Showing posts with label afrikaanse bronne. Show all posts
Showing posts with label afrikaanse bronne. Show all posts

Wednesday, 12 July 2017

Woorde met Woema Kursus

Tuisonderwys moeder en skryfster Marisa Haasbroek het vir ons nog 'n wonderlike Afrikaanse kursus saamgestel, Woorde met Woema.

Die mini-kurus is so pas geloods. Hier kan ons 'n insig kry van wat haar volledige kursus gaan bied. Ek het deur die mini-kursus gewerk en dit is absoluut puik. Nes die 15 Minuut Afrikaans kursus het Marisa alles ingesit om ons wat Tuisonderwys te help in Afrikaans. Dit neem nie baie tyd nie en dit is 'n prettige kursus.

Wat presies is Woorde met Woema? Dit is 'n Afrikaanse skryfkursus vir kinders (maar ma kan ook baie daaruit leer).  Hul neem 'n kort sin (wat deel uitmaak van 'n storie) en kikker dit 'n bietjie op in 'n unieke opwinende storielyn.

Kyk na die Woorde met Woema bekendstellingsvideo.


Die mini-kursus is GRATIS. Ja totaal gratis. Die volledige kurus is in werking en sal eersdaags te koop beskikbaar wees. Moet nie die een mis nie. 

Skryf HIER in by die gratis mini-kursus. 

Lekker leer.

Groete

Maryna

Monday, 10 July 2017

Hou Net Op Sukkel - Youtube hulp

Ek het onlangs op 'n baie oulike Youtube kanaal afgekom Hou Net Op Sukkel.

Die kanaal is vir Graad 10 tot 12 leerlinge en het videos vir Wiskunde, Wetenskap, Chemie en Fisika.

Hierdie is een van daai moet volg kanale. Die verduidelikings is puik.Dit word aangebied op 'n manier waarvan jong mense sal hou en is nie afgewater of vervelig nie. Gaan loer gerus op Youtube na die kanaal en volg hul, daar is baie videos om van te kies. 

Kyk gerus hier na die inleidings video.


Laat weet gerus wat jul van die kanaal dink. 

Lekker leer.

Groete

Maryna



Friday, 3 February 2017

15 Minuut Afrikaans

15 Minuut Afrikaans is 'n wonderlike Afrikaanse Taalprogram wat aan die einde van 2016 deur bekroonde skrywer en Tuisonderwys moeder Marisa Haasbroek geloods is.


15 Minuut Afrikaans is presies net wat dit sê. Dit neem jou slegs 15 minute elke dag om taalwerk te oefen deur 'n storieboek stukkie vir stukkie te ontleed. Die program bestaan uit 'n Onderwysergids en 'n Studentegids. Alles wat jy benodig word saamgevat in die twee boeke. Ek stel egter voor dat jul 'n HAT of HAT Afrikaanse sakwoordeboek aanskaf, indien jul nog nie een het nie. 'n Lyntjieboek moet ook aangeskaf word.

Daar is ook kaartjies wat jy kan uitdruk wat die Woordsoorte opsom vir maklike gebruik en om na terug te verwys. 

Die program bestaan uit 30 lesse (weke). Genoeg om jou die hele jaar besig te hou. Elke les/week word in dae opgedeel. Daar is dus 5 'lesse/dae' binne 'n les/week.

Diegene wat al Fix It Grammar van die IEW (Institute of Excellence in Writing) gedoen het, sal presies die formaat van die program ken. Ek verduidelik kortliks vir diegene wat nie bekend is met dit nie.

Elke week word 'n nuwe woordsoort bekend gestel. Soos bv. week 1 leer die kinders van selfstandige naamwoorde. Elke dag gaan hulle dan 'n sin uit die boek Die klein kleremakertjie word koning gebruik. Uit die sin gaan hul leer om al die selfstandinge naamwoorde te merk. 'n Woordeskat woord word opgesoek en dit word agter in 'n lyntjieboek neergeskryf. Voor in daai boek sal die kinders die sin oorskryf, met al die nodige hoofletters, punte en die regte homofone ens. So word taalwerk happie vir happie bekend gestel en die kind raak vertroud met Afrikaanse taalwerk.



