die studente afdeling was daar ook 'n strokiesprent wat die kinders kon inkleur om die verhaal uit te beeld. Hieronder is net 'n voorbeeld van die eerste bladsy.



Groete

Maryna


Tuesday, 10 March 2015

SOTW 1 - Hoofstuk 5: Die eerste Sumeriese Diktator

Ons het geleer van die koning Sargon. Sargon se storie begin baie soos Moses sin in die mandjie.Heel toevallig...

'n Gedig oor die legende van Sargon


In die boek Vrae & Antwoorde Antieke wêreld kan jy meer lees oor waar die Sumeriërs vandaan kom, in watter soort huise hulle gewoon het, wat is 'n ziggoerat. Het julle geweet dat die Sumeriërs die wiel uitgevind het. Dit was van hout gemaak en hulle het ook die pottebakkers wiel uitgevind. 

Op die webbladsy is daar 'n interaktiewe speletjie om 'n ziggoerat te bou. Kliek op die byskrif onder die foto om jou na die webblad te neem.

Bou 'n ziggoerat
Hier is 'n paar skakels as jul meer wil lees, alles in Engels:
Social Studies for Kids: Sargon
Sargon of Akkad - Wikipedia
Ancient History Sargon of Akkad met 'n interaktiewe tydlyn.

Groete

Maryna

Friday, 2 January 2015

SOTW 1 - Hoofstuk 4 Mummies en Piramiedes

In hoofstuk 4 het ons geleer van hoe die mummie proses plaasgevind het en wat die mense geglo het. Ons het ook meer geleer van Piramiedes. 

Praktiese take
In die foto hierbo kan jul van die aktiwiteite sien wat die kinders gedoen het. Hulle het mummies gemaak, 'n piramiede gebou met lego blokkies, bietjie rond gespeel met verbande en eetbare mummies gemaak.

Die mummie mannetjies het hulle gemaak met pyp skoonmakers as die geraamte van die mannetjie en gesnyde verband om dit gedraai. Die ogies is vasgegom om die 'outjie' bietjie lewe te gee.

Hoe om die eetbare mummies te maak: Ons het pizza deeg gemaak, dit uitgerol in lang repe en om worsies gedraai en toe gebak. Ons het hoender Viennas gebruik, maar jul kan enige iets gebruik.

Hier is die pizza deeg resep:
200g koekmeel
1/4 teelepel sout
1 teelepel droë gis
150ml hand-warm water
1 eetlepel olie

Meng die meel, sout en gis saam in 'n bak. Voeg warm water en olie in die middel van die mengsel by. Meng met lepel of hande tot 'n sagte deeg. Knie vir 5 minute. Maak toe met plastiek en laat dit rys vir 45 minute. Knie weer vir 2 minute. Bak vir 20 - 25 minute in 'n voorafverhitte oond teen 220 grade. 

Die resep maak baie lekker pizza. Smeer tamatiesous oor, gooi jou bestandele van jou keuse op, lekker baie kaas en in die oond. As julle 'n behoorlike ete wil hê verdubble die hoeveelheid. 


In die video hieronder verduidelik hulle hoe die mummie proses werk.



Heironder is 'n grappige Piramiede animasie video. Dit het niks met die les te doen maar is net iets ouliks om oor te lag.



In die BBC produksie Building the Great Pyramid word die bou van die Piramiedes in 'n storie formaat aan ons gewys. Die videos is opgedeel in 6 dele. Hieronder is deel 1. Besoek gerus youtube om die res ook te kyk (die volledige storie). Dit is werklik 'n mooi hartroerende storie.


As jy 'n pragtige drie-dimensionele kykie wil kry van die Piramiedes by Giza moet jy na hierdie webblad kyk. Dit is 'n ongelooflik toer soos jy nog nie gesien het nie.

Hier is 'n paar kreatiewe papier dinge om te maak en skep:

Kliek op die foto om jou na die skakel te neem.

Great Pyramid of Khufu
Groot Piramiede van Khufu

Sphinx Egypt
Sphinx

 
Pyramid Book
Piramiede boek


King Tut Pastel Resist
Koning Tut Pastel weerstand

3D Antieke Egipte Loerboek (Lapbook) op Practical Pages se blog, beweeg ondertoe om by Egipte se afdeling te kom. (Dit is in Engels)

Ineteraktiewe webbladsye met addisionele inligting: (Neem kennis basies alles is in Engels)
Op Mieliestronk kan jul bietjie meer lees oor die Piramiedes. 

