2014 was moontlik sover een van die moeilikse jare ooit vir ons.
Met alles wat oor ons pad gestap het die jaar staan ons steeds sterk. Ons het gelag en ons het baie gehuil, ons was moedeloos en ons het hoop gevind.
Ek is seker almal het al sulke seisoene in hul lewe ervaar. Ongeag hoe omstandighede ons in die grond wil druk moet ons altyd bly glo. Elke probleem is tydelik en elke situasie kan ons na terug kyk en verstaan hoekom dinge gebeur soos dit gebeur.
Ek glo vas dat alles gebeur vir 'n rede. Meeste situasies wat oor ons pad stap is deur 'n keuse wat ons iewers gemaak het en dit die gevolg daarvan was.
Deur alles moet ons altyd bly glo in God. Altyd bly vertrou dat die son more weer sal skyn. Vertrou op uitkoms en glo vir genesing.
Ek deel graag 'n gunstelling teksvers:
"Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie,
want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek
jou met my reddende regterhand." Jesaja 41:10
God sien ons raak, Hy hoor ons gebede, Hy antwoord op Sy tyd.
Vertrou en Glo!
Liefde
Maryna
Saturday, 23 August 2014
Friday, 22 August 2014
Hoe gemaak met Engelse Spelling?
Vir ons Engelse kurrikulum gebruik ons LLATL (Learning Language Arts through Literature). Ek en die kinders is mal oor die kurrikulum.
Spelling is 'n bietjie lig in die broek met LLATL. Dit is slegs ons persoonlike ondervinding en ek weet baie ouers verskil van my. Die kinders is in 'n fase waar hulle skryfstukke moet doen, maar kan nie eens behoorlik spel nie. Met die gevolg skryf kan 'n traumatiese ervaring wees.
Ek het gesoek en rond gevra, na voorbeelde gekyk en nog meer. Ek moes iets vind wat die kinders geniet om te doen, wat nie vervelig is nie, waar hulle werklik leer hoe om te spel en dit moet natuurlik bekostigbaar wees.
Ek het verskeie kere gelees van Sequential Spelling. Ek het na die voorbeelde gekyk en die e-boek van die eerste boek in die reeks gekoop .
Ek is werklik baie aangenaam verras. Die kinders is mal daaroor, hulle vra elke keer om nog woorde te doen of as die dag begin wil hul die graagste spelling doen. Ek moet eerlik sê is nie aldag dat sulke goed gebeur nie. :)
Hoe ons die program volg:
Die kinders het elk 'n hardeband boek waarin hulle skryf. Heel bo aan elke bladsy skryf hulle Day 1, Day 2 ens. Slegs 1 dag per bladsy - al is dit net 'n paar woorde. Die eerste paar dae het 'n paar woorde, van dag ses is dit 20 woorde en later beweeg dit aan na 25 woorde per dag.
Ek sê vir hul die woord, ek gee 'n sin vir die woord en herhaal die woord. Sonder dat hul ooit die woord gesien het skryf hul die woord soos hulle dink dit gespel word.
Ek skryf dan die hoof woord waaruit gebou word soos bv 'in' op die witbord neer in groen en dan die ander letters in blou of rooi.
As hulle woord verkeerd is, vee hulle dit uit en skryf die regte woord neer. As hul woord reg was, maak hulle 'n regmerkie langs die woord.
Dan beweeg ons aan na die volgende woord. Elke woord word eers geskryf en dan wys ek en hul maak reg en dan eers bewees ons aan.
Die hele doel is dat hulle dit dadelik reg maak en dadelik die regte spelling daarvoor sien en skryf.
Moet nie dat hulle die hele lys skryf en dan eers reg maak nie, hulle gaan nie so leer nie.
Hier is 'n voorbeeld van die eerste paar dae.
Om meer te verduidelik:
Hulle begin by die woord 'in'. Dan is 'in' die basis van alle woorde wat volg, 'pin', 'sin', 'spin' ensovoorts. Die woorde word in groepe aangebied.
Ons het vandag dag 6 gedoen en albei my totale Afrikaanse kinders het 'beginnings' geskryf sonder om 'n fout te maak. Ja, dit is hoe goed die program werk. Om die waarheid te sê is ek skoon uit die veld geslaan oor hoe vinning hulle in 'n kort tyd vorder. Die wonderlikste vir my is dat hulle dit so baie geniet.