Ons gebruik die program al vir 'n paar weke en geniet dit vreeslik baie. Dit is eenvoudig uiteengesit en daar is niks wat die ouer verder nodig het om te doen behalwe om die nodige lesse uit te druk. Omdat die lesse vinnig gedoen kan word, word die nodige taalwerk geoefen en die kinders raak natuurlik nie verveeld met taal nie. Dit laat natuurlik ekstra ruimte in die dag om ander goed by te voeg en ook te doen.

Kyk gerus na die promo video oor 15 Minuut Afrikaans. Daar is ook 'n Facebook bladsy wat jy van kan gaan hou en skryf ook sommer in op die nuusbrief wat oulike brokkies en ook bonus blokraaisels bevat. 

Ek sal aanbeveel dat die program eers gebruik word na die kinders hul fondasie in Afrikaans vasgelê het. Dit kan egter op enige stadium gebruik word, self hoërskool.

Hierdie is tans een van die Afrikaanse programme wat ek hoogs aanbeveel.

Laaste nota: Omdat die program in elektronies formaat beskikbaar is, vra ek dat julle asseblief die kopiereg hierop sal respekteer dit nie sal aanstuur vir ander mense nie. Indien iemand belangstel laat hulle dit self aankoop. Daar is baie tyd in die samestelling van die program belê.

Lekker leer.

Groete

Maryna


Tuesday, 17 January 2017

Nuwe Afrikaanse Taalprogramme

2017 Het beslis baie goed vir ons begin wat ons Tuisonderwys betref.

Die lekker sappige kersie op die koek is ons gebruik twee splinternuwe Afrikaanse taalprogramme. Hoe lekker is dit. Tuisonderwysers sukkel werklik om goeie Afrikaanse taalprogramme in die hande te kry en hier is ons in 2017 met sommer twee splinternuwe programme.

15 Minuut Afrikaans en Toetentaal Taalkunste Program. Alhoewel albei Afrikaanse taalprogramme is, verskil hulle hemelsbreed van mekaar. En ons is mal oor albei en gebruik albei. 

15 Minuut Afrikaans Voorbladsye van Onderwyserboek en Studenteboek
Ek kan sommer al hoor dat mense vra, hoekom gebruik ek albei, is een nie voldoende? Ja, een is voldoende op sy eie. Maar soos ek genoem het hulle verskil so baie van mekaar. Ons het besluit om albei te gebruik om die volgende redes:

Toetentaal Taalkunste Program Voorblad van Boek 1
Ek toets graag nuwe produkte in die mark. Dit is die enigste manier om werklik eerlike terugvoering en aanbevelings te gee. 

15 Minuut Afrikaans is gebaseer op die Engelse Fix It program van IEW. Ons is bekend daarmee, ons hou van die formaat en hoe elke woordsoort bekendgestel en geoefen word. 

Alhoewel my kinders al heelwat ouer is as die teikenmark vir die eerste boek van Toetentaal Taalkunse Program, het ek steeds besluit om dit te gebruik om die gevoel te kry en deur die benadering te werk. Ons het nog nie tevore Charlotte Mason se benadering gebruik nie en geniet nou hierdie manier van werk.

My kinders geniet werklik albei baie. Dit neem nie so baie tyd in beslag nie. 

15 Minuut Afrikaans is in e-formaat beskikbaar. (Weereens net almal daaraan herhinner asseblief respekteer die skryfster se harde werk en moet nie die boeke vir jou vriende aanstuur nie. Ondersteun haar deur dit nuut te koop. Dit is egter teen die wet om digitale produkte weer te verkoop ens.)

Toetentaal Taalkunste Program is in 'n gedrukte boekformaat beskikbaar.

Ek sal binnekort meer volledige terugvoering plaas oor elke program in afsonderlike skrywes. Gaan loer gerus solank na die boeke en waaroor dit gaan.


Groete

Maryna



Saturday, 16 January 2016

Organiese Molekule Kaartspeletjie

Die Organiese Molekule Kaartspeletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van die Basement Workshop. Met toestemming het ek dit in Afrikaans vertaal.




