Tuesday 20 January 2015

Natuurstudie in jou tuin

Hoe gereeld loop jy buite rond en bekyk alles in jou tuin? 

Neem gerus 'n kamera saam en bekyk alles wat in jou tuin is. Die soorte bome, voëls, plante, goggas en nog meer. Dit is die perfekte plek om bietjie natuurstudie te doen. As jy iets nuuts sien, gaan bib toe en neem 'n boek daaroor uit, of soek dit op die internet, kyk na videos en leer meer daaroor. Laat die kinders sit en 'n prentjie van dit teken en dalk ietsie oor dit skryf.

Hier is 'n paar dingetjies wat by ons rond loop.


Blouaap (Vervet Monkeys)
Die Blouaap, aai aai... hoekom aai? Hulle is oulik om na te kyk, MAAR vir ons in Natal is hul werklik 'n oorlas. Kom in jou huis, verwoes alles, maak die honde mal. Hier is ape soos jy nog nooit gesien het nie. Kinders by die doesyne.


Krap
Deur ons erf loop 'n stroompie, met die gevolg daar is baie baie krappe. Klein tot groot, rooies, gryses, perses. Allerhande soorte.


Krappe wat paar
Mannetjie en wyfie paar. Vir ure aaneen.

Hoe weet 'n mens die verskil tussen 'n mannetjie en vroutjie? Vroutjie is 'beursie' is vetter (wyer), die mannetjie sin is baie nouer en langer boontoe.


Vroutjie dra haar eiers
Vroutjie dra die eiertjies in haar sakkie. As die eiers uitbroei lyk hulle amper soos klein garnale voor hulle krappies word.


Naam Onbekend ?
 Is dit is Springkaan? Wat is dit. Weet nie maar hy is mooi.


Naam Onbekend ?
Hiert jou spinnekop. Ek weet nie wat is die outjie se naam nie. Is nie heeltemal die mooiste foto nie, maar hy was oulik. Ons het hom 'n paar dae in die huis dopgehou. Spring spring van een plekke tot die volgende.


Naam Onbekend ?
Oooo nee aarde, grillerig verby! Wat is dit? Spinnekop? Familie van 'n kakkerlak? Die outjie se lyf gedeelte was ongeveer 5/6cm lank.

As jy weet wat van die goggas is laat my asb weet dat ons bietjie meer van hulle kan uitvind.

Lekker ontdek.

Groete

Maryna

Monday 12 January 2015

2015 Skool skop af

Die dag het aangebreek en ons amptelike eerste dag van 'skool' 2015 skop af.

Ons program is vol en die kinders is gretig (lekker).

Ek het baie planne vir die jaar en baie nuwe lekker hulpmiddels wat ek besig is om te vertaal en te maak. Hou die spasie dop vir al die nuwe dinge.

Mag almal 'n vreugdevolle Tuisonderwys jaar hê. Mag jou kinders uitblink en jou voete onder jou uit uitslaan in hul vordering of ontdekking van nuwe talente.

Lekker leer (ja ma leer mos steeds saam :) )

Groete

Maryna

Friday 2 January 2015

SOTW 1 - Hoofstuk 4 Mummies en Piramiedes

In hoofstuk 4 het ons geleer van hoe die mummie proses plaasgevind het en wat die mense geglo het. Ons het ook meer geleer van Piramiedes. 

Praktiese take
In die foto hierbo kan jul van die aktiwiteite sien wat die kinders gedoen het. Hulle het mummies gemaak, 'n piramiede gebou met lego blokkies, bietjie rond gespeel met verbande en eetbare mummies gemaak.

Die mummie mannetjies het hulle gemaak met pyp skoonmakers as die geraamte van die mannetjie en gesnyde verband om dit gedraai. Die ogies is vasgegom om die 'outjie' bietjie lewe te gee.

Hoe om die eetbare mummies te maak: Ons het pizza deeg gemaak, dit uitgerol in lang repe en om worsies gedraai en toe gebak. Ons het hoender Viennas gebruik, maar jul kan enige iets gebruik.

Hier is die pizza deeg resep:
200g koekmeel
1/4 teelepel sout
1 teelepel droë gis
150ml hand-warm water
1 eetlepel olie

Meng die meel, sout en gis saam in 'n bak. Voeg warm water en olie in die middel van die mengsel by. Meng met lepel of hande tot 'n sagte deeg. Knie vir 5 minute. Maak toe met plastiek en laat dit rys vir 45 minute. Knie weer vir 2 minute. Bak vir 20 - 25 minute in 'n voorafverhitte oond teen 220 grade. 

Die resep maak baie lekker pizza. Smeer tamatiesous oor, gooi jou bestandele van jou keuse op, lekker baie kaas en in die oond. As julle 'n behoorlike ete wil hê verdubble die hoeveelheid. 


In die video hieronder verduidelik hulle hoe die mummie proses werk.



Heironder is 'n grappige Piramiede animasie video. Dit het niks met die les te doen maar is net iets ouliks om oor te lag.



In die BBC produksie Building the Great Pyramid word die bou van die Piramiedes in 'n storie formaat aan ons gewys. Die videos is opgedeel in 6 dele. Hieronder is deel 1. Besoek gerus youtube om die res ook te kyk (die volledige storie). Dit is werklik 'n mooi hartroerende storie.


As jy 'n pragtige drie-dimensionele kykie wil kry van die Piramiedes by Giza moet jy na hierdie webblad kyk. Dit is 'n ongelooflik toer soos jy nog nie gesien het nie.

Hier is 'n paar kreatiewe papier dinge om te maak en skep:

Kliek op die foto om jou na die skakel te neem.

Great Pyramid of Khufu
Groot Piramiede van Khufu

Sphinx Egypt
Sphinx

 
Pyramid Book
Piramiede boek


King Tut Pastel Resist
Koning Tut Pastel weerstand

3D Antieke Egipte Loerboek (Lapbook) op Practical Pages se blog, beweeg ondertoe om by Egipte se afdeling te kom. (Dit is in Engels)

Ineteraktiewe webbladsye met addisionele inligting: (Neem kennis basies alles is in Engels)
Op Mieliestronk kan jul bietjie meer lees oor die Piramiedes. 

Op die blad kan jy lees van die begrawe proses I read it in the book of the dead, daar is ook speletjies wat jy kan speel en baie om te sien.(baie oulike blad)
Ontdek meer oor Antieke Egipte by National Museums Scotland
Ontdek The Royal Tombs of UR
Ontdek Ancient Egypt
Birmingham Museum - Ancient Egypt
 
Aanlyn speletjies:
Op die Horrible Histories se blad is twee speletjies wat gespeel kan word Mummy madness en  Tomb of Terror.
Op BBC - History is nog 'n speletjie Pyramid Builder.

Onder 'n goeie Infografika oor die Groot Piramiedes
http://api.ning.com/files/87ryMDjzDaGqLZpwol-kvN-EVDRYVpQDB4PiwCRu19P36uEFV6Bf5uRSc7lsD*Rb/Pyramids.jpg

Ons het ook uit die oulike opwip boek Tutankhamen's Tomb gelees. Ek het dit gekoop by ons plaaslike Bargain Books.


Daar is baie oulike en goeie inligting oral oor die internet en baie oulike aktiwiteite. Ek het slegs alles hier gewys wat ons self gedoen en lees het.

Lekker leer.

Groete

Maryna