Op die blad kan jy lees van die begrawe proses I read it in the book of the dead, daar is ook speletjies wat jy kan speel en baie om te sien.(baie oulike blad)
Ontdek meer oor Antieke Egipte by National Museums Scotland
Ontdek The Royal Tombs of UR
Ontdek Ancient Egypt
Birmingham Museum - Ancient Egypt
 
Aanlyn speletjies:
Op die Horrible Histories se blad is twee speletjies wat gespeel kan word Mummy madness en  Tomb of Terror.
Op BBC - History is nog 'n speletjie Pyramid Builder.

Onder 'n goeie Infografika oor die Groot Piramiedes
http://api.ning.com/files/87ryMDjzDaGqLZpwol-kvN-EVDRYVpQDB4PiwCRu19P36uEFV6Bf5uRSc7lsD*Rb/Pyramids.jpg

Ons het ook uit die oulike opwip boek Tutankhamen's Tomb gelees. Ek het dit gekoop by ons plaaslike Bargain Books.


Daar is baie oulike en goeie inligting oral oor die internet en baie oulike aktiwiteite. Ek het slegs alles hier gewys wat ons self gedoen en lees het.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Tuesday, 8 April 2014

SOTW - Hoofstuk Drie - Ontstaan van Skrif

Die oorsprong van alle kommunikasie is ongelooflik fasineerend.

Lees hier meer oor Wigskrif

Nog 'n oulike blad oor hoe skrif ontstaan het.



Hier (soos die prentjie hierbo) is 'n oulike kort les om vir jou te verduidelik hoe om jou naam in 'coutouche' te skryf, hoe die klanke werk en om dit 'n kuns projek te maak.

Hier is nog 'n oulike blad oor die skrif en 'n aanlyn tikmasjien om jou naam te tik en uit te druk. Kyk ondertoe op die skakel vir die 'tikmasjien' Hier is my naam op die 'tikmasjien' gedoen.



Die groot probleem wat ek wel ondervind het in my soektog en vergelykings met die skrif het ek 'n paar alfabette ontdek wat van die letters nie ooreenstem nie. Dus kan ek nie met versekering uitwys watter een is korrek en watter een nie. Ek vind dit besonders frustreerend.

Ons moet maar gebruik wat ons kon vind en het die tikmasjien soos bo genoem gebruik vir die kinders om hulle name in Hierogliewe te skryf. Hulle het olie pastelle gebruik op suiker papier.

Matthew se naam

Makayla se naam

 'n Fantastiese dokumentere film oor die geheim en ontdekking van die Rosetta Stone en Hierogliewe. Hoe hulle dit ontleed het en nog meer. Hierdie dokumenter is in 'n bindende storie formaat. Die videos is lank maar dit is werklik die moeite werd om te kyk. My kinders was gebind en wou net nog kyk.

Die eerste video wys die ontdekking van die Rosetta Stone. Ek stel voor dat jy die videos in die volgorde kyk maar kan apart ook gesien word. Die stories handel oor dieselfde kern persone wat die ontdekkings en ontledings gedoen het.



Die tweede video wys hoe hulle die Hierogliewe ontleed kon kry in 'n alfabet.



Ons kon die bogenoemde DVD by ons plaaslike Biblioteek kry. Ek het dit egter daarna op Youtube ook opgespoor. Kyk dit beslis.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Monday, 10 February 2014

SOTW - Hoofstuk 2 Egiptenare langs die Nyl Rivier

Ons het verlede week in ons studie van Story of the World Hoofstuk 2 geleer oor die Egiptenare wat langs die Nyl rivier gewoon het.

In hierdie hoofstuk het hulle twee dinge geleer:
Die vloede van die Nyl en watter nut dit vir die boere ingehou het. Die mite verhaal hoekom die Nyl een keer 'n jaar oorstroom het.
Hulle het ook geleer van die twee koningkryke van Egipte en hoe hulle een geword het. Die storie agter Koning Narmer se twee-kleurige kroon.

Leer op Mieliestronk meer oor die mense en die antieke beskawings en ook Die Nyl van die Farao's.