Die kinders leer ook die homofone van woorde wat dieselfde klink maar anders geskryf word. As so 'n woord voorkom, verduidelik ek wat dit is en wys vir hulle hoe dit gespel word.
Almal onthou seker hoe ons spelling geleer het op skool, skryf die woord x keer uit, maar 'n sin met dit. Vrydag skryf jy toets. *Gaap* Nie met die program nie.
Doen gerus die eerste paar dae wat jy gratis as voorbeeld kan aflaai. Almal moet by boek 1 begin maak nie saak hoe goed hul al kan spel nie.
Indien jul dit gaan aanpak, laat weet my hoe dit gaan.
Groete

Saturday, 9 August 2014
Oeroue plante - Welwitschia
Indien julle tans besig is met plantestudie kan julle hierdie 'ou' plant ondersoek.
Nou wat op des aarde is 'n Welwitschia plant? Kyk hierdie infografika oor hierdie oer oue plant en waar dit voorkom.
Het jy geweet dat die algemene Afrikaanse naame vir die plans is die Tweeblaarkanniedood.
Jy kan meer by Wikipedia lees oor die plant.

Friday, 8 August 2014
Infografika: Muskiete en Malaria
Monday, 4 August 2014
Boek loer: Geheimenisse van die Natuur en die Wetenksap
Dit is geen geheim dat ons 'n voorliefde vir Wetenskap het nie. Die wêreld is so ongelooflik en daar is so baie om te ontdek.
Die boek Geheimenisse van die Natuur en die Wetenskap uitgegee deur Protea is 'n ongelooflike boek. Die fotos is uit die boonste rakke, kleurvol en propvol inligting. Op elke bladsy kan jy ook verder gaan soek by die internetskakels vir verdere inligting, videos en nog veel meer.
Die boek bestaan uit twee dele: Geheimenisse van die natuur en Geheimenisse van die Wetenskap.
Onder die natuur kan jy vind: Voeding; Beweging; Aanval; Verdediging; Verhoudings; Kommunikasie; Lewensloop; Tuistes; Uiterstes; Sintuie en spesial kenmerke.
Onder die wetenskap kan jy vind: Van nader gesien; Maar dis mos materie; Reg en weg; Bewegende molekules; Briljante vonke; Sien die lig; Tegnologiese praatjies en Beheerliggaam.
Die boek is 'n stewige 224 bladsye.
Sien hieronder 'n paar voobeelde uit die boek.
Van die videos wat ek hierbo gewys het en nog baie meer kan alles gevind word by die skakels in die boek.
Ons lees gereeld uit die boek en kyk na al die videos en verken die onderwerpe. Werklik een van ons gunsteling boeke.
Geniet dit!

![]() |
| Vleisvretendeplante |
Hier kan jy 'n video sien hoe die vlieëvanger sy prooi vang.
![]() |
| Glip en gly |
Hierdie video wys vir ons hoe geitjies aan 'n muur kan 'vas plak'.
Goggas
![]() |
| Piepklein Pioniers |
In die video hieronder kan meer sien oor die Afrika besie.
Robotte
![]() | ||
| Die Robotte kom! |
In die video hieronder is 'n voorstelling van hoe robotbye tot die mensdom se redding sal kom.
Van die videos wat ek hierbo gewys het en nog baie meer kan alles gevind word by die skakels in die boek.
Ons lees gereeld uit die boek en kyk na al die videos en verken die onderwerpe. Werklik een van ons gunsteling boeke.
Geniet dit!
Groete
Maryna
Tuesday, 29 July 2014
Wetenskap in die Begin
Dit het ons 'n geruime tyd geneem om die perfekte Wetenskap Kurrikulum/boek te vind. Hierdie jaar het ons begin met die boek Science in the Beginning deur Dr Jay Wile. Wat 'n absolute wonderlike boek!
