Friday 24 January 2014

Boek loer: HAT Aktiwiteite en speletjies boek



Die HAT Aktiwiteite en speletjies by die Afrikaanse skoolwoordeboek en Afrikaanse sakwoordeboek. Die boek is 'n hulpmiddel om met die bogenoemde boeke vertroud te raak.

"Elke werkblad mag gekopieer en na willekeur gebruik word om leerders se woordeskat en spelvermoë uit te brei en hulle speel-speel verskillende soorte inligting uit woordeboeke te leer ontsluit..."

Wat is in die boekie:
- Leer die woordeboek ken (alfabetiese oefeninge)
- Leer om reg te spel
- Ontwikkel 'n begrip van die grammatiese funksies van woorde (bepaal 'n woordsoort)
- Betekenisse van woorde (onderskei tussen definisies)
- Homonieme en homofone
- Hoe woorde gebruik kan word (meervoude, verkleining ens)
- Subtrefwoorde wat met 'n hooftrefwoorde verband hou (bv. musikant en musiek)
- Blokraaisels
- Woordsoek

Voorbeelde van die boekie binne
Hierdie boek is geskik vir kinders vanaf ongeveer Graad 4. Dit is 'n oulike hulpmiddel om kinders te help en kan vir ons ook 'n goeie basis verskaf om soortgelyke aktiwiteite saam te stel.

Daar is nog gratis woordaktiwiteite en speletjies op Pearson se webblad. Registreer gratis op hul blad om toegang tot die aflaai bladsye te kry. Daar is ook aanlyn speletjies.


Voorbeeld van Blokraai speletjie op die webblad

Voorbeeld van Pasmaats speletjie op die webblad


Die boek is A4 grootte met ongeveer 30 bladsye. Die antwoorde/oplossings kan agter in die boek gevind word.

Elke Tuisonderwys ouer moet 'n HAT besit :)

Lekker soek.

Groete

Maryna





4 comments:

Anonymous said...

Dit lyk puik! Dankie vir die inligting.

Maryna Moolman said...

Dit is regtig oulik. Help met woordeboek vaardighede.

Unknown said...

Goeie vandag. Is hierdie gratis boekie dalkies nog beskikbaar??

Maryna Moolman said...

Hallo, die amptelike boek is eintlik 'n koop boek. Is net die addisionele woordaktiwiteite wat op Pearson se webblad gratis is. Jy kan gratis registreer op hul webblad. Jy sal dan toegang kry toe die Blokkiesraaisels, Pasmaats en Woordvasvra. Dit is alles onder die Taalportaal duimdruk (tab).

Post a Comment