Tuesday 17 March 2015

Sirkulasie Speletjie - Menslike Liggaam

Hierdie Sirkulasie Speletjie is oorspronklik saamgestel deur Ellen McHenry van The Basement Workshop en is in Afrikaans vertaal deur my met haar toestemming.

Foto van speletjie soos op Ellen se webblad
Ouderdoms groep: 8 tot 14 jaar

Doel van die speletjie: Om te leer of te hersien - sirkulasie in die liggaam. Basiese wetenskaplike konsepte wat gedek word is die beweging van suurstof na selle en koolstofdioksied na die long deur die rooibloedselle. Produksie van rooibloedselle in die been en suiker en proteine na selle te neem deur die bloedstroom. Ook die lewering van afval na die niere sodat jou liggaam daarvan onslae kan raak. Die hart is die hoofmasjien wat jou bloed aan die beweeg hou. Die 'kaart' van die sirkulasie sisteem in en uit jou longe, hart en ander liggaamsdele.

Beskrywing: Hierdie is 'n twee span speletjie waar 2 tot 6 spelers kan saamspeel. Die spelers draai die hart 'spinner' om te sien hoeveel 'hartkloppe' hulle kry vir daai beurt. Elke speler moet dan of 'n bloedsel, voedsel of afval merker beweeg na die eindpunt - of selle na die longe of die niere. Suurstof en koolstofdioksied ry bo op die rooibloedselle. Voedsel en afval dele beweeg sonder die hulp van rooibloedselle. Die eerste span wat al hulle suurstof en voedsel aflewer en die afval en koolstofdioksied van ontslae raak, wen die spel.

Tyd benodig: Die saamstel van die speletjie sal voor die tyd moet plaasvind. Die tyd hieraan verbonde hang af van hoeveel ingekleur word. Knip en gom tyd neem minder as 30 minute. Werk eers aan die merkers en ‘spinner’ om tyd te gee vir alles om droog te word terwyl jy die bord saamstel. Laat ongeveer 45 minute toe vir die speletjie om gespeel te word.

Wat jy benodig afdruk van die patroon bladsye gedruk op karton,  kleefband, skêr, gom en gekleurde potlode. 

Jy kan die speletjie hier aflaai.

Ander liggaam aktiwiteite wat julle kan doen:
Liggaam Bingo
Maak 'n been
Anatomie T-hemp 

*Indien jul dit met iemand wil deel verwys hul terug na die blad om dit hier af te laai - dankie.*  

Hou die spasie dop vir nog lekker aktiwiteite.

Lekker speel en leer.

Groete

Maryna

2 comments:

Anonymous said...

Baie dankie vir al hierdie aktiwiteite. Dit is regtig oulik!

Maryna Moolman said...

Is 'n plesier, hoop julle geniet dit!

Post a Comment