Thursday 12 March 2015

SOTW 1: Hoofstuk 8 Die Assiriese mense

In die hoofstuk lees ons van die mense in Assirië en hoe hulle geregeer het.

Koning Sennecherib het eers in die antieke Assirië geheers en was glad nie 'n gawe man nie. Sy opvolger Ashurbanipal was net so erg. Mense het in vrees gelewe. Hy het geheers deur mense te manipuleer. As jy nie volgens sy pype dans nie, is jy jou lewe kwyt.

Ek het 'n Afrikaanse (kan jy glo) kaart gekry op die internet van die area waar Assirië gelee is.



Op Mieliestronk se webblad is daar 'n stuk te lees van die mense/nasies in Mesopotamië.

Ons het ook geleer van die legende of dalk mite van Gilgamesj. Ek moet nou eers hier stop. Alhoewel dit 'n storie is wat grootouers vir hul kinders en die se kinders deur die loop van tyd vertel het, verskil die weergawes van die storie. Watter een nou korrek is, weet ek werklik nie. Die een wat ons gelees het in SOTW verskil ietwat van die een wat ons in Vrae & Antwoorde Antieke Wêreld gelees het. Op die einde maak dit seker tog nie saak nie.

Hy was 'n slegte mens. Daar was versoek gedoen aan gode om hom 'n beter mens te maak. 'n Wilde man is geskep om hom reg te sien. Nou ou Gilgamesj was so sterk soos kan kom, amper soos ou Simson maar nie so gawe ou soos hy nie. Die wilde man se naam was Enkidu. Alhoewel Enkidu vir Gilgamesh moes vermorsel het, het hulle na jare vriende geword. Na Enkidu se afsterwe weens siekte het Gilgamesh verpletter. Hy het dit op homself geneem om 'n manier te kry om altyd te kan lewe. Die god Utnapisjtim was genader om hulp. Gilgamesj was opdrag gegee om vir ses dae en sewe nagte wakker te bly, maar arme ou Gilgamesj was net te moeg en het geslaap. Utnapisjtim het hom nog 'n kans gegee, hy moet 'n plant by die diepste punt van die see kry en dit eet en sou weer jonk word en altyd lewe. Gilgamesj kon die plant kry, maar raak aan die slaap en 'n slang verorbe die plant. Met die gevolg die slang verloor sy vel (vervel) en word weer mooi. So het hy nie geslaag, oud geword en later gesterf.

Die legende vertel eintlik dat Enkidu half mens half dier was. Eintlik 'n tipe monster of wie weet dalk een van daai gediertes soos in Narnia. Die kinders het hul uitbeelding gemaak van die gedierte. Ja skrikwekkend ek weet... ;)

Makayla se voorstelling

Matthew se voorstelling
Hier is 'n video van die legende (Animasie)



In die volgende video is daar 'n uittreksel uit die film Star Trek waar die storie van Gilgamesj vertel word.



Hier is nog 'n animasie video 



Lekker leer.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Ons het ook so 'n week of twee gelede oor Gilgamesh gelees, maar aangesien ons net vir interessantheid deurgaan hierdie jaar, het ek maar net gefokus op die stories wat Gilgamesh geskryf het wat amper dieselfde is as wat in die Bybel vertel word, soos die groot vloed en die ark wat dier en mens gered het, die baba wat in 'n mandjie in 'n rivier gevind is, ens.

Maryna Moolman said...

Met werklik sê ons leer so 'n verskeidenheid dinge in Geskiedenis wat ek eens nooit op skool geleer het nie, en ek het Geskiedenis gehad tot op die laaste jaar.

Post a Comment