Doel van die speletjie
Om die konsep te versterk van hoe atome kombineer met koolstof om organiese molekules te maak, met spesiale aandag aan hoeveel verbindings elke tipe atoom kan maak (koolstof kan vier maak, waterstof net een, ens)

Ouderdoms groep
9 tot 14

Beskrywing van speletjie:
Individuele kaarte is gemerk met die afkortings vir die elemente C, H. O, Cl, N, Br. Elke kaart wys ook hoeveel bindings die atoom kan maak. Spelers sit hul kaarte uit met hul speelbeurt om 'n groot organiese molekule te vorm. So probeer hul om ontslae te raak van al die kaarte in hul hand.

Tyd benodig:
Sommige speletjies is vinnig verby, in net 5-10 minute. Maar die meeste speletjies neem langer, ongeveer 20 minute. Spelers moet aangemoedig word om die speletjie 'n paar keer te speel, die uitkoms van elke spel kan anders wees (soos die molekules gevorm).

Wat jy benodig:
Afskrifte van die patroon bladsye.

Laai die speletjie HIER af. 

Hierdie speletjie kan deel uitmaak as kinders besig is om Chemie en die Periodieke Tabel te leer.

Lekker speel.

Groete

Maryna

Friday, 15 January 2016

Boekloer: Kominpas met Afrikaans

Kominpas met Afrikaans is werklik 'n handige boek.

Dit is saamgestel deur Onderwysers vir Graad 4 tot 7. Daar is 'n huistaal en tweedetaal uitgawe van die boek beskikbaar.

Hierdie is een van daai wat ek glo, 'n moet boek. Die boek dek 'n goeie basis van taalwerk. 

Dit dek onder taalleer; alfabetisering, woordeboekgebruik, klankleer, spelling, hoofletters en lettergrepe, woordvorming, woordsoorte, sinsleer, betekenisleer, woordeskat en afkortings.

Dit dek ook leesvaardigheid, letterkunde - prosa en poësie.

Onder is voorbeelde uit die boek.

Leestekens

Intensiewe vorme

Lydende en Bedrywende vorm
 Die leer van Afrikaanse taalwerk toegepas word uit leesstukke. Jy kan self van die Bybel gebruik maak. Ek stel voor om altyd eers een konsep op 'n slag bekend te stel en later aan te gaan sodra die kinders dit volkome verstaan. Maak seker hul hou aan hersien.

Hier is kaartjies wat ek gemaak het vir woordsoorte, opgesom in 'n neutedop.

Jy kan Kominpas aankoop deur Takelot.com.

Groete

Maryna

Wednesday, 13 January 2016

Boekloer: Pharos AWS

Ek het onlangs die nuwe Pharos: Afrikaanse Woordelys en Spelreëls aangeskaf. (10de Omvattende herbewerkte uitgawe)


As jy 'n boek soek wat vir jou die Afrikaanse Spelreëls goed uiteensit is die AWS beslis die boek om te hê. Dit dek natuurlik nie net die spelreëls nie maar ook 'n goed saamgestelde woordelys, afkoringslys, buitelandse geografiese name met afleidings en nog meer.

Onder is 'n paar voorbeelde uit die boek van wat om te verwag.


Spelreëls
Spelreëls
Woordelys

Afkortings
Geografiese name
Wanneer jul die spelreëls en woordsoorte aan die kinders leer, pas dit op skryfstukke toe. Moet nie dat hul net tonne bladsye hier invul en daar invul nie. Gebruik 'n leesstuk en laat hul dit redigeer. Dus gaan jy die tyd moet neem om foute in 'n stuk te plaas sodat hul dit reg maak. Stel elke nuwe reël een vir een bekend en laat hul dit beoefen tot hul vertroud is daarmee voor jy na die volgende een gaan. Onthou om steeds die ou reëls wat reeds bekendgestel was te hersien. 

Ek sal met verloop van tyd kort opsommings kaartjies maak van die spelreëls soos wat ek vir die woordsoorte gemaak het.

Ek hoop die AWS sal van nut wees.

Groete

Maryna


Saturday, 9 January 2016

Manlik en Vroulik blokraaisel

Ek het blokraaisels gemaak wat gebruik kan word om kinders se kennis te toets met manlike en vroulike geslagte.

Daar is twee blokraaisels en elkeen het 'n oplossing op 'n aparte bladsy.

Laai dit HIER af.

Laat weet my gerus wat julle daarvan dink. Lekker leer.