Soos jy sal merk in die titel van die boek Science in the Beginning is die boek uiteengesit volgens die skeppings dae. Dit begin by dag een van die skepping en beweeg dan deur tot dag ses. Met elke les is daar 'n praktiese ekspriment wat gedoen word, daarna is daar vrae wat die kinders kan antwoord en 'n skrywe of tekening wat hul doen. In die boek word aanbeveel dat die kinders alles in 'n joernaal doen. Ons het net 'n gewone hardeband boek gebruik hiervoor. Saam met die teksboek is daar ook 'n ouerhulpboek.
![]() |
| Leer van lig |
Die boek is maklik uiteengesit. Enige ouer kan dit verstaan en geen graad is nodig om Wetenskap vir die kinders te leer nie. Baie ouers het 'n vrees vir Wetenskap of hou glad nie daarvan nie. Met hierdie boek is alles stap vir stap verduidelik. Alles wat jy en die kinders moet weet en ook alles wat benodig word, word gelys. Daar is geen spesiale items wat benodig word vir die eksprimente nie, net basiese goed wat reeds in jul huis sal wees. Daar is 'n handjievol ander items wat jy benodig.
![]() |
| Leer van kleure en lig |
Voor ons die boek gekoop het, het ons eers die voorbeelde afgelaai en deur dit gewerk. Jy kan dit hier aflaai van die uitgewer se blad. Van die eerste oomblik wat die kinders met die boek begin het was hulle mal daaroor. Dit is prettig en maklik om te verstaan. Hul wil net aangaan met die volgende les sodra een klaar is.
Diegene in Suid Afrika kan die boek aankoop deur Oikos Ministries.
Die boek is deel van 'n reeks waarvan die eerste twee reeds beskikbaar is. Ons doen slegs die eerste boek in die reeks. Verskillende grade en ouderdomme kan saam die lesse doen.
![]() |
| Wat die lig is. |
![]() |
| Hoe ons kleure sien. |
Ons maak alle benodighede bymekaar vir die ekspriment. Ons doen die ekspriment. Ek lees dan vir hul die les. Alhoewel dit in Engels is, verstaan die kinders wel maar ek verduidelik ook in Afrikaans. Daarna sal die kinders die vrae antwoord oor die les, ietsie skryf in hul joernaal en 'n prentjie daaroor teken.
Hier is 'n paar videos van eksprimente wat Dr. Wile gedoen het.
Lig
Wind
Wolk formasie
Hier is 'n goeie artikel om te lees Dr Jay's Top 10 Homeschool Science Tips.
Ons is werklik baie beindruk met die boek en ek sal dit hoogs vir almal aangeveel.
Groete
Maryna
Tuesday, 20 May 2014
Verhuising
Eers wil ek verskoning vra dat hier niks nuuts is nie. Die lewe het ons bietjie rond geskommel en ons is nog nie op ons voete nie.
Ons was baie gelukkig om vir die laaste bietjie meer as drie jaar in 'n pragtige huis te woon. Ongelukkig het die lewe so gedraai dat die eienaar sy stryd teen kanker verloor het. Met die gevolg het sy bejaarde vrou nie kans gesien om nog enige huis te hou nie, dus word die huis verkoop. Met 'n swaar hart moes ons ander heenkome begin soek.
Ons het 'n plek vir ons voet gevind in Winkelspruit (Amanzimtoti). Die noodlot het dit so gelaat dat die huisie meer as die helte kleiner is as waar ons nog huidiglik woon. Met dit beteken dat ons glad nie meer 'n skoolkamer gaan hê, geen studeerkamer/studio vir my en en en... Die kinders gaan nou 'n kamer moet deel en ek is nogsteeds nie seker waar die kinders gaan 'werk' nie aangesien daar ook nie 'n eetkamer is nie.
In die proses is ons besig om kaste te bou aangesien daar niks is, heinings reg te maak - die vorige huurders daar eenvoudig net nie omgegee het. Ek kan mos nie dat my honde die straat invaar nie.
Ons is hard besig om te pak en trek die einde Mei na ons nuwe huur woning.
Alhoewel ons hartseer voel om van 'ons' pragtige woning afskeid te moet neem, bly ons altyd dankbaar dat ons 'n heenkome het, dat ons mekaar het, liefde het en natuurlik die belangrikste God het.
Ek sal dus eers weer later in Junie maand begin plasings maak.
Groete
Maryna