Friday 20 December 2013

Wat leer jy jou kind?



 

As daar een ding is wat krities is vir my vandat ek begin Tuisonderwys het, is die feit dat ek weet wat my kinders leer en dat ek altyd betrokke is. Dit sal geld tot die dag wat hulle klaar maak met skool.

Ek het onlangs in ‘n groot debat betrokke geraak op ‘n internasionale Tuisonderwys forum oor Suid Afrika. Dit was baie duidelik dat baie ouers en spesifiek Tuisonderwys moeders nie werklik heeltemal betrokke is en weet wat hulle kinders leer en nie leer nie. Dit is regtig baie hartseer. Wat is die nut van Tuisonderwys dan?

Ek was gebombadeer deur ‘n opmerking wat ek gemaak het nadat daar ‘n plasing was oor Suid Africa. Die grootste skok is dat hierdie sogenaamde feite beskikbaar gestel gaan word in ‘n baie bekende internasionale kurrikulum. ‘n Kurrikulum wat ‘n groot treffer onder Tuisskolers is. Ongelukkig is die sogenaade feite baie eensydig en nie goed nagevors nie. Daar word ‘n beeld van ons land geskep wat total en al onwaar is.

Behalwe vir die negatiewe uitkyk van ons land, baie van die ouers wat my aangeval het is onder die indruk dat Suid Afrika basies die Suide van Afrika is. 

Nou vra ek myself dit, hoe op des aarde is so iets moontlik? Hoekom doen mense nie hulle huiswerk en behoorlike navorsing voor hulle kommentaar lewer. Kommentaar moet gestaaf word deur feite en nie wat mense in die media sien en wat jy maar net dink nie. Onder ander is mense onder die indruk dat SA dieselfde is as Sudan. Daar is werklik ‘n eenvoudige oplossing tot sulke dinge en ons noem dit ‘n wêreld kaart. Gaan lees, soek dit op, doen navorsing, dit is so maklik soos dit.

Een moeder het vir my geskryf dat sy nie tyd het om navorsing te doen en te gaan staan en oplees oor goed nie, haar kinders doen hulle eie navorsing. Dit is skokkend! Dit bewys weereens dat baie ouers kies Tuisonderwys as ‘n vinnige uitkoms om hul kinders nie ‘n publieke skool te plaas nie.Hoekom dan Tuisonderwys? 

Hoekom wil enige ouer Tuisonderwys as hulle nie die tyd daarin wil belê nie? Ek is werklik seker ek is nie die enigste een wat so dink nie. Voor jy as ouer iets vir jou kinders leer, wees betrokke! Maak seker jy weet wat jou kind leer. Al is jou kind ouer moet jy nogsteeds betrokke wees! Moet nie net op die internet staatmaak vir informasie nie, die media kan dinge baie anders laat lyk as wat dit werklik is. As jy kommentaar lewer op gesprekke, maar seker van jou feite!!

Wees daar vir jou kinders!

Groete

Maryna

0 comments:

Post a Comment