Groete

Maryna

Friday, 8 January 2016

Taalwerk - woordsoorte

Woordsoorte is nie altyd die maklikste ding om te onthou as dit by taalwerk kom nie. 

Ek het kaartjies saamgestel wat elke woordsoort in 'n neutedop opsom.
Kaartjie voor
Die kaartjies kan gebruik word om kinders se geheue te verfris. Dit kan ook een vir een aan die kind gegee word soos die betrokke woordsoort behandel word. 

Kaartjie agter
Druk dit uit en lamineer dit, dit sal vir jare hou. Hou dit in 'n klein plastiekhouer of druk 'n gaatjie aan die kant deur en steek 'n sleutelringetjie daardeur.

Daar is twee opsies wat jy kan aflaai en uitdruk.
Opsie een:
Die kaartjies is twee op 'n bladsy, dit is die voorkant bo en die agterkant reg onder die betrokke woordsoort. Soos in die foto hieronder. Laai dit HIER af.
Opsie twee:
Die kaartjies is vier op 'n bladsy met die voorkant per bladsy en die opvolgende bladsy is die agterkant. Soos in die foto hieronder. Jy druk dit een vir een uit (woordsoort opskrif met afkorting) en draai die bladsy om, vir die verduideliking (die onderstebo bladsy). BAIE BELANGRIK - druk die bladsye in Letter formaat uit en nie A4 nie. (Ek het eers later agtergekom die formaat was verkeerd en wou nie weer alles skuif en maak pas, in Letter pas die agterkant presies in die blokkies voor in.Laai dit HIER af.
Ek vertrou julle sal nut kan vind met die.

Vir nog taal aflaai bronne (verskeie ouderdomme) sien:
Idioresies speletjie - Idiome bordspel
Sinonieme
Antonieme
Meervoud soldate
Boekloer: Maak spelling maklik
Klank vaslegging met flitskaarte


Groete

Maryna

Thursday, 7 January 2016

Dae, maande, getalle, horlosie - vir die kleuters

Vir diegene wat nog jong kinders het, het ek 'n paar basiese hulpmiddels saam gestel wat jul kan aflaai en uitdruk.

Dae van die week
Maande van die jaar
Getalle 
Horlosie






Druk op karton uit en lamineer. Gebruik as flitskaarte of om iewers op 'n bord vas te steek. Die horlosie kan uitgesny word en die pyltjies (uur en minute) kan vasgesteek word om vir die kind te leer om die horlosie te lees.

Laai dit HIER af. 

Indien jy opsoek is na letterkaarte, kan jul dit hier aflaai.

Groete

Maryna

Wednesday, 30 September 2015

Boekloer: Blokraaisels vir Aapsterte

'n Baie goeie en oulike manier om kinders te help met hul woordeskat en spelling is deur blokraaisels te voltooi.

My kinders geniet die boek vreeslik. Ons het na aanbeveling van Lindi Malan van Beithasefer die boek aangeskaf. Ons het egter besluit om eers boek drie te probeer.



Ek het die antwoord gedeeltes in die boek uitgehaal sodat die kinders nie na dit kan loer nie. Ons doen dit saam en die kinders kry elkeen 'n beurt om te lees en te antwoord. Ek kan al klaar 'n verbetering in hul spelling sien.


Voorbeeld uit die boek
Sodra daar iets nuuts opkom wat ons dalk nie behandel het nie, staan ons 'n oomblik stil by dit en ons bespreek dit.


Antwoorde vir elke blokraaisel
Die boek het vyftig blokraaisels in en daar is tans drie boeke in die reeks.

Opdateer Julie 2017: Blokraaisels vir Aapsterte is ongelukkig uit druk uit. Jy kan egter die boekies Blokkies vir Slimkoppies in e-formaat HIER bestel. Dit is saamgestel deur dieselfde dame wat Blokraaisels vir Aapsterte saamgestel het.

Gee dit gerus 'n kans.

Lekker leer.

Groete

Maryna

Monday, 14 September 2015

Hoezit! Die webwerf met breinkrag.

As jy 'n baie oulike en leersame Afrikaanse webwerf soek, gaan loer gerus na Hoezit!

Daar is die oulikste en wonderlikste leermiddels.

Die webwerf met breinkrag.

Kyk na wat julle alles daar kan leer...en nog baie meer!






Geniet dit!

Groete

Maryna