Die kinders het begin om 'n pratige 3D kaart van die Nyl Rivier te maak van koerant en gom. Ongelukkig het 'n klomp goggas besluit om dit hul huis te maak terwyl dit besig was om droog te word. Die projekte het egter in die asblik beland voor die heeltemal klaar was.

Die foto hieronder is 'n beweegbare Koning Namer wat hul gemaak het. Jy kan die mannetjie HIER aflaai. Daar is 'n opsie vir 'n kleur een of een wat die kinders self kan inkleur. 




In die video hieronder kan jy sien hoe die twee Egiptiese dele een geword het.




Kunswerke van Koning Narmer met olie pastelle gedoen.


Makayla se kunswerk

Matthew se kunswerk

Op Artfactory se blad is daar 'n groot verskeidenheid van Egiptiese kunswerke wat julle kan doen.

Hier is 'n oulike Egiptiese geheuspeletjie wat jy kan aflaai en uitdruk.


Ek vertrou dat hierdie idees julle kanhelp met jul Egiptiese studies.

Groete

Maryna

Tuesday, 28 January 2014

SOTW - Hoofstuk 1: Die vroegste mense

Hierdie week het ons gewerk aan Hoofstuk 1: Die vroegste Mense - uit die boek Story of the World.

Die kinders het geleer van Nomades (swerwers). Wat hulle geeet het, hoe hulle geleef het, hoe hulle huise gelyk het ens. Hulle het ook geleer hoe hierdie mense begin het om te boer en hoe dit gekom het om hul in een plek te vestig.

Hier is 'n kykie na 'n oulike video van die Nomades tot boere. (Engelse video)





Na die meer 'formele' sy van die hoofstuk het hulle 'n unieke  rots tekening gemaak.
Makayla se rotskuns
Matthew se rotskuns

Maak 'n rotskuns tekening so:
Neem 'n gekleurde papier. Frommel dit op en maak dit weer oop. Laat jou kind hul unieke kuns in swart op verf. Slegs buitelyne. Neem daarna 'n menskleurige verf en verf die binnekant van die voorwerp. As dit droog is, neem 'n rooi-bruinerige verf en gaan om die swart buitelyne.

Kyk hierdie oulike agter die skerms video van die rotskuns toneel soos dit ontwikkel was vir die film The Groods.


Terwyl ek die hoofstuk vir hulle gelees het, het hulle 'n prent van 'n 'Shaduf' ingekleur. Hierdie implement was die eerste van sy soort om die mense van daai era te help om water van een punt na 'n volgende te kry.

Die kinders het hulle eie voorstelling van dit gemaak. 

Die fotos hieronder: Die boonste een is 'n gesamentlik poging om 'n groot een te maak. Takke van 'n boom wat gebreek het, 'n swembadnet (baksteen in vir die gewig) met sy pyp, 'n ou tou en 'n ou 'HTH' emmer.

Die onderste klein model aan die linkerkant is Matthew sin en die kleintjie in die middel Makayla sin. Die bakkie is gemaak met 'n ou lee eierhouer doppie. Die laaste fototjie is die inkleurprent van die Shaduf wat ek in die Aktiwiteits boek gekry het.




Ek het glad nie van Geskiedenis gehou op skool nie. Nou leer en net so baie soos die kinders aangesien ons nie eens die onderwerpe behandel het nie. Nou hou ek ook daarvan.

Maak Geskiedenis prettig en wys bietjie wat julle doen.

Groete

Maryna

Sunday, 26 January 2014

SOTW - Tydlyn

Ek het oorspronlik die Tydlyn idee vir Story of the World Volume 1 op die Tending Our Lord's Garden se blog gesien. Ek het 'n Afrikaanse weergawe van die Tydlyn stroke en bord gemaak.

Hier is 'n kykie na hoe ons finale bord lyk. Ons bord is massief. Dit is meer as 'n meter wyd en hoog.


