Tuesday 29 July 2014

Wetenskap in die Begin


Dit het ons 'n geruime tyd geneem om die perfekte Wetenskap Kurrikulum/boek te vind. Hierdie jaar het ons begin met die boek Science in the Beginning deur Dr Jay Wile. Wat 'n absolute wonderlike boek!

Soos jy sal merk in die titel van die boek Science in the Beginning is die boek uiteengesit volgens die skeppings dae. Dit begin by dag een van die skepping en beweeg dan deur tot dag ses. Met elke les is daar 'n praktiese ekspriment wat gedoen word, daarna is daar vrae wat die kinders kan antwoord en 'n skrywe of tekening wat hul doen. In die boek word aanbeveel dat die kinders alles in 'n joernaal doen. Ons het net 'n gewone hardeband boek gebruik hiervoor. Saam met die teksboek is daar ook 'n ouerhulpboek.
 
Leer van lig

Die boek is maklik uiteengesit. Enige ouer kan dit verstaan en geen graad is nodig om Wetenskap vir die kinders te leer nie. Baie ouers het 'n vrees vir Wetenskap of hou glad nie daarvan nie. Met hierdie boek is alles stap vir stap verduidelik. Alles wat jy en die kinders moet weet en ook alles wat benodig word, word gelys. Daar is geen spesiale items wat benodig word vir die eksprimente nie, net basiese goed wat reeds in jul huis sal wees. Daar is 'n handjievol ander items wat jy benodig. 


Leer van kleure en lig

Voor ons die boek gekoop het, het ons eers die voorbeelde afgelaai en deur dit gewerk. Jy kan dit hier aflaai van die uitgewer se blad. Van die eerste oomblik wat die kinders met die boek begin het was hulle mal daaroor. Dit is prettig en maklik om te verstaan. Hul wil net aangaan met die volgende les sodra een klaar is.

Diegene in Suid Afrika kan die boek aankoop deur Oikos Ministries.

Die boek is deel van 'n reeks waarvan die eerste twee reeds beskikbaar is. Ons doen slegs die eerste boek in die reeks. Verskillende grade en ouderdomme kan saam die lesse doen.


Wat die lig is.
Hoe ons kleure sien.
Hoe ons die boek gebruik:
Ons maak alle benodighede bymekaar vir die ekspriment. Ons doen die ekspriment. Ek lees dan vir hul die les. Alhoewel dit in Engels is, verstaan die kinders wel maar ek verduidelik ook in Afrikaans. Daarna sal die kinders die vrae antwoord oor die les, ietsie skryf in hul joernaal en 'n prentjie daaroor teken.

Hier is 'n paar videos van eksprimente wat Dr. Wile gedoen het.


Lig
 


Wind


Wolk formasie

Hier is 'n goeie artikel om te lees Dr Jay's Top 10 Homeschool Science Tips.

Ons is werklik baie beindruk met die boek en ek sal dit hoogs vir almal aangeveel.

Groete

Maryna

7 comments:

Anonymous said...

Dit is werklik baie indrukwekkend! Ek is self nou sommer lus om die eksperimente te doen. Noem dr. Wile in die boek wat die jongste ouderdom is van kinders wat die lesse kan doen? En is daar videos vir al sy eksperimente?
Baie dankie dat jy hierdie gedeel het, dit lyk regtig na 'n puik bron.

Maryna Moolman said...

Die boek kan gebruik word vir kinders vanaf graad R of K soos hul oorsee sal noem. Ek het net daai videos gesien van sy eksprimente, ek dink dus nie daar is nog wat hy self verduidelik nie, maar dit is baie eenvoudig en alles word goed uiteengesit dat enige persoon dit kan verstaan. Van die eksprimente in die boek het 'n foto by sodat 'n mens presies weet wat jy moet doen.

Anonymous said...

Dankie, Maryna, Ek sit nou al lank en wik en weeg of ons dit moet kry. Dit lyk vreeslik oulik. My 2 is juis so mal oor eksperimente!

Maryna Moolman said...

Dankie vir die inloer. Dit is werklik 'n oulike boek/kurrikulum.

Unknown said...

Hi Maryna. Ek het hier gelees jy beveel die boek aan. Tog sit ek vreeslik en wik en weeg tussen die boek en of ek liewer vir bietjie duurder een van die Exploring Creation boeke moet koop wat 'n meer indiepte studie is en so begin om hulle bymekaar te maak? Tog is daar sewe van hulle met 'n joernaal by elkeen wat dit so duur maak dat ek weer dink om ander opsies te oorweeg? Sjoe! Enige advies?

Maryna Moolman said...

Hallo Herculeen. Ek kan werklik net aanbevelings maak van wat ons gebruik. Ek het al die jonger Apologia boeke onder oë gehad. Ek is nie seker hoe oud jou kinders is en wat hul leerstyl is nie. Baie mense is lief vir die Exploring Creation boeke ander is weer glad nie mal daaroor nie. Wat ek persoonlik nie daarvan gehou het nie is dat daar nie so baie 'hands-on' goed is nie en dat dit bietjie vervelig kan raak om so lank een studie te doen. Baie keer as kinders baie jonk is en doen sulke indiepte studies onthou hulle dit nie.

Ons het al die jare maar dit en dat gedoen, hier gelees en daar ietsie gemaak of doen. In werklikheid het 'n mens nie 'n teks tipe boek nodig tot in die senior grade nie.

Ek het Science in the Beginning aangeskaf om bietjie meer riglyn te hê vir 'n jaar, die lesse is goed verduidelik en jy kan maklik as jy werklik diep in 'n tema wil ingaan ietsie by die bib uitneem en bestudeer, maar dan weer moet 'n mens kyk na die kind se ouderdom.

Ons werk baie 'hands-on' en dit is wat vir ons werk. Ons gaan wel as ons klaar is met die boek weer ons studies doen sonder enige teks boek. Ons doen nogsteeds allerhande eksprimente en natuurstudie tussen in ook.

Ek persoonlik kan nie insien om so baie geld te spandeer in die jonger jare op AL daai boeke nie. 'n Mens kan maklik self goed saamstel en ook baie oulike idees op Pinterest kry. Ek weet daar is wel baie ouers wat nie kans sien vir so iets en eerder alles klaar saamgestel wil hê.

Dit is belangrik om te sien hoe jou kinders leer en daarvan 'n besluit neem. Net 'n laaste gedagte - kinders leer die werklike belangrike goed tog in hul senior skool jare.

Weet nie of dit enigsins help nie.

Unknown said...

Maryna. Help baie, dankie! Al wat my ook pla was die feit dat daar so baie boeke is en elkeen 'n jaar studie, dus baie indiepte en dan vir lank weer niks van daardie spesifieke onderwerp nie. Ek doen ook my eie ding sonder boeke, maar soms voel ek bietjie oorweldig deur die baie tyd om inligting saam te sit. Tog werk dit sekerlik op die stadium die beste.Baie dankie vir jou hulp. Sterkte vir 2015!

Post a Comment