Saturday 4 January 2014

Letterkaartjies in Taalwerk

Daar is geen geheim dat veral Taalwerk noggal baie vervelig kan wees. Geen kind wil heeltyd net sit en werkvelle voltooi nie.

Ons gebruik letterkaartjies saam met ons taalwerk.

Hieronder kan jy sien hoe ek die kaartjies in 'n groot plastiekhouer stoor. Ons kaartjies is gelamineer en elke letter en klank op sy plek.


Letterkaartjie houer
Ek het kaartjies gemaak wat julle in kleur of in swart en wit kan aflaai. Die dokument bestaan uit 10 bladsye. Dit sluit in die alfabet in hoof en kleinletters, dubbelklanke, tweeklanke, drieklanke, leestekens, klinkers, medeklinkers en nog meer.

Indien jy dit gaan lamineer, druk op gewone papier uit. Ek stel voor dat jy meer as een bladsy van die vokale uitdruk. Indien jy nie 'n lamineerder het nie, druk op karton uit en trek dit oor met Kontak kleef plastiek (Contact paper). Dit sal verseker dat jou kaartjies baie baie jare lank gaan hou en mooi bly.


Voorbeeld van die aflaaibare kaartjies
Idees om die kaartjies te gebruik:
- Haal slegs die klanke of letters uit waarmee julle besig is. Laat jou kind woorde bou met die nodige klanke. Jy kan of die woord vir jou kind spel en hy/sy bou dit. Of jy kan slegs die woord lees en hul bou dit. (toets of hulle die spelling ken) Dit help veral vir die kinders wat nie graag wil skryf nie.
- Jy haal verskillende klanke en letters uit, laat jou kind self probeer om nuwe woorde te bou. (moet nie jou kinders onderskat nie, hulle weet meer as wat jy dink)
- Bou sinne: laat jou kind die nodige kaartjies uithaal om eenvoudige sinne te bou. Jou kind kan oefen om leestekens op die korrekte plekke te plaas. (jy kan met hierdie metode ook verduidelik hoekom leestekens gebruik word)
- Jy kan laat jou kind die stamwoord bou en dan uitbrei om meervoude te maak of verkleinings. 

Dit is net 'n basiese idee, daar is nog baie ander goed wat jy kan doen.

My kinders moet doen en voel en sien om te leer, om die rede help dit baie vir ons. Die kaartjies is ook nie net vir kleiner kinders nie, enige kind kan hierby baats afhangende van hoe hulle leer.

Lekker speel en leer.

Groete

Maryna

1 comments:

The Passionate Team said...

Dis baie oulik! Dankie Maryna

Post a Comment