Tydlyn bord

Nader kykie na die Opskrif

Hoe ek die bord gemaak het:
Ek het 'n blad 'chip board' gebruik. Die bord is oorgetrek met 'n nagemaakte leer. (die wat hul gebruik om die seil agter op 'n bakkie te maak - oorskiet wat ons gratis gekry het). Ek het die seil met 'n kramgeweer agter vas gekram. Die opstrifte is ook vasgekram. Die lyne en spasies het ek uitgewerk en met bordkryt gemerk. Sien die foto onder. Al die stroke is met duimspykers vasgesit (amper almal). Amper klaar en ons besef daar kort stroke (het op die bank in hul 'klaskamer' gelê). Ek moes die onderste twee rye ingedruk het. (het nie kans gesien vir alles uithaal en opskuif nie) Ek het die laastes (oranje) met die kramgeweer vas geskiet.(my duim kon dit nie meer hou nie)


Makayla pak die stroke in die regte orde.


Tydlyn stroke
Bo kan jy sien hoe die tydlyn stroke lyk. Ek het dit uitgedruk en gelamineer en van mekaar geknip. Jy kan dit hier aflaai.

Jy kan ook die opskrif wat ek vir die bord gemaak het hier aflaai.

Alhoewel ek hierdie gemaak het vir ons studie van die boek The Story of the World (Die storie van die wêreld), kan dit maklik vir enige ander Geskiedenis studie gebruik word.

Daar is klomp tydlyn foto kaartjies op die internet beskikbaar en ook op Tending to our Lord's Garden se blog. Ek wil egter probeer om my eie saam te stel. Dit is huidiglik die plan, maar dit kan verander. Soos ons elke hoofstuk behandel, so sal ons 'n kaartjie op die regte tyd era heg.

Geniet dit, en lekker leer.

Groete

Maryna

Monday, 20 January 2014

SOTW - Inleiding - Argeologie

Inleiding - Story of the World Volume 1 word daar vertel wat Geskiedenis en Argeologie is.

Dit is hoe ons die les gedoen het: Ek het eers vir die kinders die inleiding gelees oor wat Geskiedenis en Argeologie is. Alhoewel die storie in Engels is, kon die kinders dit maklik volg, maar ek het dit ook in Afrikaans vir hulle verduidelik.

Ons het op 'n later geleentheid die videos hieronder gekyk en daarna geskryf, geteken en lekker aktiwiteite gedoen.

Hier is 'n kykie na 'n video wat ek op youtube gekry het van 'n klomp jong kinders wat 'n geleetheid kry om ook Argeologie te beproef en bietjie rond te krap in die grond.




 
Hier kan jy sien wat doen 'n Argeoloog. (ongelukkig in Engels)


In die volgende video kan jy 'n volledige episode sien van Bill Nye the Science Guy oor Argeologie. (Engelse video)


Ek het vir elkeen 'n Argeologie boekie gemaak. Laai die boekie hier af.


 In die boekie moet hulle skryf wat is Geskiedenis, 'n Geskiedkundige, Argeologie en 'n Argeoloog. Ook moet hul skryf waar hul die opgrawing gedoen het en teken wat hul gevind het. In die eerste teken bladsy het hul geteken wat hul in die eerste harde opgrawing gevind het. Die volgende bladsye moes hul teken wat hul in die grond gevind het presies op die plek, die items skoonmaak en dan meer presies teken. Op die laaste twee bladsye moes hul lys wat hul gevind het en dan wat hulle leer het van die 'mense'.


Nou vir 'n lekker aktiwiteit - Kom ons grawe en soek iets.

Ons eerste soek noem ek sommer die harde krap stene. Manlief het vir die kinders elkeen twee soek vorms gemaak. Jy meng 'Polifilla' of gips met water nie te pap. Sit jou item binne in en laat dit goed droog en hard word.


Dit is hoe die harde krap stene lyk.

Wat hulle binne gevind het.

Die volgende krap oefening het hulle in ouma se tuin rond gekrap. Spasie was baie beprek. Ek het die items vlak onder die grond begrawe en met lyn omgespan.



 Hier is wat hulle alles gevind het. Ek wou graag stukkende potte ook in die grond sit en dat hulle dit daarna aanmekaar sit, maar het ongelukkig nie gehad nie.



Die kinders het eers in hul boekie geskryf en na elke aktiwiteit hul items geteken en dan aanbeweeg na die volgende aktiwiteit.

Soos hulle in die grond krap kan julle bespreek wat die moontlike redes hoekom wat waar gevind is.

Geniet dit.

Groete

Maryna